Eskom onderteken R1,5 miljard-lening met Franse agentskap

Argieffoto: GCIS

Eskom het Donderdag gesê hy het ʼn leningsooreenkoms van R1,5 miljard aangegaan met die Agence Française de Développement (AFD) om sy netwerk aan die weskus uit te brei.

Dit is die eerste deel van ʼn R6,5 miljard-leningsfasiliteit wat verlede jaar goedgekeur is.

Die geld sal aangewend word vir die Juno Gromis-projek, deel van die kragvoorsiener se projek in Namakwaland om die kragnetwerk in die Noord-Kaap te versterk, om hernubare energie by die stelsel te integreer en uiteindelik ʼn oorgrens-elektrisiteitsverbinding moontlik te maak, het Eskom gesê.

Dit sluit ʼn kragkabel van 282 km in tussen die Juno-substasie in die Wes-Kaap en die Gromis-substasie in die Noord-Kaap in. Konstruksiewerk sal na verwagting vroeg in 2019 begin.

“Hierdie leningsfasiliteit dra by tot Eskom se planne om die infrastruktuur te versterk en op te knap terwyl ons finansieringstrukture gediversifiseer word. AFD bly deel van ʼn kern groep vennote met wie Eskom al lank mee saamwerk en ons beskou dié leningsooreenkoms as ʼn formele, dog simboliese, gebaar van ʼn volhoubare vennootskap om Eskom te help om die sekuriteit van kragvoorsiening te verbeter en kragnetwerke in Suid-Afrika te stabiliseer. Ons sien uit na toekomstige geleenthede saam met AFD,” het Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

leser ·

lenings ooreenkoms van r1,5 miljard klink so maklik, wie de swernoot gaan dit terug betaal

Leen Leen Leen...... Skuld..... Skuld.... Skuld.... Dis darem erg... Geen benul van wat hulle doen nie... Bailout sa Gov! ·

Skokkend verby……. Hulle leer net nie…. Die mense van sa moet saaamstaan teen die gemors wat aangaan!

Colleen ·

Ek en jy natuurlik met rente ook nog. Eskom personeel het mos einde November hul 13e tjek gekry so nou moet daar lenings aangegaan word.

Verbruiker ·

Laat my dink aan die man wat ‘n terminale siekte opgedoen het en toe miljoene skuld aangegaan het. Hy het ook nie beplan om dit terug te betaal nie. Die Noordkaap ding gaan nooit enige watt energie lewer nie maar Porsche en AMG kan uitsien na ‘n goeie jaar. Hoe sê mens “suckers” in frans?

Maljan ·

Helfte vir China, helfte vir Frankryk ma wie warrie? Die bonus is hier.

John ·

Frankryk vry natuurlik na Eskom om te kom help met atoomkraguitbreidings… Is hierdie die begin van sulke projekte?

Jack Daniel ·

Nou gaan hulle vir hulle self help met lekker vet bonuses en die beste voertuie uittrek, nuwe naels opplak, die beste n need bizare Brazilian wigs plak n die beste fashion ooit laat invoer.
Vergeet v d land en sy behoeftes. Dink net aan hulself.

Neeltjie Steenkamp ·

En nog minder word daar gewerk, hul sit nie van Maandag tot Donderdag sonder krag en as jy bel en opvolg kry jy net verskonings. Ma betaal hul vir al jou kersfees vleise wat vrot geword het, na jou vrieskaste afgeloop het.

Johanna Botha ·

Die franse verstaan seker nie wat hier gebeur nie …mors maar julle geld ????. Hulle kan nie eers die besraande netwerk bedien nie ? ?

Staak saam ·

Ek is oud en het net st8 maar, as ek in beheer van Eskom was dan sou ek hierdie geld gebruik het om die netwerk stabiel te kry, nodige onderhoud te doen sodat die 11 enhede wat opgepak is weer kan werk, dan sou ek gesorg het dat daar genoeg kool voorraad is. Sonkrag kon mos eers wag.
Maar nou ja, daar is niemand mef st8 in beheer nie, almal het seker weer ere doktors grade

Tikkel tokkel ·

En wanneer die Rand verswak skuld hulle skielik baie meer. Watch this space.

Therese ·

Puik voorbeeld van hoe Afrika-korrupsie uit Europa finansier word.
‘n Nimmereindigende kringloop …

BJ Vorster ·

Eskom is klaar bankkrot en het nie eers geld om steenkool te koop nie – nou gaan leen hulle nog!
Wonder maar net hoe hulle dit gaan betaal kry!!!

Dries du Toit ·

Waaat 1.5 miljard lening. Dit is kleingeld. Hulle skuld is dan 420 miljard rand. Of verstaan ek nou nie mooi nie. . Sukkel ek ook nou soos Zuma met die getalle

dr. Sakkie van der Merwe ·

Al die kundiges is afgedank en die BEE is nie instaat nie.

Voos-belastingbetaler ·

Help my asb reg… hull nou al naby aan R30 Biljoen geleen in minder as 3 maande maar die krag is af???

Bennie ·

Kry die lys van name wat die lening beding het
Hou hulle en hulle families dop
Oor n jaar en n half dan lees ons almal weer van die groot skandaal
Hoe die bogenoembe lening geld weer in die bogenoemde se sake beland het en niks wat moes gedoen word gebeur het

Hans ·

Die Franse leen geld….wat hulle waar kry?
Hulle eie geelbaadjies betoog oor hulle geldsake.
Hulle verskaf seker net arbeid, tegnologie en toerusting…tot hulle eie voordeel!
Ons vergeet gou, dis nie ‘n pansella nie. Dit moet terug betaal word!!

AMS ·

Weereens ‘n bewys dat die mense aan ESKOM se bestuur geen snars verstaan van hoe die ekonomie werk nie. Jy leen nie geld as jy reeds so ‘n slegte track record het nie. Maak eerder julle topstruktuur kleiner en verminder die salarisse met die helfte dan sal julle meer as genoeg hê om julle skuldeisers terug te betaal. En nog steeds is die regering te slapgat om in te gryp en drastiese stappe te doen.

HPV ·

Net soos die SAL leen, bedel, soebat en kerm Eskom letterlik daagliks, kry hulle die geld hou dit ‘n maand of twee dan staak hulle weer sodat die geld vir hoër salarisse en astronomiese sogenaamde prestasie bonusse aangewend word. Dan word die hele proses van vooraf herhaal. Op die ou end word dit van die belastingbetalers, ‘n daagliks krimpende poel wat ook deur verskeie faktore voor die regime se deur gelê kan word, verhaal.

Heather ·

BJ Voster- natuurlik gaan ons dit moet terugbetaal met petrolpryse, rentekoerse ens, wat weer sal styg! A neverending story!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.