Eskom moet vandag sê oor Trillian

Lynne Brown. Foto: Ntswe Mokoena/Flickr/GovernmentZA

Eskom moet voor die einde van die dag dokumente by Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, indien waarin die kragvoorsiener sy sakeverhouding met Trillian verduidelik.

Brown het vroeër vandeesweek Eskom 48 uur kans gegee om te verduidelik waarom hy gelieg het oor betalings wat aan die finansiëledienstemaatskappy Trillian gedoen is. Sy het egter hierdie sperdatum uitgeskuif tot Vrydag aan die einde van die werkdag.

“[Brown] het Eskom se raad versoek om spesifieke dokumente aan haar te voorsien wat verband hou met die kragvoorsiener se sakeverhouding met Trillian,” het Colin Cruywagen, Brown se woordvoerder, gesê. “Die minister sal die dringende insette van ʼn senior advokaat oor die inhoud van die verslag versoek en advies inwin oor die spesifieke stappe na aanleiding van die verslag. Die minister sal hierdie verwikkelinge dan met Suid-Afrikaners deel.”

Cruywagen het Dinsdag gesê Brown het dié verslag van Eskom versoek na aanleiding van “verdere onthullings van onbehoorlikheid” rakende Eskom en Trillian se saketransaksies. Eskom het Maandag erken die kragvoorsiener het gelieg oor die betalings van meer as R1,5 miljard aan Trillian Capital Holdings, ʼn maatskappy wat bande met die omstrede Gupta-familie en die konsultasiefirma McKinsey het.

Eskom het beweer daar was niks sinisters aan die betalings nie na aanleiding van die bekendstelling van ʼn verdoemende verslag oor Trillian deur adv. Geoff Budlender. Volgens die kragvoorsiener het ʼn ander konsultantemaatskappy, Oliver Wyman, bevind dat alle betalings deur Eskom bo verdenking was.

Eskom het egter Maandag erken dat Oliver Wyman in werklikheid die betalings uitgewys en ʼn wetlike hersiening van die transaksies aanbeveel het.

Budlender is deur die voormalige voorsitter van Trillian, Tokyo Sexwale, aangestel om die maatskappy se rol by staatskaping te ondersoek. In sy verslag, wat in Junie bekendgestel is, het hy bevind Eskom het in 2016 R266 miljoen aan Trillian betaal vir dienste sonder kontrakte.

Trillian is ʼn finansiëledienstemaatskappy waarvan Salim Essa, ʼn naby sakevennoot van die Guptas, sy beherende aandeel in Junie verkoop het te midde van toenemende druk oor bewerings van staatskaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jacques Venter ·

Biljoene raak weg soos water in die sand. Sekere persone en instansies word verryk.

MAAR

Nou moet die PIC, public investment corporation, die staatsdiens pensioene gee om SAA se skuld te betaal

VRAAG

Sienende dat SAA elke jaar teen n verlies werk, waar gaan die geld vandaan kom as die staatsdiens se pensioene uitgeput is?

Nico ·

Hierdie is n klug hoekom keer die president dat staatskaping teen hom en sy ministers en seun ondersoek word want hulle soek nou skuldiges af onder toe om hulle onskuldig te laat lyk ondersoek moet by hulle begin dan sien jy hoe val so n piramide inmekaar dis net om hulle agter ente te red

w ·

Ai teen die tyd weet SA hu lieg die govt officials om hul eie g…. te red.

John ·

‘n Hopelose en hulpelose minister, wat glo niks wis van gruwelike onderspoelings in haar departement nie… Brown is nie geskik vir haar pos nie. Sy sukkel skynbaar selfs om haar hare te kam. Waar grawe Zuma sulke onbekwame mense uit? Eskom het hierdie land groot skade aangedoen kos besighede en huishoudings daagliks groot geld om uit die duistere spel van Eskom te ontkom en steeds is dit nie die einde nie… Soos ‘n massiewe bosluis suig die spul bloed uit al wat leef en beef om bonusse vir elke seisoen van die jaar uit te betaal aan vet pokkels asof hulle daagliks ‘n Concord na Mars moet bestuur. Dis ‘n verrotte spulletjie.

Cato ·

Ja jong korupsie op korupsie. Eskom leen geld by China vir kragstasies, Eskom betaal vir van sy werkers vet bonuses selfs n gewone sekretaresse verdien n vet bonus van R30 000, nou wil Eskom n verdere 20% vereis van ons krag verbruikers om hul korupsie te befonds. Basta met julle ek gaan begin primatief leef soos in toeka se dae en julle boikot!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.