Eskom-ondersoek uitgestel

Anoj Singh (Foto: ANA)

Die geskorste hoof finansiële beampte van Eskom, Anoj Singh, het ʼn dokument van 400 bladsye ingedien, minder as 24 uur voordat hy voor die parlementêre ondersoek oor die kragvoorsiener moes verskyn.

“Ons gaan nie vandag met jou in gesprek tree nie,” het die voorsitter van die komitee, Zukiswa Rantho, gesê. “Ek wil ons teleurstelling as ʼn komitee bekend maak, want ons het jou genoeg tyd gegee.”

Rantho het gesê dit is nie moontlik vir die LP’s van die parlementêre komitee oor openbare ondernemings, om reg te laat geskied aan die inligting wat hulle ontvang het nie, en Singh sal dus op ʼn latere datum teruggeroep word.

Natasha Mazzone, DA-LP, het Singh daarvan beskuldig dat hy uitsteltaktiek gebruik en dat hy die komitee met minagting hanteer. “Dit wys maar net waarom ons in hierdie komitee is. Ons sal jou in Januarie sien,” het sy gesê.

Singh het glo die dokumentasie Maandag teen 23:00 aan die komitee gestuur. Rantho het gesê dit sluit dokumente in wat die komitee ses maande gelede van hom vereis het.

Singh is geskors op aandrang van Eskom-skuldeisers nadat die maatskappy in Augustus hul versekering, dat geen onreëlmatige betalings aan Trillian en McKinsey gemaak is nie, moes terugtrek. Dit het gevolg nadat die bestuurskonsultant Oliver Wyman aanbeveel het dat betalings van R1,6 miljard aan die twee maatskappye hersien moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

Gladde paling met baie stekels… die man dink sowaar ons is ape…

Andre ·

Hierdie parlementêre ondersoeke, komitees en kommissies wat ondersoeke doen is nutteloos. Niemand word ooit vervolg nie.

Eish ·

Ek is van mening dat indien elkeen betrokke korrupsie en staatskaping, sy regmatige straf ontvang en tronke toe gestuur word en ons ontset alle huidige gevangenes, sal daar nie genoegsame plek wees om die kriminele te huisves nie.
Wat beteken dat in die Psalm 37 hool, is daar meer goddeloses vry in die gemeenskap as agter tralies.
Dit is n skreiende skande om n burger te wees van hierdie hoop sand.

andrea van vuren ·

En so speel die spul korruptes vir tyd. Hy gaan nou heerlik vakansie hou terwyl ander sy kastaiings uit die vuur gaan krap. Dis mos hoe dit deesdae in ons siek land gaan. Hy gaan nes al die ander skotvry kom, vir ‘n rukkie teen volle betaling geskors word en wanneer die storm gaan lê skuif hy knus terug in sy ou posisie met ‘n aansienlike verhoging!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.