Eskom moet vinniger opgedeel word, skuld gedelg word

Argieffoto

Die regering se beoogde plan om Eskom in drie verskillende entiteite op te deel, moet vinniger geïmplementeer word om die skuldlas wat die beleërde staatsinstansie op die regering plaas te verminder, het Tito Mboweni Woensdag gesê.

Tydens sy mediumtermynbegrotingsrede Woensdag het die minister van finansies gesê dat die bal reeds aan die rol is, maar min vordering is gemaak in die implementering van die wettige skeiding van die entiteit. Die regering beoog om teen Maart 2020 Eskom se kragopwekking, transmissie en verspreiding van mekaar te skei.

In vergelyking met wat by die begrotingsrede in Februarie vanjaar uiteengesit is, het die algehele uitgawes van die regering vir 2020-’21 met R23 miljard gestyg, hoofsaaklik as gevolg van bykomende hulp aan Eskom.

Eskom sal oor die volgende drie jaar ʼn bykomende R161 miljard se hulp van die regering af ontvang om te verseker dat die entiteit sy deure oophou.

In 2019-’20 sal die regering R49 miljard aan Eskom toewys, R26 miljard meer as wat dit in die Februarie-begrotingsrede beloof het. Tydens 2020-’21 sal die regering R56 miljard aan Eskom leen, R33 miljard meer as verwag en in 2021-’22 sal die syfer op R33 miljard staan, ook R10 miljard meer as verwag. “Die onmiddellike prioriteit is om Eskom se finansies te stabiliseer,” het die Tesourie Woensdag gesê.

Die Tesourie verwag dat Eskom se gemiddelde skuld- en rente-betalings oor die volgende drie jaar R85 miljard kan beloop. “As Eskom nie sy skuld aan die finansiële markte kan terugbetaal nie, of die koste om voort te gaan te duur raak, sal die regering genoop wees om verdere hulp aan die instansie te verleen,” het dit gesê.

Mboweni, die minister van finansies, waarsku egter die instansie dat die regering nie kan aanhou om “geld in hul rigting te gooi” nie. “Dit kan nie meer so aangaan nie. Eskom moet hul toerusting beter begin bestuur, operasioneel meer effektief wees, beter met sy geld omgaan en die plan om in drie op te deel vinniger implementeer. Aan die einde van die dag is dit ʼn besigheid en moet dit so bestuur word.”

Een van die grootste sondaars wat tot die opbouende skuld van Eskom bydra, is die gebrek aan betaling van munisipaliteite. Tydens die 2018-’19 finansiële jaar, het plaaslike regerings se finansiële posisies aansienlik verswak. Inkomste wat nie ingevorder is nie, het met 17% gegroei, tot R147,8 miljard, terwyl uitstaande bedrae wat munisipaliteite skuld met 52,5% gegroei het tot R36 miljard. Die helfte van hierdie bedrag was aan Eskom verskuldig.

Mboweni sê verder dat nuwe bykomende hulp nie langer vir Eskom in die vorm van ekwiteit toegestaan sal word nie, maar in die vorm van lenings. “As ek oortuig is dat Eskom se raad en bestuur toegewyd is om die regering se planne te implementeer, kan ons verder oor die skulddelging onderhandel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos B ·

Jammer ek val nie vir die grappie nie.Drie departemente drie hoofde 3 keer moewiese salarisse 3 keer moewiese bonnuse 3 keer beter kans vir korrupsie,diefstal en so meer.
CR was deel vd vorige regering nou lyk dit of hy niks geweet het vd probleme nie.Hy was hy is en sal deel wees van ons probleme met al die ondersoeke en komissies skep hulle maar net nog “gravy”vir hulmakkers.

Mac ·

Hoe kom op reek in 3 identiteite, mask nie sin nie, soos Koos se 3 x ekstra uitgawes ens ens.
Gee vir almal prepaid meters begin by Soweto en laat hul begin betaal vir die krag en water wat hul gebruik

Lagwekkend ·

Wie moet ons bedank vir die algehele bankrotskap van ESKOM naamlik BEE

Siener ·

Kry die niebetalers om te betaal dan is die probleem opgelos. Stop gratis krag na die buurlande

Johan ·

Ek wil byna lag elke keer as ek die woord “leen” lees. So asof Eskom ooit in ‘n posisie gaan wees om dit terug te betaal ! En dreig gaan nie help nie want wat kan die regering doen as Eskom nie terug betaal ? Eskom toe maak ? R162 miljard… Liewe hemel

Sam Brookes ·

Die ANC sal met hul onbeheptheid voortgaan totdat alle blankes in die land gesterf het van hartaanvalle en beroertes en dan kan hulle toesak en alles roof wat hulle tans in gedagte het.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.