Eskom ontken dat hy ‘duisende werkers aflê’

Argieffoto

Eskom het Donderdag berigte ontken dat die kragvoorsiener van plan is om 7 000 werkers oor die volgende vyf jaar af te lê.

Reuters berig Marion Hughes, senior bestuurder by Eskom, het gesê daar is in ʼn strategievoorlegging aangedui dat Eskom van plan is om sy werkersmag teen 2023 van 48 678 tot 41 613 oor alle vlakke te verminder. Dit sal egter deur normale uitvloei gebeur.

Die gerugte het die National Union of Mineworkers (NUM) ontstoke gelaat wat in ʼn verklaring gesê het hy is woedend dat Eskom 7 000 werkers oor die volgende vyf jaar met “gewillige pakkette” gaan aflê sonder dat daar behoorlik met die vakbond oorleg gepleeg is.

Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder, het gesê dit blyk dat iemand êrens die verkeerde boodskap ontvang het. “Hulle is 100% in die kol met hul ontleding dat Eskom oor die volgende vyf jaar ongeveer 7 000 werkers gaan verloor. Eskom verloor mense. Gemiddeld, oor die afgelope paar jaar, het Eskom 4% van sy personeel verloor deur natuurlike uitvloei – mense bedank, sommige het swak gesondheid, maar die mense is nie aktief afgelê nie,” het Phasiwe gesê.

“Eskom het geen planne om werkers af te lê nie. Hierdie berigte oor afleggings is vals en misleidend. Indien dit waar was, sou dit ook waar gewees het dat Eskom nie met NUM hieroor gepraat het nie. Maar ons lê nie mense af nie.”

Paris Mashego, NUM se koördineerder vir die energiesektor, het gesê die vakbond glo Eskom se besluit is gelei deur die finansiële beperkings waaronder die kragvoorsiener gebuk gaan.

Eskom is tans in voortslepende loononderhandelinge met vakbonde, onder wie NUM, gewikkel oor hul eis vir hoër lone nadat werkers ʼn aanbod van 7% en eenmalige bonusse geweier het. Werkers wil hê Eskom moet onderneem dat daar nie dissiplinêre stappe teen hulle gedoen sal word omdat hulle aan ʼn onbeskermde staking deelgeneem het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marous ·

Is vals en misleidend verpligte woorde wat regerings amptenarre leer voor hulle aangestel kan word?

Kokkie ·

Jare terug daar gewerk in Maintenance Dept. Goeie tye gewees met top 10 (oa. Marais) ook Dyer, Mulder. Die tyd was dit n werk om trots op te wees. Puik werk altyd gelewer deur Maintenance department.

deon ·

Ek wed enige iemand dat al dank Eskom 7000 werkers ‘n jaar af, niemand dit eers gaan agterkom in terme van produktiwiteit nie.

Bob ·

NUM was woedend. Hahahahaha. Vakbonde is soos parasiete. Teer net op ons besighede. Hulle gaan bars wanneer dit nog slegter gaan.

IK ·

Laat ek sien: Hoe minder die werkers hoe meer is die geld om onder hulle te verdeel. Dus hoe hoër gaan die looneise wees. Dus weet ek nie waarom NUM so ontstoke is?

Callie ·

Volgens regte inljgting is daar byny 30 000 poste wat gesny kan word. Dit is n vleispot vir kaders. Hoe anders kry hulle hom bankrot

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.