Eskom ‘mors ons tyd’, sê vakbonde

Argieffoto

Vakbonde wat in loononderhandelings met Eskom betrokke is, het Donderdag gesê hulle is teleurgesteld dat die kragvoorsiener nie aan hul eise voldoen nie en gesê Eskom mors hul tyd tydens die belangrike gesprekke.

Die National Union of Mineworkers (NUM), National Union of Metalworkers of SA (Numsa) en Solidariteit het in ʼn gesamentlike verklaring gesê die vakbonde is teleurgesteld dat hulle hulself in dieselfde verknorsing bevind omdat die kragvoorsiener nie ʼn span afgevaardigdes gestuur het om aan die onderhandelings deel te neem nie.

“Dit is onaanvaarbaar dat Eskom steeds speletjies speel met die proses, terwyl die hele land in spanning wag vir ʼn uitslag oor die loononderhandelings,” lui die verklaring.

“[Onderhandelings] het twee weke gelede, tydens die eerste ronde, vasgeval juis omdat die bestuur van Eskom nie besluite op sy eie kon neem sonder om die raad te konsulteer nie. Vakbonde het besluit om Eskom toe te laat om met die raad te konsulteer. Ons geduld raak egter op.”

Die vakbonde het gesê hulle eis nou dat Eskom ʼn afvaardiging moet stuur vir die volgende vergadering, wat vir volgende week Woensdag tot Vrydag geskeduleer is.

Irvin Jim, algemene sekretaris van Numsa, het vroeër Donderdag bevestig dat die vakbonde hul eis van 10% tot 9% vir 2018 verminder het, plus 8.6% en 8.5% vir die volgende twee jaar. Werkers wil ook ʼn behuisingstoelaag van R1 000 hê in 2018 en prestasiebonusse vir 2017-18.

Eskom was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar oor die jongste inligting oor die loononderhandelings nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Griet ·

Ek blyk dat nie een van die betrokkenes by die staking weet wat prestasiebonusse beteken nie. Ai….

Kasper ·

Inflasie gekoppelde verhogings vir werkers is verstaanbaar, maar nou druk die unies die geweer teen Eskom se kop vir baie meer verhoging. Eskom/regering moet net onthou, as hulle nou dit toelaat, pluk hulle vir hulleself ‘n baie groot lat vir toekomstige onderhandelings, want dan gaan die unies weet hulle kan weg kom met moord. Terselfde tyd sal Eskom daadwerklik moet plan maak met sy vraatsugtige, en oorgewig bestuur span. Hulle suig letterlik die firma bankrot ten koste van die lands burgers wat getrou hulle duur krag moet betaal.

Johan ·

En intussen loop die Diesel Generators teen ‘n astronomiese koste en Diesel brand, Ankerlig teen so 400 000l/h en Gourikwa teen so 250 000l/h om nie te praat wat die 2 Diesel IPP’ s(Avon en Dedisa) Eskom kos nie.
Somme: Eskom loop sy eie diesels seker al minimum 50 ure die afgelope week.
Dis 650000 x 50 = 32 500 000 liter diesel. (Ja dis 32.5 miljoen liter)
Sê hulle kry dit goedkoop teen R10/L, dan kos hierdie eskapade Eskom al R320m
Kon Eskom dit nie gebruik het vir ‘n beter verhoging vir werkers nie (hindsight is 20/20)

Mrs H ·

Die vakbonde verstaan nie hoekom n mens nie bloed uit n klip kan tap nie. Vakbonde verstaan ook nie dat ons n veer voel vir “hulle” geduld wat kastig opraak nie, maar die publiek s’n. Ag Eskom, lê so 20 000 ouens af, dan kan julle mos van n verhoging praat. Julle werknemers dra duidelik nie Eskom se belange op die hart nie. Dan kyk ons waar die vakbonde, wat dink hulle is die bees knees, vir hulle gou-gou indiensneming verskaf?! Buitendien dink ek julle bestuur kan gerus kleiner salarise neem om beter na julle kliente ook te kyk en die term “salaris” weer regverdig en eerbaar maak. Julle bestuur styl laat veel te wense soos ons vandag die bewyse daarvan sien en ervaar, dus verdien julle nie salarisse wat julle ontvang nie, en kan dit gerus halveer AS JULLE self Eskom se belange op die hart dra.

Tammy ·

Belaglike ou spulletjie, waar is die prestasie waarvan julle praat? Oorgewig in bestuur en grondvlak personeel. Fire die 60% werknemers wat oorbodig is en op die maatskappy teer, dit sluit veral die BESTUURDERS in…wat bestuur hulle? Dalk n lorrie, want kyk hoe is Eskom in die grond in bestuur en nou wil hulle die arme publiek nog verder melk vir 30% verhoging. Word asseblief wakker , julle maak my naar!!!!!

Lerato ·

Vakbond leiers voel vere vir hulle volgelinge. Hulle jaag emosies op en verdien astronomiese salarisse.
Onder dwang gee die werkgewer privaat of staat ver bo inflasie verhogings. Dit lei weer tot afleggings. Hieroor voel die vakbondleiers ook vere, alhoewel hulle n groot geraas maak.
Ek was op n vergadering waar iemand gevra het wat doen SADTU, met die miljoene wat dit in.
Die antwoord was. ” I will owe you an answer, but not now”

Chris Ws ·

Die regering MOET hier ingryp.Vakbonde moet gese word dat hulle die voorgestelde verhoging van Eskom MOET aanvaar of afgedank word.Daar is miljoene wat werk soek!Eskom is die land se lewensaar en kan nie gyselaar gehou word deur unies wat vere voel of hulle mense hul werk verloor of nie.Dis tyd dat die regering unies se tande trek – sommer almal op een slag!

Jannie ·

Eskom sit af die krag moet nie wag dat werkers staak en skade aanrig nie.
Dit sal goed wees as daar vir 30 tot 60 dae geen kragvoorsiening regoor SA is nie.
Al meer mense skakel oor na solar energie, een van die dae hoef eskom net die wanbetalers van elektrieseteit te voorsien.
Ek is nie ń siener maar sien donker tye kom.

Paul ·

Waarom Margaret Thatcher Ramaphosa nie die hele damn spul nie?? O’ja, die stemme in komende jaar se verkiesing is belangriker as die ekonomie! Dan word daar weer oor 5 jaar gestem. Wat ‘n oneindige kommunistiese klug om agtergeblewenis tot in der ewigheid op te het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.