Eskom-onderhandelinge: Jongste aanbod van die hand gewys

Argieffoto: GCIS

Die drie vakbonde wat tans in loononderhandelinge met Eskom gewikkel is, het Woensdag die nasionale kragvoorsiener se jongste verhogingsaanbod van die hand gewys.

Die National Union of Mineworkers (NUM), National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en Solidariteit het dié nuus in ʼn gesamentlike verklaring bekend gemaak.

Die vakbonde sê in die verklaring sy vergadering Woensdag met die Eskom-bestuur het nié vrugte afgewerp nie en geen ooreenkoms is nog bereik nie.

Die kragvoorsiener het glo Woensdag ʼn loonverhoging van 5% vir 2018 aangebied, inflasie plus 0,6% vir 2019 en inflasie plus 0,7% vir 2019.

Dit volg nadat die vakbonde verlede week in ʼn omvattende voorstel ʼn plan uitgelê het hoe Eskom sy uitgawes en hoë koste kan bestuur deur in dieselfde tyd genoeg geld vir loonverhogings opsy te sit én die langtermyn-volhoubaarheid van die onderneming te waarborg.

Die vakbonde se voorstel het ʼn 9%-verhoging vir 2018 ingesluit; ʼn 8,6%-verhoging vir 2019 en ʼn 8,5%-verhoging vir 2020.

“Ons het hierdie aanbod van die hand gewys. Dis nie ʼn aanbod wat ons vir oorweging kan terugneem na ons lede nie,” het die vakbond in die gesamentlike verklaring gesê.

“Ons het Eskom weer versoek om hierdie proses ernstig op te neem. As jy die individuele eise van die vakbonde in ag neem toe dié gesprekke net begin het, is dit duidelik dat ons groot toegewings en kompromieë aangegaan het. Die bestuur van die vakbonde het verbintenis teenoor die saak getoon deur te verseker dat hulle beskikbaar en betrokke is. In teenstelling hiermee het Eskom baie tyd verspil; hulle het nog nie ʼn ernstige voorstel gemaak wat ons lede sal aanvaar nie.”

Die vakbonde het ook Phakamani Hadebe, die uitvoerende hoof van Eskom, daarvan beskuldig dat hy die hele proses van loononderhandeling bloot afjak en nie eens die moeite doen om die vergaderings by te woon nie.

Beurtkrag het vroeër dié maand sy onwelkome terugkeer gemaak nadat protesoptrede en sabotasie by Eskom se kragstasies en streekskantore die nasionale kragnetwerk onder druk geplaas het. Eskom het toe gesê die kragnetwerk sal tot tien dae neem om ten volle te herstel.

Eskom het vroeër ʼn 0%-salarisverhoging aangebied en aangevoer sy benarde finansiële posisie laat hom nie toe om enige verhogings aan te bied nie. Vakbonde eis benewens die verhogings ook ander voordele soos onder meer ʼn R2 000-behuisingsubsidie.

Lede van NUM en Numsa het vroeër vandeesmaand begin staak en betoog nadat Eskom geweier het om verder te onderhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johanna Botha ·

Nog n anc mislukking wat op n verdere ramp afstuur …watch this space !

Ouma ·

Ja GM, my skoonseun het nou vir 3 agtereenvolgende jare GEEN verhoging gekry nie – ek help nou al om hulle huur te betaal want alles word duurder en eerder om my kinders en kleinkinders op straat te sien, moet ek maar help waar ek kan. Ek kry self nie ‘n groot salaris nie so nou vat dit aan my gesin asook my kinders se gesin – ons bly nie voor nie ….. maar ons het altwee darem ‘n werk waarvoor ons dankbaar is

JM ·

Daar is baie besighede wat nie eers naby die aanbod wat die unies vra kan bykom nie wat nog van die behuisings toelaag wat hulle eis, dit lyk vir my die unies is net so dom soos die anc

jaco ·

wit lede van solidariteit staak lekker saam. wanneer hulle eendag terug is by die werk met hulle wonderlike verhoging, sal Eskom moet begin met personeelverminderings om hierdie nuwe salarisse te kan bekostig. En wie waai eerste? DIE WIT MENSE wat vir Eskom werk.
Ek dink dis n skande dat ons nou ons eie mense wat nog vir Eskom werk, ook moet blameer vir beurtkrag en hoër elektrisiteitstariewe.
As jy wit is en jy het werk, sê elke dag 100 maal dankie vir die Vader in die hemel dat jy wel werk het, doen presies wat in jou werk van jou verwag word en HOU JOU MOND oor goed wat pla. Dis beter as om dag na dag, week na week, maand na maand, jaar na jaar SONDER werk te wees NET weens die “verkeerde” velkleur.

Nie reg ·

Ek weier om my mond te hou oor goed wat nie reg is nie. Ek wil in die aande my kop op my kussing neerlê en kan sê dat ek getrou was aan myself en nie toegelaat het dat dinge wat nie reg is, net oorgesien word nie.

jaco ·

wag tot jy sonder werk is en dan nie werk kan kry nie NET omdat jy wit is. jy sal jouself oor en oor verwyt oor al die goed waaroor jy so gekla het toe jy nog werk gehad het. ons wit mense is NET 8% van SA se bevolking. Dis bitterlik maklik vir ons regering om ons heeltemal uit te skuif. Onthou die Engelse spreekwoord: “Beggars can’t be choosers”

Netso ·

Demand… Demand… Demand!!! So melk hulle als leeg en hoeveel sit sonder werk!

JANEE ·

Eskom werkers is lankal reeds “overpaid and under worked”…Hulle is een van die instellings met die beste salaris pakkette…..maar dit is mos n kwessie …”kom ons kyk wat ons vandag kan vat en bekommer nie oor more nie-elkeen vir hom self en die duiwel vir die res”….as die verhogings aanvaar word weet dat ons almal se krag rekening met meer as 9% gaan styg.

AM ·

JANEE jy weet nie waarvan jy praat nie, ek kry vrek swaar en sukkel ook om krag te koop en betaal net so hard soos jy aan alles, vir die laaste 5 jaar was daar nog elke keer ‘n verskoning met ons bonusse wat ek bitter hard aan werk om ‘n goeie persentasie te kry en ek maak staat daarop want ek wil ook my eie dingetjies doen waarvoor ek nie elke maand geld het nie, so dink voor jy ‘n stelling maak “overpaid and under work” ons is eintlik “underpaid and overwork”

Maggie ·

Janee… waar op aarde kom jy daaraan dat hulle overpaid en underworked is.. Miskien die klomp op die top, wel beslis hulle , ja, maar nie die algemene werkers nie.. Wel nie die Blanke werkers nie, ieder geval. Vir die laaste paar jaar het hulle slegs gemiddeld 4%pj verhoging gekry, en ook nie eens elke jaar hulle beloofde bonusse nie. Jaco, nie al die Wit lede van Solidariteit staak saam nie.. dit is oor die algemeen nie in die Blankes se aard om aan staking deel te neem nie. Die top bestuur (uitgesoekte paar) verdien meer as ‘n halfmiljoen per maand, en kry ‘n bonusse van nog paar miljoen elke jaar.. Dit is die een probleem. Nog ‘n ander groot probleem is die skulde van die swart areas wat elke paar jaar afgeskryf word.. dit trek al vêr oor die R20Biljoen !! Van die ander probleme is die sg. BBBEEE mpye. wat kostes opjaag soos hulle wil, ek kry wat hulle wil.. o en natuurlik die Gupta’s, en soortgelyke skelms..
Dan ook die munisipaliteite wat nie oorbetaal nie.. nog ‘n paar Biljoen.. So, daar kan genoeg fondse wees, maar dit gaan alles oor politiek en handwassery.. omkopery. Nee wat mense, hulle het die volle reg om verhoging te kry, 9% is baie, maar 0% is nie reg nie.

Weet ·

Laat weet asb. waar jy jou bedrae vandaan kry. Ek sal self ook op die saak wil ingaan.

juba ·

Maggie jy ert die spyker reg op sy kop. Die top bestuur was 80 bestuurders nou net so oor die 400 wat almal n half miljoen per maand verdien. Oor BBBEEE wil ek nie eens praat nie.

Ek weet ·

Maggie.
Dankie vir jou brief wat op feite gestaaf is. Die publiek word rondgelei aan hulle neuse en glo wat die media sê. Een ding wat jy kon byvoeg is die IPP of groen krag. Eskom betaal tot 5 keer meer vir hulle krag. Dis geld wat na die buiteland gaan. Ek wonder of die mense wat so mal gaan oor groen krag en mense wat kla oor kragpryse dit weet. Ek glo nie. R34Biljoen word hierdie jaar aan IPP’s gespandeer. Eskom se probleme is die oorsaak van swak besluite deur die regering. Daar is Biljoene se agterstallige skuld van munisipaliteite wat nie betaal nie agv politiek beloftes van ons regering

Dubbele standaarde ·

Snaaks dat Solidariteit tevrede is met die 5% salarisverhoging wat die maatskappy waarvoor ek werk, aangebied het. Ek sal ook nie omgee om bo en behalwe die salarisverhoging wat ek gekry het, ‘n R2 000 behuisingsubsidie te kry nie. Praat van dubbele standaarde.

Chris Ws ·

Die individiuele unies se aanvanklike eise was verregaande.Waar het jy gehoor van ‘n 15% salaris verhoging??Belaglik om die minste te se!Die 5% wat Eskom aanbied moet aanvaar word.Ek wonder waarom die anc president nie hier ingryp nie??Na sy eerste grootbek maand is hy van die kaart af!Kyk net hoe gaan dit deur die HELE land en hy se nie ‘n woord nie??Hy’s Nes Zuma,net baie slimmer geleer deur die Russe in die 1980’s.

juba ·

JANEE as jy nie weet waarvan jy praat nie bly liewer stil. Ek werk al meer as 30 jaar vir Eskom as n tegnikus en elk maand gaan dit balle druk vir my en my gesin om deur te kom. Die teller by die bank het vir my salaris gelag en gevra waarom kom werk ek nie eerder by die bank nie.

Wondermaarnet ·

As ek net ‘n deel van hul voordele kan kry. Hel, ek sal elke dag breed glimlag. 70% van medies word betaal, of jy ‘n huis besit of nie jy kry saam met jou salaris huis subsidie, reistoelaag of jy ‘n kar het of nie, ruim verlof voordele en minimum 2-3 bonusse per jaar! Lekker en dan praat hulle van ander wat die gravy train ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.