Eskom: Onderhandelings voortgesit

Argieffoto

Vandag kan moontlik ʼn bepalende dag vir kragverbruikers wees wanneer Eskom en drie sleutelvakbonde terugkeer na die onderhandelingstafel om oor salarisverhogings te praat.

Beurtkrag het verlede week sy onwelkome terugkeer gemaak nadat protesaksies en sabotasie by Eskom se kragstasies en streekskantore die nasionale kragnetwerk onder druk geplaas het. Eskom het gesê die kragnetwerk sal tot tien dae neem om ten volle te herstel.

Dinsdagoggend is daar egter geen beurtkrag ingestel nie.

Eskom-werknemers van die vakbonde Solidariteit, NUM en Numsa eis dat die kragvoorsiener salarisverhogings toestaan, maar Eskom het vroeër ʼn 0% salarisverhoging aangebied en aangevoer sy benarde finansiële posisie laat hom nie toe om enige verhogings aan te bied nie.

Vakbonde eis salarisverhogings van tussen 9% en 15%, asook ander voordele soos onder meer ʼn R2 000 behuisingsubsidie. Lede van NUM en Numsa het verlede week begin staak en betoog nadat Eskom geweier het om verder te onderhandel.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het egter Vrydag aan Maroela Media gesê Eskom het ingestem om weer na die onderhandelingstafel terug te keer nadat Solidariteit, NUM, Numsa, Phakamani Hadebe, die uitvoerende hoof van Eskom, Jabu Mabuza, die voorsitter van die Eskom-raad, en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, vergader het.

Vakbonde wil ook praat oor kwessies rakende die toekomstige volhoubaarheid van Eskom soos die koste van steenkool, die impak van beleid insluitende onafhanklike kragvoorsieners en die reuse-bestuurstruktuur by die kragvoorsiener.

Die onderhandelinge sal na verwagting drie dae duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

juba ·

n Paar jaar gelede was daar net 80 Eskom bestuurslede, nou is daar net net oor die 400 en almal van hulle verdien ENORME salarisse.

Casper Labuschagne ·

‘n Bepalende dag voorwaar, op die kop 12:00 gaan die krag in Moqhaka af sonder enige waarskuwing en minute daarna die WhatsApp boodskap – beurtkrag tot 14:00.

My raad is om die bestuur, die stakers en die vakbonde by Eskom voor ‘n vuurpeloton te sit en daarna van voor af te begin. Want niemand gee ‘n flenter vir of die verbruiker of die ekonomie om nie, dit is net die eiebelang van diegene wat om daardie krip saamvreet wat hoegenaamd saak maak.

Alida ·

CR moet nou sy staal wys. Dit help hom niks om niks te doen om stemme te werf nie. Hy stuur ook die land die afgrond in.

bgj van der westhuizen ·

ons as burgers van suid afrika wat betaal vir krag wil nie eskom se in house probleme van hoor nie ons betaal vir die wat ons gebruik dis ons wil ons krag he as jou mense staak raak on slae van hulle en stel ander aan wand as jy bang krot is is daar nie geld nie en besny koste as daar te veel base is raak on slae van hulle en dit is tyd dat unie ook besef hulle besit nie die goed waar mense werk nie en op hou ontmoontlike eise stel en Eskom se mense kry beslis nie van die slegte loon in suid afrika nie daar is baie wat baie minder kry hou op staak en begin werk dit sal help dat almal dit begin doen en werk skep

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.