Eskom ontevrede oor Nersa-verhoging

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, Eskom

Eskom het Dinsdag gesê die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se besluit om elektrisiteitspryse met slegs 9,4% te verhoog, sal “bedryfsgevolge” vir die kragvoorsiener inhou.

Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, het in ʼn verklaring gesê die instansie sal die besonderhede van die besluit bestudeer sodra hy Nersa se dokument ontvang het, voordat hy kommentaar lewer oor die gevolge.

“Eskom neem kennis van Nersa se besluit, wat weereens nie die kwessie van Eskom se voortslepende finansiële onstabiliteit aanroer nie,” het Molefe gesê. “Dit sal boonop ook bedryfsgevolge inhou.”

Eskom het reageer op Nersa se aankondiging dat ʼn elektrisiteitsverhoging van 9,4% goedgekeur word vir die 2016/2017 finansiële jaar wat op 1 April begin.

Eskom het aansoek gedoen vir ʼn verhoging van 16,6% en voer aan sy huidige agterstand, waarvoor die bykomende verhoging benodig word, spruit uit die feit dat die kragvoorsiener gedwing is om duur brandstof te gebruik vir sy gasturbines om die ligte aan te hou.

Nersa het gesê hy gaan nie die R22,8 miljard afwyking wat Eskom versoek het om die kostes te verhaal wat hy in die 2013/14 finansiële jaar aangegaan het om krag te voorsien, toestaan nie. Nersa het ʼn bedrag van R11,241 miljard goedgekeur, wat neerkom op ʼn verhoging van 9,4% vir 2016/2017.

“Met Nersa se huidige besluit hang daar ʼn groot vraagteken oor die bekostigbaarheid van diesel,” het Molefe gesê. “Ons sal ons bes doen om beurtkrag te minimaliseer binne Eskom se balansstaat wat reeds uitgedun is.”

Die minister van openbare ondernemings sal voor of op 15 Maart die munisipale verhogings in die parlement tabuleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Acca ·

Daar moet net minder gesteel word en die agterstallige rekenings moet gevorder woed. Hoe eenvoudig. Tot ‘n kind sal dit verstaan. Watter deel van vorder net jou rekenings verstaan hulle nie.

Acca ·

Daar moet net minder gesteel word en die agterstallige rekenings moet gevorder word. Hoe eenvoudig is die beginsel nie. Vorder jou skuld en moenie dreig nie. Tot ‘n laerskool kind kan dit verstaan.

Pieter ·

Hulle soek mos weer bonus en ons moet maar uithaal en wys.

André ·

Eskom CEO’s moet maar hul miljoene aan bonusse afstaan…..dit sal hul begroting ‘n reuse hupstoot gee. Wetsgehoorsame burgers word oor die afgrond gedryf met al die prysverhogings agv ‘n korrupsie.

Maggie ·

Soweto alleenlik skuld by die R10biljoen (wat hulle afgeskryf het) …. wat van al die ander townships ens…

Adrian ·

Verhoging tabuleer ?????. Hoekom nie voorle nie maroela ????

ig ·

Dank die Vader Ek klim totaal van die kragnetwerk AF binne 2 weke.

Wat-ek-lees ·

‘n Stout kind wat nie kry wat hy wil hê gooi gewoonlik ‘n vloermoer.

Anton ·

En nog hulle hou hulle aan om duur advertensies op televisie te vertoon wat vra dat verbruikers asseblief nie hulle produk moet gebruik nie! Hoe verstaan mens dit?

Wat-ek-lees ·

Soos ‘n stout kind wat net wil hê. (Klink dit beter MM?)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.