Eskom-ondersoek: Dagvaardings aan Guptas nié beteken

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Zukiswa Rantho, voorsitter van die parlementêre ondersoek oor Eskom, het Dinsdag gesê dagvaardings aan die Gupta-broers asook aan Dudu Myeni en Duduzane Zuma om hulle te verplig om te getuig oor staatskaping in die Eskom-ondersoek, is nié beteken nie.

Rantho sê die dagvaarding aan Myeni, voormalige voorsitter van die SAL, is nie beteken nie omdat veiligheidsbeamptes by haar huis geweier het om die dagvaarding te aanvaar. Sy sê die dagvaarding is later na haar fisieke adres gepos.

Volgens haar het die balju op dieselfde dag gepoog om die Gupta-broers se dagvaarding te beteken, maar hulle kon glo nie “opgespoor word” nie. Sy sê die dagvaardings kon daarom nie by die Guptas se woning beteken word nie.

“Die parlementêre komitee sal saam met wetstoepassingsagentskappe soos die Valke werk om die getuies op te spoor sodat die dagvaardings beteken kan word,” sê sy.

Rantho sê die komitee oor openbare ondernemings het intussen ʼn verhoor gekanselleer wat hy Woensdag sou hou omdat die Gupta-broers veral belangrike getuies in die bewerings oor staatskaping is.

Myeni het vroeër beweer sy het gesondheidsprobleme en kan nie oor lang afstande reis nie. Die Gupta-broers, wat na bewering miljarde rand van Suid-Afrikaanse staatsondernemings afgerokkel het, het die komitee vroeër laat weet dat hulle nie tans in die land is nie.

Die komitee ondersoek sedert verlede jaar bewerings van wanbestuur en korrupsie by Eskom.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het volgens berigte die stryd teen die omstrede Gupta-familie nou tot in Dubai geneem waar hulle die regering van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gevra het om R169 miljoen te bevries wat die familie na bewering gesteel en uit Suid-Afrika geneem het.

ʼn Senior aanklaer wat op die saak werk het gesê die NVG is oortuig dat owerhede in Dubai hul samewerking sal gee.

Dit is die eerste amptelike stap wat deur wetstoepassingsagentskappe gedoen is om die Guptas tot in Dubai te vervolg waar die familie na bewering ʼn herehuis van R331 miljoen besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

snoefie ·

omdat myeni siek en die guptas landuit is, kom duduzani zuma maar weg? hoekom was sy dagvaardiging nie beteken nie?

Alida ·

Heg die dagvaarding aan die hek vas neem n foto as bewys en gebruik dit as bewys van betekening in die hof. Hierdie saak gaan jare duur.

Frikkie Geld en huis ·

Moes die R 169 miljoen, soos gemeld in die berig, nie R 169 miljard wees nie ??

Hennie ·

Geen wonder Trevor Noah maak soveel geld nie! Daar gaan nie een dag om dat hierdie narre nie grappies vertel nie!

Grassie ·

Ek wonder wie betaal die veiligheidswagte by Myeni se huis. As die dagvaardings aan die polisie gegee word om te dien mag hulle nie belet word om die perseel te betree nie, daardie veiligheidswagte kan dan aangekla word dat hulle die polisie hinder in die uitvoering van hul pligte. Hierdie kastige onvermoë om die dagvaardings te dien is sommer ‘n bol strooi.

Claudette ·

Hulle gaan seker nou almal een of ander siekte opdoen waar hulle besig is om dood te gaan…sodat hulle onder huisarres is. En natuurlik kan maak soos hulle wil soos ou Schaik…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.