Eskom ontken rasgebaseerde afleggings

Foto: GCIS

Foto: GCIS

Eskom het Maandag ontken dat hy ʼn beleid het om afleggings van werknemers op grond van hul ras te doen.

“ʼn Beginsel van natuurlike uitvloei  is gebruik wanneer sekere poste vakant geword het,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

“Eskom het en gaan voort om nuwe ingenieurs en tegnici sonder diskriminasie te werf.”

Volgens ʼn berig in Sondag se Rapport het Eskom die aantal wit ingenieurs en vakmanne verminder sodat die maatskappy kan voldoen aan nuwe vereistes van die Wet op Billike Indiensneming. Die aantal wit ingenieurs moet glo met 1081 verminder word en wit ambagsmanne met 2179.

Die nuwe riglyne vereis glo van Eskom om te verseker dat hierdie twee poskategorieë “heeltemal  die nasionale en plaaslike demografie” moet weerspieël teen 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Liegkom dink ons blankes is onnosel. Waar kom die inligting dan vandaan . Waar n rokie trek brand n vuurtjie. Die is regtig tyd dat Eskom geprivatiseer word sodat daar weer lig kan wees.

John ·

Met hierdie berig word daar nou erge verwarring gesaai. Tegnies word Dr Hermann nou as ñ kwaadstoker en ñ persoon wat onwaarhede publiseer, afgemaak. Logieka vertel my dat hierdie dinge verskuil word sodat daar nie vinger gewys kan word nie. Ongelukkig het die waarheid uitgelek en o wee, wie se kop gaan nou rol.

zahn ·

Ek wou bitter graag kommentaar lewer, maar ek het net nie die krag nie…

CR ·

“Eskom is committed to equality, employment equity, and diversity. In accordance with the employment equity plan of Eskom and its employment equity goals and targets, preference may be given, but is not limited, to candidates from under-represented designated groups. Eskom reserves the right not to make an appointment to the posts as advertised. Candidates with disabilities are encouraged to apply for suitable positions.”

En dis hoe dit duidelik staan op elke pos wat ge-adverteer word deur eskom

CHRISTA ·

Eskom moet dan nie die verouderde kragstelsel blameer vir al die onderbrekings nie. Hulle kan sien dat als uitmekaar val en die mense wat in hulle diens is weet nie hoe om dit te herstel nie.
Gaan hulle nou ‘n klomp Kubaanse ingenieurs invoer soos wat hulle die Kubaanse mediese dokters ingevoer het. Wat ‘n grap!! AFRICAN NATIONAL CIRCUS!!!!

scalla ·

Natuurlik sal hul dit ontken, kan nie pa staan vir hul dade, onbevoegde korrupte bestuur.

jacques ·

Moet mens nou dit glo?Almal weet hulle doen dit orals,sport goverment en in privaat werksplekke.

Theresa ·

Ek stem saam Riaan. Waar daar ‘n rokie is………………………..
Dink seker ons is idiote. Dit is al oor en oor bewys deur berigte wat gepubliseer word en dan skielik ontken word.

norman ellis ·

jong ons mense hier in suid afrika word elke dag belieg van punt a tot z eers as alles lende lam en af gebreek is gaan die blankes en die vorige bedeling geblameer word oorals val alles uit mekaar en praat maar met mense wat van oorsee hier kom vakansie hou hoe hulle dit ervaar hoe kan jy mense wil laat ontwikkeling doen as jy voor jou heilige siel weet jy gaan geboue oprig sonder die nodige krag om beligting te kan voorsien .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.