Eskom ontken lugbesoedeling-sterftes

Eskom-kragstasie in Kriel, Mpumalanga Foto: thegreentimes.co.za

Eskom-kragstasie in Kriel, Mpumalanga Foto: thegreentimes.co.za

Eskom het Vrydag ʼn verslag, dat twee van sy steenkoolkragstasies tans jaarliks minstens 17 mense se dood veroorsaak, betwis.

“Ons glo die berig is gebaseer op foutiewe aannames wat met Eskom se vermindering van die omgewingsimpak van kragstasies verband hou,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê. “Die impak word oordryf. Die studie is nie van toepassing nie en dit is nie akkuraat nie.”

Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat lugbesoedeling in twee provinsies die dood van minstens 20 mense per jaar kan veroorsaak en dat dit tot 617 kan styg, met minstens 25 000 mense wat gehospitaliseer sal word sodra die stasies almal aan die gang is.

Volgens die berig is dié inligting bekend gemaak in ʼn verslag wat Eskom versoek het. ʼn Omgewingsregte-organisasie het glo die aansoek ingedien.

Etzinger sê die studie is in 2006 gedoen gebaseer op planne vir Eskom om twee groot kragstasies, een in die Vrystaat en een in Mpumalanga, te bou. Die verslag handel dus grootliks oor twee stasies wat Eskom nie gaan bou nie, het hy gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.