‘Eskom moet by beurtkrag-skedules hou’

EskomDie Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid het Woensdag gesê die skielike afwisseling tussen die verskillende fases van beurtkrag maak dit moeilik vir besighede om vooruit te beplan en ondermyn produktiwiteit.

“Die afgelope twee dae was daar fase 1-beurtkrag en toe skielik fase 2-beurtkrag,” het Janine Myburgh, president van die kamer, in ʼn verklaring gesê. “Ons het ook gevalle gehad waar beurtkrag geskeduleer was maar nie plaasgevind het nie.”

Volgens Myburgh sal dit beter wees indien beurtkrag meer voorspelbaar is sodat besighede deeglike beplanning kan doen. “In ʼn kantooropset kan jy byvoorbeeld weet dat jou rekenaars vir twee en ʼn half ure in die oggend gaan af wees so dan kan jy jou vergaderings vir dié tyd skeduleer.”

Eskom het Woensdag fase 1-beurtkrag toegepas wat 14:00 tot ʼn einde gekom het in plaas van 22:00. Volgens die kragvoorsiener is beurtkrag vir die res van die week ʼn moontlikheid aangesien die kragnetwerk steeds erg onder druk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsie ·

Ek bly in Klerksdorp. Volgens die skedule wat in die plaaslike koerant was sou ons gister van 14:00 tot 18:30 sonder krag wees. Om 14:40 het die krag afgegaan en eers weer om 19:40 aan gegaan. 5 ure sonder krag! Nadat dit aan gekom het het dit kort-kort aan en af gegaan. Eerstens het Eskom op tv gese die krag sal nie langer as 2 ure in ‘n gebied af wees nie en tweedens, die aan en af gaan, gaan net ons yskaste en vrieskaste laat ingee. Wie gaan dan opdok? Al kry ons ‘n skedule beteken dit niks want hulle bly nie daarby nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.