Die kragvoorsiener het Dinsdag berigte dat hy sowat R1,8 miljard van Nersa versoek om prestasiebonusse te betaal, ontken. Die media berig sedert Sondag dat Eskom Nersa se besluit om nie prestasiebonusse deur bykomende kragtariewe te befonds nie, volgende week in die hof sal beveg.
Eskom sê egter Dinsdag in ʼn verklaring dat die aansoek om verhoging van die kragtariewe vir die volgend drie jaar nie ʼn toekenning vir prestasiebonusse bevat nie, maar wel voorsiening maak vir jaarlikse bonusse vir die volgende drie jaar. “Dié bonus is gelykstaande aan ʼn dertiende tjek en vorm deel van Eskom se basiese diensvoorwaardes,” lui die verklaring. “Die werknemers wie se pakket nie ʼn 13de tjek insluit nie, het die opsie om hul salaris só te struktureer sodat hulle ʼn dertiende tjek ontvang sonder om die algehele jaarlikse salaris te verhoog.”
Eskom sê weens die swak prestasie van die onderneming, is geen prestasiebonusse die afgelope twee jaar uitbetaal nie. Die kragreus het verlede jaar ʼn verlies van R20 miljard aangeteken.
Eskom het ʼn aansoek by die hof gebring om Nersa se vierde multijaar- prysvasstelling te laat hersien. Dit nadat Nersa besluit het om die R69 miljoen wat die regering as reddingsboei aan Eskom betaal, af te trek van die inkomste wat Eskom deur die heffing van kragtariewe kan genereer.
Eskom het in nóg ʼn verklaring Dinsdag gesê geen beurtkrag word vir dié dag verwag nie, hoewel die stelsel steeds onder druk is.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
38 Kommentare
Watse prestasie?? Die enigste prestasie is dat julle Eskom in die grond gedryf het. Ha ha ha!
ESKOM wil net he, he, he en gee ons net elende met hul ewige loadshedding. Daar is te veel base en te min klaase om die werk te doen. Kyk hoe vining en op mekaar kry ons loadshedding as hulle increases vra
Ek sal graag van Eskom se praatpersoon wil weet wat is ‘n bonus en in watter omstandighede kwalifiseer ‘n persoon dan vir sodanige bonus. Baie privaat instansies gee ook nie meer ‘n 13 de tjek nie.
As n besigheid swak doen val die13 de tjek weg. Of dit of jy sit sonder n werk.
Verstommend dat die staat en staatsbeheerde instansies, wie by verre die swakste diens lewer nog bonusse ontvang. Die res van Suid-Afrika, wat in die privaat sektor hard werk, is net te dankbaar om 12 salaristjeks, waarvan ons ‘n kleinhuisie afstaan aan belastings te ontvang!!!!! Net sodat hulle wat nie lus het om te werk nie bonusse kan ontvang. En dan hul nog boonop 61% te veel werkers? Wonder hoeveel eskom werkers neem dit om ‘n gloeilamp te vervang?