Eskom-ondersoek moet Duduzane Zuma se ‘intelligensieverslag’ insluit

Argieffoto: GCIS

Die Demokratiese Alliansie sal die parlementêre komiteevoorsitter Cedric Frolick versoek om ondersoek in te stel oor die jongste bewyse van moontlike politieke inmenging in Eskom, hierdie keer deur Duduzane Zuma.

Die DA sal versoek dat dit tydens die ondersoek plaasvind wat hy reeds versoek het. Die DA het net meer as ʼn week gelede die parlement se openbare ondernemingskomitee versoek om dadelik ʼn volskaalse parlementêre ondersoek te doen oor Eskom, het Natasha Mazzone, woordvoerder van die DA, Sondag gesê.

“Ek sal nou inligting versoek om te bepaal wanneer die ondersoek sal begin. Berigte in die media beweer dat pres. Jacob Zuma se seun Duduzane Zuma ʼn vervalste intelligensieverslag saamgestel het wat daarna deur pres. Zuma gebruik is om vier hoofde van Eskom in 2015 af te dank.

“Ná die skorsing van die Eskom-hoofde, is Brian Molefe as uitvoerende hoof aangestel en Trillian, ʼn Gupta-maatskappy, het ʼn steenkoolkontrak ter waarde van R400 miljoen ontvang ondanks bewyse dat steenkool van Trillian se Brakfontein-myn nie binne die spesifikasies val nie,” het sy gesê.

“Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, moet nou, meer as ooit tevore, Dinsdag voor die parlement se portefeuljekomitee verskyn en rekenskap gee vir die nagmerrie by Eskom.

“Die jongste inligting en die terugkeer van Brian Molefe as uitvoerende hoof van Eskom is nie toevallig nie. Die Gupta-Zuma-mafia het gewys dat hulle nie sal stop voordat Eskom hul eie persoonlike ryk geword het waar hulle kan maak wat hulle wil ten koste van Suid-Afrika en sy mense nie.

“Die DA sal alle beskikbare opsies gebruik om seker te maak dat goeie regeringsbeginsels herstel word by Eskom en dat die misbruik van staatsgeld en onregmatige invloed in sy geheel verwyder word uit die raadsale van ons openbare ondernemings,” het Mazzone bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

keelvol ·

natuurlik sal daar n Zuma onder n klip uitspring wanneer gaan hulle vasgevat word?

Helmut Kolar ·

Radikale ekonomiese transformasie. Ek onsteun Zuma en al sy mede ANC lede oor die terme. Dit het nou hoog tyd geword dat daar radikale verandering moet kom. Kyk na Eskom, SAA, SAUK ens. Kry die regte mense in die leiers positsie en kry die radikale ekonomiese transformaise in plek. Klae die diewe en geld wassers aan, ontslaan hulle en kry die gemorste geld terug. Sit hulle in die tronk en radiakaal verander die genoemdes na besighede wat reg bestuur word en winsgewend is. Weg met die radiakale enkonomiese diefstal en wanbestuuring. Dan maak die radikaal sin om hom te ondersteeun, want dan gaan hy ook die selfde pad stap as sy maatjies. Ons sit en lag vir die gemors maar ons sal nie self met al die kennis wat ons het, nou self inspring by die vergaderings nie en radiakale rigting verandering demonstreer nie. Ons het alles wat dit neem om dit te verander maar ons sit net op ons agter ente en klae. Ek is moeg vir klae, lag en sukkel.

al ·

Radikale ekonomiese transformasie teen korrupsie, staatskaping en wanbesteding – ek stem saam met jou!
Dan sal die gemeenskappe opgehef word, vaardighede aanleer en ophou hoef te kyk na die volgende SASSA uitbetaling!

MANIE ·

Dit voel of orals waar die Bee aangestel is in posisies wat hulle heelwaarskynlik nie verdien besig is met steel van bates. Daarby verdien hulle salarisse wat ver bo hulle waarde is maar hulle moet nog skelm wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.