Eskom-noodtoestand opgehef

EskomEskom het Vrydag die noodtoestand in die land se elektrisiteitstoevoer opgehef, aangesien die druk op die stelsel effens verlig is.

“Die noodtoestand is Donderdagaand om 21:00 hersien en opgehef, maar die stelsel is steeds in ʼn kwesbare toestand,” het Andre Etzinger, Eskom se woordvoerder, gesê.

Eskom het Donderdagmiddag ʼn noodtoestand in die land se elektrisiteitstoevoer aangekondig en onder andere ʼn beroep gedoen op groot nywerheidskliënte om kragverbruik met ten minste 10% te verminder. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae