Eskom moet verversingskontrakte verduidelik, vra DA

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê Eskom moet aan die parlement verduidelik waarom die organisasie, wat finansieel sukkel, ʼn fortuin spandeer aan kossubsidies vir sy personeellede.

“Die kossubsidie-rekening moet voor die komitee gebring word om die parlement die geleentheid te bied om te bepaal of hierdie uitgawe geregverdig is,” het Natasha Mazzone, DA-LP, in ʼn verklaring gesê. “Die portefeuljekomitee moet sy grondwetlike oorsigtelike rol uitvoer in die beste belang van alle Suid-Afrikaners.”

Mazzone het gesê sy sal aan die voorsitter van die komitee van openbare onderneming skryf en versoek dat Nonkululeko Veleti, waarnemende finansiële direkteur, na die parlement ontbied moet word om sy verduideliking te bied.

Die Sunday Times het berig dat ongeveer 17 000 mense, of 37% van al Eskom se personeellede, toegang het tot kafeterias wat gesubsidieerde etes verskaf. Kontrakteurs wat by die nuwe Medupi- en Kusile-kragstasies werk, kry glo boonop warm etes teen ʼn bykomende koste wat na beraming meer as R1.5 miljard kos.

Eskom is tans finansieel in die knyp en beleef kragopwekkingsprobleme.

Volgens die Sunday Times word die verversingskontrakte egter steeds voortgesit ondanks die finansiële krisis. Die subsidies wissel tussen 50% en 80% per ete.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het aan die koerant gesê Eskom se bedryfs- en kapitale uitgawes word ondersoek om te bepaal word kostes gesny kan word.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het gesê dit is ʼn bedryfsaak waarop Eskom beter kan reageer.

Mazzone het gesê die feit dat Brown en Eskom se bestuur versuim om vrae oor die etes te beantwoord is “ʼn belediging in die konteks van gereelde beurtkrag”. “Eskom behoort seker te maak dat alle bedryfsuitgawes daarop gemik is om beurtkrag aan te spreek en om Medupi en Kusile sonder enige verdere oponthoud af te handel. Uitgawes wat nie noodsaaklik is nie, is ʼn blatante spandabelrigheid en ʼn klap in die gesig van Suid-Afrikaners wat gevra word om hul gordels stywer vas te trek,” het sy gesê.

Bron: Genevieve Quintal, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

VraMaarnet ·

En ons mense wat nie vir Eskom werk nie moet ons eie broodjie werk toe neem. Hoekom nie hulle ook nie?

Martie ·

My man het 30jaar diens gehad by Eskom en moes sy eie kos werk toe vat,daar was n kantien jy koop maandeliks kaartjies dan kry jy kos teen baie goedkoop maar hy het nooit iets gekoop nie.Hulle het ook met sekere duisen ure sonder ongeluk n braai gehad waar hulle iets klein gekry het.Winter tyd het hulle lekker dik baadjies gekry noem maar net n paar voordele.

Asjas ·

Ons werkgewer het ook soortgelyk gedoen om vir mense dankie te se maar ongelukkig word dit deesdae verwag en glad nie waardeer nie terwyl die kwaliteit van werk agteruit gaan.

Johan ·

dit bly nie net by kos nie, wat van die lekker ontspannende Spa besoeke daar tussen die mooi berge in die Kaap

Lila ·

Dit is net die tip van die ysberg. Praat met enige Eskom Werker en HOOR net wat kry hulle alles. So hoekom sal hulle kla. Almal skep net! Die baadjies is baie meer as R500 elk. Maal dit met die aantal personeel…….

Jean ·

Perks is maar klein ekstra op groot salaris. Nie die begin van probleem nie. Ek verwys na jare terug se besluite deur ministers. Wie kan ‘n besigheid hardloop waar jy verbruikers moet smeek om minder van jou produk te gebruik en dan nie die prys mag opstoot nie? Da mors tyd.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit het tyd geraak dat Eskom geprivatiseer word sodat hierdie vrot kolle finaal uitgesny kan word. Regtig ons moeg vir hul onbekwaamheid en kort-kort moet ons hoor van nog n skande . Indien niemand n aanbod vir Eskom wil maak nie vra dan vir die Chinese om dit te bestuur sodat die ligte kan brand want ons blankes is totaal uitgesluit. Dan sal jy sien hoe skarrel die soustreinryers want die Chinese sal nie hul nonsens vat nie en sommer hul eie mense bring om die werk te doen.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit het tyd geraak dat Eskom geprivatiseer word sodat hierdie vrot kolle finaal uitgesny kan word. Regtig ons moeg vir hul onbekwaamheid en kort-kort moet ons hoor van nog n skande . Indien niemand n aanbod vir Eskom wil maak nie vra dan vir die Chinese om dit te bestuur sodat die ligte kan brand want ons blankes is totaal uitgesluit. Dan sal jy sien hoe skarrel die soustreinryers want die Chinese sal nie hul nonsens vat nie en sommer hul eie mense bring om die werk te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.