Eskom onderteken ʼn lening vir hernubare energie

Argieffoto: GCIS

Die Nuwe Ontwikkelingsplan (NDB) en Eskom het Maandag ʼn leningsooreenkoms van $180 miljoen (sowat R2, 55 biljoen) onderteken om 670 megawatt se hernubare elektrisiteitsprojekte by Suid-Afrika se nasionale energienetwerk te voeg.

Volgens die ooreenkoms sal die bank ʼn lening verskaf wat as waarborg sal dien vir Eskom se hernubare energie-integrasie en ʼn transmissieversterkingsprojek.

Xian Zhu, die bank se visepresident, en Calib Cassim, Eskom se finansiële hoof, het die leningsooreenkoms tydens die vierde jaarlikse vergadering van die NDB in Kaapstad onderteken.

In ʼn gesamentlike verklaring het die NDB gesê moderne verbindingsinfrastruktuur sal gebruik word vir hernubare elektrisiteitsprojekte en die aanvulling van Eskom se transmissienetwerk in geïdentifiseerde gebiede.

Die bank het ook gesê die projek sal help om voorsiening van elektrisiteit te verhoog aan die gebiede wat vir volhoubare ontwikkeling bestem is. Dit stem ooreen met die bank se fokus om projekte te steun wat daarop gemik is om hernubare energiebronne te ontwikkel.

Die Brics, wat uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika bestaan, het die NDB gestig om hulpbronne vir infrastruktuur en volhoubare ontwikkelingsprojekte in dié lande en ander opkomende ekonomieë te skep.

Zhu het gesê hulle is bly om hierdie belangrike projek te ondersteun wat tot die ontwikkeling van die netwerkverbindingsinfrastruktuur in Suid-Afrika sal bydra.

“Dit bied ondersteuning aan Suid-Afrika om na volhoubare energie te skuif. Hierdie ondersteuning is ten volle in ooreenstemming met die bank se mandaat en ons rol as ʼn betroubare ontwikkelingsvennoot.”

Cassim het op sy beurt gesê Eskom verwelkom die ondersteuning van die NDB en die elektrisiteitsreus sien uit na ʼn waardevolle vennootskap.

“Die suksesvolle afhandeling van hierdie intreetransaksie met die NDB sal ook aansienlik bydra tot die bestuur van Eskom se doelwitte om Suid-Afrika se koolstofvoetspoor te verminder,” het Cassim gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

John ·

… ‘n lening as waarborg… en wie gaan dit terugbetaal? Dis miskien lekker in die army, maar ons die burgers van die mielieblaarklub is siek en sat vir Eskom se truuks. Eers nee vir hernieubare energie en dan ja aan Brics se nuwe bank wat skaars grond gevat het… en Shu die skuld hoop klaar op Mr Cassim… met rente…

KaterinaKat ·

Dit is beter so. Hoe meer China investeer in Eskom hoe beter. Hulle gaan nie so n groot belegging in die water gooi nie. Ek sien uit na die dag wat die Chinese Eskom EN die hele land oorvat. How could such a scenario Possibly be worse than what we have now? Dis al wat ons witmense nog kan red. Die hemel weet, Amerika en Europa gaan ons nie red nie.

Verdwyn ·

Maar net nóg geleende geld waarvan miljoene weer gaan wegraak in die diep donker hool, en dan betaal die verbruiker op die einde van die dag net meer-en-meer. Nimmer-eindige bose siklus in die afgrond in. Emigrasie die beste opsie.

aj ·

#EKSDOM moetval!!! … verdwyn!

Alles waaraan die ANC en Eksdom raak verander in ….mis
luk … misluk … misluk !!!

Elke huis moet in ‘n klein kragstasie omskep word wat in sy eie kragbehoeftes voorsien … en surplus.krag lewer aan die netwerk … teen vergoeding!!!

Dis volhoubare kragvoorsiening en werkskepping!

Hi Da ·

Steeds meer en meer geld wat gaan verdwyn. Waarom nie eerder mense help om hul eie hernubare krag tuis op te wek nie?

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Doelwit:
Meer bedrog-geld word benodig .

Oplossing:
– Skep vals krisis.
– Oortuig publiek en finansiële borge van geld-nood om krisis te bekamp.
– Bereik doelwit deur meer bedrog-geld te bekom,wat publiek moet terugbetaal.

CORRUPTION, CRISIS, PROBLEM, SOLUTION, GOAL.
.
.

Aitoggie ·

Na n paar bonusse is die geld daarmee heen, dan is nog niks gedoen nie.

Gekaap ·

JA, en hier in P.E. maak DCD Windtowers, wat hernubarekrag- windtorings vervaardig, toe, omdat ESKOM weier om hulle enige werk te gee vir die laaste 24 maande. Nog 110 werkers sonder werk! China kan maar kom.

Piet ·

KaterinaKat, die Chinese doen net iets as hulle daarby baat. As hulle bv projekte is SA doen bring hulle hulle eie mense in, hulle eie toerusting ens – niks wat SA se ekonomie baat word gebruik nie. As hulle klaar is en teruggaan na hulle land, vat hulle weer alles saam. So, hoe presies dink jy gaan ons baat daarby as hulle die land oorneem?

marous ·

Die mense het geen idee hoe ongenaakbaar Chinese is nie . Alles verkoop vir ‘n potjie lensie sop .

KaterinaKat ·

Piet, ons land is verlore. Lost and gone. Forever. Die Chinese sal ten minste wet en orde handhaaf. Hulle sal nie die daaglikse geweld en afbrand duld nie. Hulle sal drakonies optree ivm die misdaad situasie. Die doodstraf sal heel moontlik terug gebring word vir die ergste misdade. Hulle sal die landbousektor en die boere beskerm. Hulle respekteer harde werkers, en dit is ons wit mense wel. As hierdie helhool ingelyf word by China, sal dit na n tyd nie meer so n helhool van moord en misdaad wees nie.

Wat hierdie land nodig het, is n drakoniese ongenaakbare regering wat geen nonsens duld nie, wat Nie duld wat nou hier aangaan nie. Dis Al kans vir witmense om te oorleef. Onthou die meeste van ons kan nie bekostig om te ontsnap nie. Ons land is reeds verlore, al wat mens nou nog voor kan hoop is permanente anneksasie deur n moontheid wat wet en orde sal handhaaf. Drakonies en ongenaakbaar. Ten minste gaan die Chinese ons nie Rwanda- style slag net omdat ons wit is nie.

Daardie Rwanda- style slagting van ons witmense is op pad. Tensy iemand instap hier en oorvat, iemand wat wet en orde kan herstel.

Wonder net ·

Wonder net wat het van die R14 miljoen geword wat hulle by China ook geleen het?

Gert van Wierdapark ·

Ons sal graag besigheid met jou wil doen, “my China”. Eers Singh, nou ‘n naam genoot wat links en regs ooreenkomste aangaan! Eishkom/Eksdom het skynbaar steeds vrye teuels wat geldmors betref!

marous ·

Grootste skand vlek ter wereld . Die vrot punt van afrika !

Judge Dredd ·

En hoeveel van daardie geld dink julle gaan werklik vir hernubare energie gebruik word ????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.