Eskom-ondersoek: Adjunkminister sal getuig

Ben Martins, adjunkminister van openbare ondernemings. Foto: ANA

Ben Martins, die adjunkminister van openbare ondernemings, sal volgende week voor die parlementêre ondersoekkomitee na Eskom verskyn wanneer dié ondersoek hervat word.

Martins se komende getuienis is Vrydag deur die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings, wat die ondersoek behartig, bevestig. Die komitee het ook gesê getuienis van Lucky Montana, die voormalige hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), sal ook aangehoor word.

Martins het verlede jaar bewerings ten sterkste ontken deur Suzanne Daniels, Eskom se voormalige regshoof, dat hy teenwoordig was by ʼn vergadering met die Gupta-familie, wat sentraal staan in die bewerings van staatskaping by die kragvoorsiener, en Duduzane Zuma, pres. Jacob Zuma se seun.

Daniels het aan die komitee gesê dat Ajay Gupta in dié vergadering aangedui het hy sal die tydsberekening van die hofsaak oor die onwettige pensioenuitbetaling aan Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, manipuleer om die Zuma-faksie in die ANC te pas.

Die komitee het vandeesweek getuienis aangehoor van Eskom-hoë Matshela Koko en Anoj Singh, die voormalige finansiële hoof by die kragvoorsiener wat Maandag bedank het.

Sowel Koko as Singh ontken dat hulle onwettige onderhandelings met die Gupta-familie gehad het. Daar word beweer die Gupta-familie het miljarde rande gemaak uit kontrakte wat gefasiliteer is deur topbeamptes by maatskappye in staatsbesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Justice ·

Martins was net so `n treurige Minister van Vervoer – nie verbaas dat hy weer op die rooi tapyt staan nie.

Cherokee ·

Die Guptas verdien erkenning wat hulle om een of ander rede nie ontvang nie. Daai mense skaak nie ‘n Polo, Kia of BMW met 2 of 4 passasiers nie, nee hulle skaak ‘n gatland met 60 miljoen passasiers! Erken dit, hulle is nie van hièr nie! Julle wat nou skielik van Ramaphosa as Cyril en van Malema as Julius praat, klap liewer hande vir die Guptas en noem húlle by die naam asof julle vriende is!

Alida ·

Hulle dans n rieldans op die warm plaat. Mooi so en lekker. Ongelukkig stap almal weg met miljoene. Tronk toe met hulle.

zoom zoom ·

Cherokee. Ek stem saam met jou kommentaar. Dit wat jy sê is ‘n feit soos ‘n koei. Lekker aand Cherokee

Cherokee ·

lol….Zoom Zoom.., ek lees nou eers weer hier:-) mooi naweek vir julle…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.