Eskom ondersoek ‘Kill the farmers’-inskrywing

'n Skermskoot van die inskrywing wat op Facebook gedeel is.

‘n Skermskoot van die inskrywing wat op Facebook gedeel is.

Eskom ondersoek ʼn klag wat by sy etiekkomitee aangemeld is nadat een van sy werknemers glo op Facebook geskryf het dat boere doodgemaak moet word.

Tjaart Coetzee, ʼn man van Alberton, het die inskrywing by Eskom aangemeld nadat hy dit op die groep Alberton Against Crime gesien het. Coetzee het aan Maroela Media gesê ʼn lid van die groep het ʼn skermgreep op die groep gedeel van ʼn inskrywing waar daar op Amu Hlungwane se profiel geskryf is: “Kill the farmers, kill the boer…FAST!”

“Hlungwane het die inskrywing gedeel saam met ʼn video van ʼn swart man en wit man wat in ʼn vuisgeveg betrokke is,” het Coetzee gesê. In die video kan gesien word hoe die wit man in ʼn stadium op die grond val en die swart man hom skop. Daar word nie ʼn aanduiding gegee wat die oorsprong van die video is of waar en wanneer dit gemaak is nie.

“My probleem is nie met die video nie, want niemand weet wat daar gebeur het nie. Een van die mense op die Facebook-groep het gesê die voorval het glo in Nelspruit gebeur, maar ek weet nie,” het Coetzee gesê. “Dit gaan daaroor dat hy [Hlungwane] op ʼn openbare platform sê ‘kill the boer’ en hy kom weg daarmee. Gereeld hoor jy dat mense aangekla word, beboet word of hul werk verloor omdat hulle rassistiese uitsprake op Facebook maak. Hoe kan hierdie man dan net toegelaat word om sulke goed te sê?”

Coetzee het gesê Hlungwane se inskrywing het opslae op die groep se blad veroorsaak en verskeie mense het Hlungwane se uitspraak skerp veroordeel. Die inskrywing is later van die groep se blad verwyder. Skermskote van Hlungwane se inskrywing is egter later weer deur ander gebruikers op sy persoonlike profiel gedeel waar hy weer van rassisme beskuldig is.

'n Skermskoot van Amu Hlungwane se profiel waarop daar aangedui word dat hy vir Eskom werk. Hierdie inligting is egter later verwyder.

‘n Skermskoot van Amu Hlungwane se profiel waarop daar aangedui word dat hy vir Eskom werk. Hierdie inligting is egter later verwyder.

Volgens ʼn skermskoot wat van Hlungwane se profiel gemaak is, is hy ʼn werknemer by Eskom. Dit wil egter voorkom asof Hlungwane intussen hierdie inligting van sy Facebook-blad verwyder het omdat sy profiel nie meer aandui waar hy werksaam is nie.

Coetzee het egter gesê ʼn verteenwoordiger van Eskom het hom Donderdag gekontak en bevestig Hlungwane is by die kragvoorsiener werksaam. Volgens Coetzee het die Eskom-verteenwoordiger bevestig dat sy klagte ontvang is en dat die relevante departement dit ondersoek.

Maroela Media het Eskom om kommentaar genader en ʼn woordvoerder het bevestig dat die saak ondersoek word. “Eskom se Grondwet-gebaseerde werknemerbeleid omskryf gedrag slegs binne die grense van wat toelaatbaar is en daarom sal enige afwyking van hierdie gedrag ondersoek word met behulp van gedefinieerde interne prosesse. Eskom is dankbaar dat hierdie klagte onder ons aandag gebring is,” het die woordvoerder gesê.

Die woordvoerder het verder gesê Eskom wil nie die ondersoek vooruit loop nie, maar sal die bevindinge van die ondersoek aan al die relevante partye bekendmaak. “Ons het reeds met die klaer gekommunikeer oor die volgende stap in die saak.”

Coetzee het gesê hy verwag dat Eskom baie streng teen Hlungwane sal optree. “Mense moet verantwoordelik gehou word vir hierdie soort goed. Daar moet gevolge wees vir sulke onaanvaarbare uitsprake.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Flip ·

Stem saam.Waar is die DA nou asook Solidariteit en Afriforum??

Brie-brie ·

Ek is geneig om saam te stem. Lyk my die DA slaap alweer. Te veel ander dinge……..

Piket ·

Tong ini kies en Flip, waar is julle?
Wat doen julle?
Behoort julle ooit aan Solidariteit en of Afriforum?
Darem lekker om alles af te skuif na ander mense!
En so jouself te verontskuldig.

Die DA gaan aan die einde van die dag net so useless wees as die ANC ·

Die DA het nog niks bewys nie, aan die einde van die dag gaan hulle maar net so wees soos die ANC. Volgende keer stem ek vir niemand nie, my tyd gemors om in die ry te staan vir die DA.

Elize ·

Tong in die kies en jou maters het julle soort niks goeds te se oor ander nie.as julle wil braak.moenie die media gebruik nie gaan toilet toe asb.of gaan staan by die agterkant van n boom. Dis mense soos julle wat vure brandsteek.en dan hardloop julle weg as dit geblus moet word. Papbroeke

Ferreira ·

Is dit die DA se skuld???? Kyk na die geheel prentjie hulle wil ons nie hier he nie. Staan saam teen die vyand!

vierkleur ·

Die DA, AfriForum & Soledariteit, is almal deel van die Afrikaner Bond. Hulle gee nie n duit om wat met ons blankes gebuer nie. Net die groep elite lewe in weelde.
Gaan kyk bietjie op die NET waaroor die Afrikaaner Bond gaan.
Ons is op ons eie.

Hennie ·

So seker as wat ek hier sit, sal hy niks oorkom nie, want hy is nie wit nie!

Johannes ·

Ek stem saam hy gaan niks oorkom want …… dis mos net wittes wat rassiste kan wees.

Elsie ·

Wat gaan die uiteinde wees? Hy gaan seker net oor die vingers getik word en verder moet almal weer vergeet en vergewe!! Sy velkleur is reg om te sê wat hy wil. Dit is sulke mense wat haat en moord aanblaas. Tree drasties op teenoor wit en swart wat hulle skuldig maak maar waar is die regering en die ander partye? Wanneer hulle moet optree dan doen hulle niks. Hulle hou hulle net met kleinighede en eie gewin besig. Jan Publiek tel net op stemdag en verder glad nie!

Fritz ·

Dit is wat ek rasisties en haatspraak noem. Vergelyk dit met wat Sparrow gese het. Raai wat niks gan met hom gebeur nie. Blykbaar kan net witmense rasiste wees. Hoop hy besef dis die boere wat die kos op sy bord sit. Lee blikke maak die meeste geraas

zoom zoom ·

Hoekom is die persoon nog nie aangekla nie. Is ons net skuldig as jou vel wit is. Die regstelsel is ‘n grap.

Callie van der Merwe ·

Ag hemel mense gee tog nou net kans en sien wat gebeur. Kom net uit die negatiewe denke uit vir een maal. Ons is almal frustreerd met wat aangaan in SA maar kom ons staan op en maak n verskil sonder n tranedal oor hoe onregverdig die lewe is!

Stephen ·

Ek stem saam, lag hom af en hy kry geen genot uit so Stelling nie.

Morne ·

Baie dankie vir jou plasing Callie. Ek het ook dadelik daaraan gedink toe ek al die kommentaar lees dat mense tog asb net moet ophou kla oor hoe onregverdig alles is. Dan vra almal waar is die DA ens ens…hoekom doen julle nie self iets daaraan as om vir ander te wag nie. Beste is om te wag en kyk wat gebeur as om klaar negatief te wees en daaroor te kla.

vermy konflik ·

jis dis so daar Callie en kie. draai die ander Wang en as jy daarop ook geklap word gee die ken vir die uitklophou. solank jy konflik kan vermy. baie dapper.

Tjaart Coetzee ·

Dis reg kom ons staan bir n slag saam. Een drcht maak macht. As ons saam staan en.nie meer die onregverdigheid aanvaar nie kan daar verskil kom. Slegte dinge gebeur waneer goeie mense niks doen nie.

Kobus ·

Hy het nie werk gehad om te doen…want Eskom gaan baie munisipaliteite se krag sny…nou daar genoeg tyd om nonsense uit te dink….ignoreer hom…hy wil Lig op hom laat skyn…

Susan ·

Jy moet summier uit sy pos ontslaan word en ñ boete opgelê word en vervolg word. Dit is totaal onasnvaarbare gedrag. Dit is nie net haat spraak nie, maar die oproep tot moord. Dit is tyd dat daar strenger teen rassisme teen ons blanke mense opgetree word…

Justice ·

Susan ek stem saam met jou – ontslaan hom summier uit Eskom. As Eskom tegnikus is hy `n gevaar vir homself tussen ons Bosveld boere. Die minimum vonnis is alreeds met die Penny Sparrow saak bepaal – R150 000 om mee te begin. Sy naam dui daarop dat daar nie veel salf aan hom te smeer is nie.

Magda ·

Hy gaan seker nie eers oor die vingers getik word nie, maar as dit nou ‘n witte was dan was die person dieselfde dag al geskors en ‘n week later ontslaan.

Stephen ·

Ja nee kyk, hy is lekker windgat om so iets op Facebook te sit, klim in jou kar en ry in die vrystaat in en gaan se dit vir ‘n boer.

Alida ·

Flip, wat verwag jy moet die DA en ander partye doen. Kan jy nie sien dat dit ‘n interne Eskom aangeleentheid is en deur hulle ondersoek word nie. Hou tog op om klippe na die DA te gooi.

Mike ·

Nee Alida daar moet ook n klagte by die menseregte komissie gelê word en ja die DA kan stem dik maak soos wat hulle telkens doen as n swart persoon benadeel word. Anders lyk hulle ook maar net na nog n vertakking van die ANC.

At ·

Feit is dat DA lankal op hul perdjie sou gewees het as ‘n blanke persoon só iets sou kwytraak. Hul is selektief, opportunisties oor wie en wat hul veroordeel. Hul bewys dit gereeld.

Tong innie kies ·

Mike.Jy slaan die spyker op die kop en maak n paar aanhangers baie hartseer maar dis die WAARHEID!

Yster ·

Jy kan maar vir die farmer ?‍? kom kuier boetman. Jy sal net die volgende moet saambring. Jy gaan dit nodig kry. ??????⛪️⚰️

Net-maar-ek ·

Meeste van sy FB inskrywings bevestig sy oortuigings en rassisme

Jaco ·

Laat ons, ons hoede vir Coetzee afhaal en vertrou daar is nog vele mense wat vir die regte rede die moed sal hê om ook op te staan.

Tjaart Coetzee ·

Dankie Jaco ek waardeer. Staan op vir ons dis al wat ek se. Waar ek kan help sal mense nie my volk langer boelie en moor nie. Tyd dat regverdigheid in alle rigtings geskied.

Simon ·

Nou is ek regtig KWAAD.

Maroela Media moenie weier om hierdie bydrae te plaas nie en die saak daar laat nie. Maak die saak bekend by Afriforum sodat hulle dit na die MRK kan verwys vir ONMIDDELIKE optrede.
As MRK langer as miskien drie dae sloer, laat Afriforum dan aandring dat die MRK Me Penny Sparrow se geld (boete) van R150 000 terug betaal.
Hierdie is n baie ernstiger oortreding as die van Penny Sparrow. Ek en baie mense soos ek voel nou erg bedreigd oor hierdie uitspraak. En MOET NIE vir die publiek vertel dat die skuldige dit onbedoeld of uit onkunde gedoen het en nou om verskoning vra NIE.
Penny Sparrow het erg in die openbaar apologie aangeteken, maar dit is nie deur die MRK in ag geneem nie of aanvaar nie en sy is met R150 000 beboet.
Haar “oortreding” was op geen manier vergelykbaar met hierdie vergryp nie.

carla ·

Ek voel net soos ander duisende wit mense dat die uitlating onaanvaarbaar is. As ons emosionele uitlatings los op sosiale netwerke word ons dadelik beboet, of n hoe belaglike boete opgele. Ek dink ons verwag dieselfde moet jou met die swart werknemer van Eskom gebeur…..waarom dubbellestandaarde he as dit by ons wittes kom

Gert ·

Hy moet nog meer lawaai maak dan kan hy dalk ‘n senior pos iewers in die Staatsdiens kry. Hy maak die regte geluide!!!! GEMORS!!!!

JC ·

HEHE Hy lewe in sy eie droomwereld
DIE BOERE is awesome en van YSTER gemaak!

Francis ·

wag en kyk wat hieraan gedoen word ????? is mos wat in elk geval gebeur !!!!! n ou bevel wat herhaal is ???

Leonie ·

Daar sal niks van kom nie want net ons wittes is rasiste nie hulle nie hulle is mos die agtergeblewenis!!! DA help ook net sekere rasse lately en kla net wittes aan om die meerderheid stemme met die volgende verkiesing te kry. Hulle het net groot bekke wanneer dit hulle pas!!

Goga ·

Hoekom word daar so n groot ophef gemaak as blankes rasistiese comments plaas ..maar as nie blankes dit doen word dit onder die mat in vee. .dit is sommer nonsens ons wil hoor van die hof saak die afdanking van die persoon

Jan ·

Ek dink die totale verloop van die geval moet noukeurig dopgehou en gemonitor word. Dikwels word galgebraak oor diesulke optrede en oormore ( in my geval altans) vergeet jy daarvan want dan het ‘n reeks ander wandade weer opgehoop. Geen steen moet onaangeroerd gelaat word nie en moet meedoënloos gedryf word tot by sy logiese uiteinde. Die klaer is waarskynlik in die beste posisie om dit te doen en as hy n skare agter hom het wat daaroor skryf en navraag doen mag dit dalk beter vorder en nie onder die mat te beland soos wat baie voorspel nie.

Topster ·

Gee hom die Doodskis.Ek wil sien of dit vanaand hoof nuus gaan wees

Acca ·

As hy n Eskom werker is en niks word gedoen nie moet Eskom ook in die openbaar aangeval word van rassisme. En waar is die slapgat Da

My tweesent bydrae ·

Die problem is facebook . Lede maak emosionele inskrywings en dan dink lesers dat dit hulle persoonlikhede is . Dit is wat gebeur wanneer tegnologiese kommunikasie ware kommunikasie vervang .

JC ·

Dankie tweesent. Dis PROBLEEM ne:-)
Die oulikste, kort en kragtigste, en mees weldeurdagte kommentaar wat ek al ooit gehoor het van ‘n maroela leser, wat die hele gemors met hierdie FB fenomeen opsom.
Boikot die facebook storietjie!! Dit is die grootste saaier van onmin en gemors ooit, veral in die hande van onkundige en ongekwalifiseerde mense wat skynbaar kan se net wat hulle wil!

Attie ·

REEL N OPTOG OF SAAMTREK BY DIE ESKOM WAAR HY WERK OF BY ESKOM MEGAWATT PARK EN EIS DIE MAN OP OM IN DIE OPENBAAR TE VERSKYN EN KLA HOM AAN BY DIE MENSEREGTE VAN POGING TOT MOORD EN RASSE-HAAT-SPRAAK.

Phillip ·

Stem saam ek sal verlof insit vir daai dag want dis mos deesdae die inding om jou stem te laat hoor dan sal dit die tv se nuus haal staan op lands burgers en tree op teen hom dat hy ook R500.000 in n kinders kan betaal soos Sperou

goga ·

Ek stem saam die wit mense wat n boete van R150 000. Die ander een het haar maatskapy haar af betaal en dit was groot ophef in die koerante … die koerante en huisgenoot maak groot ophef maar nou is dit stil …HOEKOM

Eugene ·

Mense wat sulke dinge ander toewens is psigopate en behoort uit die samelewing verwyder te word.Wat hulle sê sal hulle doen.Hulle het geen gewete .Die inwoners van ons land behoort teen sulke misdadegers beskerm te word

Mike de Beer ·

Solidariteit en Afriforum moet van hom ‘n Penny Sparrow maak ASB? Ons kan dit nie maar laat verbygaan nie. Die wette geld vir almal. ASSEBLIEF?

Dereck Le Roux ·

Moontlik volg hulle dieselfde “disiplinere riglyne” wat die Departement van Sport in Gauteng gevolg het toe Velaphi Khumalo die gewraakte uitlating op facebook gemaak het dat blankes doodgemaak moet word en hul kinders opgemaal moet word as kunsmis, ek bedoel die vent het met ‘n waarskuwing as seremoniele straf weggekom en geen haan het daarna gekraai nie, nie eens die Suid Afrikaanse Mense Regte Kommisie nie.

John ·

Moenie vir die DA wag nie. Die DA gebruik net witmense wanneer en waar hulle sukkel en raad nodig het of om sake in die hof te verdedig, maar verdedig nooit die witmense nie en kom nooit op vir hulle nie. Hoeveel plaasboere is al deur Maimane verras met ‘n besoek en ‘n mooi blou hempie? As boereplase probleme ondervind moet tog net die die naaste DA-kantoor skakel nie. Bel eerder die SPCA. Daar is meer behulpsame/vriendelike mense…

Nuusman ·

Kom ons hou die nuuskanale dop om te sien of hierdie geval ook gebeeldsend sal word. Ek twyfel, want wit oortreders se gevalle word mos vir dae lank op die meeste tv kanale oor-en-oor uitbasuin!

Veronica ·

Dit gaan verseker ni hoofnuus wees op vanaand se TV nuus ni want di nuus is so afgewater en oppervlakkig..klink elke aand ons woon in LA LA land. Baie min of geen van di nuus wat ek op maroela lees is saans op di nuus ni.

Johanna Botha ·

Betaal ook n boete asb ….so dom en belaglik die mense !

GDS ·

Mense hierbo vra optredes deur Afriforum. Doen persoonlik aansoek vir optredes by hulle. Alhoewel, uit ondervindig mag jy/julle dalk net jou tyd mors want hul help net as ‘n groot gemeenskapsbelang “teen bv. die staat” en nie teen privaat individue waar groot groepe betrokke is nie(al is staats-instellings betrokke daarby/oorsaak). Ek glo dat hul nie meer voortaan betrokke sal wees by individuele boere, individuele Plaasgrondeienaars, individuele landsburgers, Afgetrede Groepe, Individuele universiteite/studente groepe ens. nie. Adus as ek die boodskapskrywe aan ons reg verstaan het. Sulke aangeleenthede sal dan seker by die politiek en as “siviel” of deur die Openbare Beskermer gehanteer word ? Die sibaarste hulp wat ek sien is : Slaggate in paaie, Afiforum GPF hulp en hulp aan plaasgrond-eienaars(ongeag).

Tammy ·

As Afriforum nie in die individu belangstel nie, of spesifiek in hierdie aangeleentheid belangstel nie, hoekom moet ek en al die individue dan ons kosbare geld aan hulle skenk? Ek sal met graagte my rojale skenking vir n ander goeie doel gebruik. Hoop elke individu sien dit ook so as dit die waarheid en n feit is dat individue se probleme nie belangrik is vir Afriforum nie.

Ig ·

Mense moenie dink dit is teen boere gemik nie maar teen witmense as geheel.Ek wag ook in spanning om te sien wat se optrede gaan teen die jafel wees.Wonder ook of ons iets op Tv nuus gaan sien soos Penny en die doodskis manne ens.

Mara ·

Waar is DA..Vf+ en Afriforum. Hoop by word took afgedank end beboet deur die hof. Ons moet dit aanhou share en op lug hou.

JB ·

Waar is DA? Moenie dat ek lag oor hierdie vraag nie…natuurlik besig om blanke geld te gebruik op kospakkies wat hul kan uitdeel om stemme te werf! MOENIE verbaas as hul “agente” nou ons klomp gaan aankla wat waag om hier gal te braak nie.

Berhalet ·

Tik gerus “kill a farmer, kill a boer” en kyk hoeveel gesigte met sulke kommentare toon. Tyd dat hulle almal pakslae kry.

Gert ·

MRK sal net weer aanbeveel dat hy ʼn verskoning moet aanbied op sosiale media en dan is die saak afgehandel. Swart mense kan mos nie rassisties wees nie – soos ons nou al telkens meegedeel is van Nr1 en talle ander hooggeplaaste lede van die regerende party- dit is iets wat net onder wit mense voorkom

Willem ·

Hulle kan hom nie afdank nie want hy het n vrou 5 kinders sy broer suster nefie nigie hulle mans en vrouens en kinders bly almal by hom en hy is die enigste broodwinner gee hom n boete maar hy kan net R5 pm bekostig om die boete aftebetaal en dat sal die freedom of speech ook nog eers voorgegooi word of dit was nie hy nie dit was sy niggie se man se broer se kind se vrou se vriendin se 11jarige kind

Johan ·

Sal niks oorkom soos die Unisa dosent wat net “ernstig vermaan” was oor sy rassistiese opmerkings teen oor wittes!

AJ ·

Darm jammer mens kan nie sê hoe jy voel nie.anc,eff en da almal een doel.Teen die wit mense

Alwyn ·

Hoekom kom se hy dit nie voor n boer nie.Papbroek wat op facebook wegkruip.Kom ons kyk wat die DA maak.Gaan hulle almal dieselfde behandel?Dis mos waarvoor hulle staan “haatspraak sal nie geduld word nie”.

carla ·

Ek voel net soos ander duisende wit mense dat die uitlating onaanvaarbaar is. As ons emosionele uitlatings los op sosiale netwerke word ons dadelik beboet, of n hoe belaglike boete opgele. Ek dink ons verwag dieselfde moet jou met die swart werknemer van Eskom gebeur…..waarom dubbellestandaarde he as dit by ons wittes kom

Karel ·

Ek stem Saam met albdie mense hier wat die DA kritiseer. Die Leier van die DA is Baie bevooroordeeld met sy keuse van rasistiese gedrag. Dit is Tyd dat ons blank 1 party kies en so die stem dik maak. VF+ is reeds in die internasionale sphere. Dit kan net ons Saak versterk dat ons kan weg breek van die ware rassiste.

Callie van der Merwe ·

Almal braak oor die DA!!!!! Waar is die VF+ en Afriforum.

Herman ·

Waar is TLU en ander landbou organisasies. Ek stel voor alle boere staak onmiddelik hul betaling aan Eskom. Maak seker dat Eskom die persoon skors SONDER SALARIS en hom dan afbetaal voor hul voortgaan om enige sent aan die openbare organisasie betaal.

Ann ·

Al wat dit gaan stopsit is as Mark Zuckenberg Facebook SLUIT!! Elke liewe rassistiese aanmerking ontstaan op flippen Facebook!! Twitter raak net so erg! Ag nee man, as iemand iets te sê het, gaan skree dit van Eskom se dak af.

Jacques ·

Wat is die regte proses? Moet die saak nie ook by die mense regte kommissie aangemeld word? En moet die man nie ook vir haatspraak voor die howe gedaag word. Hierdie is beslis nie n geval wat slegs deur n werkgewer ondersoek en of hanteer moet word nie.

Arie ·

Het al die mense wat so gal afgaan oor die DA, Afriforum, Solidariteit en ander al by daardie instansies klagte ingedien en meer in besonders by die MRK.
Die MRK reageer nie as daar.nie n klag by hulle aanhangig gemaak word nie.
Sou al die bostaande individue elkeen afsonderlike n klagte le dan word die MRK oorstroom met klagte. Dringend aan op rekening van ontvang deur MRK en stuur kopie na DA, Afriforum en Solidariteit sodat hulle get alle het om by MRK klagte ook in te doen.
Afriforum is besig om die eenogigheid van die MRK aan te spreek op hogere vlakke. Hulle het ons duisendtal klagtes nodig om hul saak te ondersteun.

Potesh ·

Ek is bereid om ‘n R5-ghoenie muntstuk te verwed dat dar net mooi vyf-agstes van die vierkantswortel van absoluut niks gedoen gaan word nie! Dit is mos die nuwes se ‘geboortereg’ om te sê en te doen net wat hulle wil! As ‘hulle’ nie hulle sin kry nie, dan brand hulle die skole en universiteite af, met geen nagevolging nie. Ek is nie bewus dat enige een van hierdie ‘nuwes’ ooit oor die kole gehaal was nie, insluitende Julius M en kie! En dit is onregverdig om die problem aan die voete van die DA en Afrifforum te lê.

Alwyn ·

Die rede hoekom die mense so reageer oor die DA is omdat hulle vinnig n saak open as n witmens iets verkeerd se.Laaste voorval van die kuiergas in Langebaan oor moskee.Kom nou ons soek nie dubbel standaarde nie dis al.

André ·

Hy word “Verkeerd verstaan” …dit is ‘n “Chalange”. Siestog!!

Ryza ·

Ek sal nie asem ophou dat daar iets van Eskom se “ondersoek” sal kom nie.
Om te verwag dat die DA geraas moet maak is net soveel wensdenkery! ‘n Donkerkoek met so bietjie wit versiersuiker.
My probleem is waarom is Solidariteit en Afriforum so stil??
Penny Sparrow en ‘n meer onlangse Houtbaaise voorval is nasionaal in die media aan die groot klok gehang!
Rassistiese uitlatings van swartes word stil stil onder die mat geveë. Waar is Solidariteit en Afriforum?
Enkele maande gelede het ‘n swart onderwyser rassistiese uitlatings gemaak! Met ‘n duidelik gedikteerde brief van “apology”, waarskynlik met hulp van sy plaaslike menseregte “kommissaris”, was dit die einde van die saak.
Ek het hierdie spesifieke geval met Afriforum opgeneem. Hul antwoord was dat hulle darem gesorg het dat hy ontslaan is. Is dit al!! (Is hy wel ontslaan? Wie sal weet?) Penny Sparrow het waarskynlik ook haar werk verloor! Sy het nasionaal om verskoning gevra, word toe nog met R150k beboet en wat ek verder kan onthou was daar ook nog ‘n hangende hofsaak teen haar!
Ek het my Afriforumlidmaatskap Desember 2016 gekanselleer.

Henning ·

Ek hoop Tjaart Coetzee (of Maroela Media) sal die publiek op hoogte hou van vordering met die klag. Dis baie onbillik om Afriforum/Solidariteit te veroordeel in die geval, want hulle is reeds tot oor hulle ore betrokke in gevegte om ons regte te handhaaf. Laat die DA wat so vinnig is om blanke “oortreders” aan te kla ook iets in die geval doen. Die feit dat hulle nou nog steeds niks gedoen het nie wys waar hulle simpatie lê. Dieselfde geld vir Media 24 en die res van die sg. objektiewe joernaliste van die SA pers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.