Eskom ontken steenkool-probleem, privatisering

Argieffoto

Argieffoto

Brian Molefe, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het Donderdag ontken dat Eskom binne ʼn paar jaar ʼn “steenkoolkrisis” kan beleef.

Molefe is tydens ʼn perskonferensie gevra of Eskom sy beleid, dat 51% van steenkoolverskaffers swart moes wees, sal hersien en of dit ʼn probleem veroorsaak het om koste-doeltreffende steenkoolvoorraad te verseker. Hy het geantwoord dat Suid-Afrika nog ongeveer “200 jaar van steenkoolvoorraad” ondergrond het en het die idee, dat die land ʼn steenkoolprobleem kan beleef ten opsigte van ʼn tekort aan steenkool, van die hand gewys.

Molefe het toegegee dat ʼn aantal steenkoolkontrakte binne die volgende twee jaar sal verstryk, maar dat Eskom gereed is om kontrakte te onderhandel “wat ons voel in die beste belang van Eskom is gegewe die omstandighede”. “Dit is nie asof Suid-Afrika ʼn tekort het aan steenkool nie, daar sal baie steenkoolvoorraad wees,” het hy gesê.

Oor die 51% SEB-reël het hy gesê: “Swart bemagtiging is die beleid van die regering. Ons sal daarop aandring.”

Hy het dit benadruk dat enige kontrakte vir die verskaffing van steenkool aan steenkoolkragstasies soos Medupi en Kusile sal “in die beste belang van Eskom se toekoms” gedoen word.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het tydens die perskonferensie met verwysing na SEB gesê die ekonomie is nog nie getransformeer nie. “As mens na die statistiek kyk sal jy sien dat daar ʼn paar nuwe SEB-persone deelneem, maar dit bly nog steeds in die hande van groot wit konklomerate. Dit moet verander; die regering gaan SEB instel wat ons mense sal bemagtig en die ekonomie sal bevorder.”

Brown het die privatisering van basiese dienste, soos die verskaffing van elektrisiteit en water, verwerp. Sy het gesê beurtkrag sal nog vir drie jaar lank voortduur.

Reuters het Woensdag berig Suid-Afrika oorweeg die moontlikheid om Eskom gedeeltelik te privatiseer of van sy bates te verkoop om finansiering te verseker vir die kragverskaffer en om die energiekrisis op te los.

Bron: News24, Fin24
Lees ook: News24, Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Die “een kommentaar” is skynbaar verwyder?
Wat vir ‘n ding is “konklomerate”? Is dit ‘n nuwe soort witmens?

Gerhard Bezuidenhout ·

Eskom moet ophou lieg en oop kaarte met ons speel want hulle is maar n verlengstuk van die ANC . Hou asb politiek hieruit want julle speel met vuur deur jul oneerlikheid. Ek kan enigeen verseker dat die BEE drek net n verdere spyker in die doodskis van Eskom se kraglewering gaan wees .Dit is in landsbelang dat Eskom geprivatiseer word sodat kundiges met breins vir ons volhoubare krag lewer en dit soos n besigheid bestuur.

scalla ·

Dit is die gevolg van swart bemagtiging dat so gaan by eskom , privatiseer dit in almal se belang

Peet Schabort ·

Gaan dié een dit maak of is dit té na aan die waarheid?:
“The more blacks in, the more black outs”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.