Eskom ontken sy krag gaan opraak

Argieffoto: GCIS

Eskom het Donderdag berigte dat daar binnekort geen elektrisiteit in Suid-Afrika meer sal wees nie ontken.

Dit kom ná ʼn week waarin daar daagliks beurtkrag in die land toegepas moes word aangesien die kragnetwerk erg onder druk is. Fase 2-beurtkrag word ook vandag van 09:00 tot 22:00 toegepas.

Die kragvoorsiener het egter in ʼn kort verklaring gesê boodskappe wat “op digitale media die ronde doen” dat die elektrisiteit gaan opraak, is vals en misleidend. “Beurtkrag word gekontroleer en op ʼn rotasiebasis vir ʼn tydperk van tussen twee tot vier ure op ʼn slag toegepas, afhangend van die skedule waarop die kliënt is daardie betrokke dag,” lui die verklaring.

“Beurtkrag word toegepas as ʼn laaste uitweg om die land teen ʼn totale kragonderbreking te beskerm – ʼn situasie waar daar geen elektrisiteit sal wees nie. Eskom kon nou die kragnetwerk stabiliseer deur die onlangse beurtkrag wat toegepas is.”

Eskom steier onder skuld van R400 miljard, wat beteken die kragvoorsiener is tegnies bankrot. Volgens die dagblad The Sowetan skuld verbruikers die kragreus R30 miljard, waarvan die helfte deur inwoners van Soweto geskuld word.

Besoek http://loadshedding.eskom.co.za/ of jou plaaslike munisipaliteit se webtuiste vir die beurtkragskedule vir jou gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

honourable member ·

Ja en so hetZuma ook hoog en lag bellowe daar sal nooit weer beurtkrag wees nie en kyk waar sit ons vandag. Jy kan net mooi niks glo wat hierdie mens praat en belowe nie.

WILLIE ·

SO HET CYRIL OOK GESE NOOIT WEER BEURTKRAG ONS MOET MAAR GEWOOND RAAK AAN DIE TIPE BELOFTES KAN MAAR NIE VOORUIT BEPLAN

zoom zoom ·

Eskom moet die ANC dagvaar vir uitstaande skuld deur ANC beheerde munisipaliteite wat nie hulle krag rek by eskom betaal nie. Eskom moet die totale krag netwerk oorneem by munisipaliteite en dan moet pre paid meters gepas word sodat ons direk ny eskom kan krag koop. So gaan eskom sy geldvloei kan aanvul. Munisipaliteite rook ons gewone mense met krag rekenings. Hulle maak klomp wins uit die verkoop van krag maar die ander dieste is swak. Q

Johan ·

15Miljard word deur Soweto geskuld! Double dare Eskom om kragvoorsiening te staak aan die Hoofstroom stembasis van ANC.Hulle is untouchable…

AJ. ·

Hierdie hele debakel gaan nie oor die sogenaamde tekort aan steenkool nie. Dit gaan oor geld. Eskom is bankrot en soek geld by almal. Sodra hulle nie die geld kry waarvoor hulle vra nie, dan straf hulle die mense wat hulle krag betaal met beurtkrag.Waar ek woon word ons omtrent elke dag met beurtkrag geteister,maar nie die swart woongebiede om ons nie,hu;lle het 24 uit 24 uur krag. Sodra Eskom geld kry, betaal hulle bonuse aan hulle grootkoppe en dan word daar niks spandeer aan opgraderings nie. Die ander storie hoor ons somteids dat die kole nat is. Dit is n` leun, Die kole word dan met water natgespuit net voodat dit in die brandkamers op n` vervoerband in gaan.
Ek sou graag wil weet, as ons nou in die middel van die somer beurtkrag kry, wat gaan dan in die winter gebeur? of gaan Eskom dan krag vanaf Zimbabwe af invoer.

HPV ·

Dit is slegs ‘n herhaling van Eskom se afpers strategie om elektrisiteits tariewe te verhoog. Die beste is hulle slaag elke keer daarmee. Hulle gee ook nie om of die land afgradeer word na rommelstatus daardeur nie, vir hulle is slegs die korttermyn belangrik om eerstens onverdiende salaris verhogings toe te staan en dan dit wat oorbly vir hul ander verpligtinge aan te wend. Volgende jaar word die siek kringloop herhaal!

Ai tog, gee my krag ·

Daar is lig aan die einde van die tonnel. Nee kyk weer – Daar is GEEN lig aan die einde van hierdie donker tonnel nie. Hierdie gesegde om mens beter te laat voel was dus altyd ‘n leuen gewees. ESKOM het seker in ‘n donker Abyss geval en sal nooit weer daaruit kom nie.

WIEBO ·

Prepaid meters roof ons ook met geld. Trek vanaf 1 woonstel na die een langsaan, en nou is my krag R650 meer per maand!! Dieselfde geysers en als….. Die meters is ook maar daylight robbery as jy my vra. Die prepaid meter mense het net nie n saak met jou as jy kla nie…………..useless mense!!

Genieve ·

zoom zoom..ek stem met jou saam jy betaal bubbeld vir krag as vantevore en dan nog btw op aankope van krag en jou water rekening te danke aan hulle nalatigheid en nou moet die verbruikers daaroner ly.

Leon ·

Hierdie land met Eskom is nou so in sy kanon in.
Die Titanic se ligte was darem nog aan selfs toe hy gesink het!

ida louw ·

En so praat onse CR dat daar geen loadshedding meer gaan wees nie, en die volgende oomblik toe sit ons in donkerte gehul!! Whahaha grap van die jaar.

Lex Luger ·

Eskom is reg, die krag gaan nie opraak, wat opraak is die vraag na sy produk. Die vraag na elektrisiteit vanaf Eskom is heelwat laer as ‘n klompie jare terug toe daar ook “beurtkrag” was. Net soos toe is hierdie ‘n kunsmatige “krisis” wat Eskom en die ANC skep in ‘n poging om meer geld te vra vir hul krag. Gaan kyk asb by die steenkoolmyne-die Eskomsteenkool word daar gelaat-Eskom wil dit nie in hierdie stadium he nie. Eskom sal ook nooit uit die skuld kom, aangesien die vraag elke jaar daal-so hul enigste hoop is erge tariefverhogings of meer skuld en hoe groter die verhogings hoe laer word die vraag. Dink ook daaraan, Eskom is uiters uniek in sakewereld waar hulle kliente aanmoedig om nie hul produk te gebruik nie-so waar die geld avnadaan kom om hul sku;d te betaal?

Callie ·

8 miljoen per jaar vir Hadebe, baas van Eskom. Nog 35 000 oortollige werkers teen buitensporige salarisse, 26 miljard. Nog 30 miljard vir nie betalings van munsipaliteite. En al die geld maak nie n duik in Eskom se skuld nie. In enige wereld waar daar regverdigheid is sou Ramaphosa, zuma, die hele kabinet, Eskom bestuur, Denel bestuur, sabc bestuur almal, nou in tronk gewees het met al hul miljoene in die banke gekonfiskeer en gebruik om hul korrupte dade reg te stel. Dan wil eff nog Rupert beskuldig van rassisme. Magtag, al is jy wit, swart, bruin of geel, as jy nie kan sien dat die ANC nie eers n padkafee sal kan bestuur nie is jy n volslae idioot. Help nie om wittes rassiste te noem nie Malema. Dit steek nie die onbevoegdheid van swartmense weg nie

Oom Walker ·

Jaco, as jy net die moeite wil doen om Johannesburg se beurtkragskedules te bekyk, sal jy agterkom jy praat die waarheid bietjie snaaks…

Judge Dredd ·

Die ANC was mos al lankal gewaarsku, maar hulle weier om te luister.
Eerder noem hulle die wat gewaarsku het rassiste/fasciste/neo-nazis/kolonialiste.

CEO jackpot ·

En Eskom se nuwe CEO verdien R8 521 128 – 00 per JAAR / R710 094 – 00 per MAAND.
Hoe slaap hy in die nag en kyk die SA burgers in die oë ???

Adam ·

Ek dink jy sal erken dat dit ‘n baie spesiale sakeman verg om ‘n besigheid so op te neuk.

Johan ·

Mense, raak gewoond daaraan. Ons woon in Afrika, dit is hoe dit werk in Afrika.
Word onafhanklik wat krag en water aanbetref (kos ook sommer), dit gaan nie vining beter raak nie.

Vra maar net ·

Die skedules werk nie. Ons krag is nou af. Maar volgens skedule – stage 2 – moet die krag nie af wees nie. Mens weet eintlik nie meer wanneer die krag gaan af wees nie. Skedules is nie akkuraat nie.

Snowball ·

Oorbetaalde, onbevoegde, skelm, kaders en staatskapers het Eskom op sy knieë. Viva ANC Viva! Long live corruption long live!

Lucas ·

Nou word die mense wat getrou hulle rekening betaal gestraf

PieterJohannes ·

Wees bly! Hoe meer beurtkrag op die stadium hoe beter. Ja dis ongerieflik. Kan dit die 2019 verkiesing beïnvloed? Ek weet nie maar almal ly onder beurtkrag. Kom ons hoop en vetrou dat dit ten minste die geweldige meerderheid stem sodanig sal verminder dat geen van die voorgenome veranderings aan wette nie meer kan plaasvind nie. Dan is die opoffering van beurtkrag klein. “Never under estimate God!”

Jacques ·

Ek sou dink dat die ANC eers hulle huis in orde kry deur die basiesse elemente soos krag in orde te kry , maar nee hulle wil reeds bo op die leer staan en dan begin klim al lyk dit onder soos n hool . Nee wat die regering kos en gaan die mense van die land nog baaiiieee kos . Die ergste van alles is dat hulle so lieg om hulle self beter te laat lyk en dan lieg hulle self in n hoek in , ne Mr CM? Hoekom word die kool in SA na buurlande geneem maar ons moet hier sit met die gemors ? Die regering smokkel met die land se kool oor die grense vir eie gewin , maar dit sal hulle ook seker ontken . Lafaards wat hulle is .

Andrea ·

O heng, waar n rokie trek is beslis n vuurtjie. Die feit dar hul dit ontken, sê v my dit gaan BESLIS gebeur.

leser ·

@johan, maklik om te se raak onafhanklik van krag en water, ek kan my eie krag opwek, maar sukkel om “instant” water te koop
boorgat en pomp met bykomstighede sal jou jare neem om die rekening op te maak

Andrea ·

Tensy jy water in poeiervorm koop en stoor…
Hoe raak jy onafhanklik met water? Dit reën feitlik nooit meer hier by my om tenks vol te maak nie. Ekt nie n boorgat nie, want hiers nie water op die erf nie, het al probeer.

ZET ·

Ons munsipale rekening is vooruit betaal, so eintlik skuld hulle my, maar gister het ons
2 maal loadshedding gehad. Hopeloos!

Essie ·

Nou soek ek antwoorde hoekom moet daar in sommige voorstede in Kaapstad straatligte 24/7 brand

Johan H. ·

Vadag is ons ktrag af,,buite die “loadshedding” rooster. Bbbbeeeeeeee.

linda limbo ·

ek’t nou al die videos gesien
al die opskrifte en uselsess opinies van mense gelees
al wat ek weet is
“benoude katte maak benoude spronge”
ek dink ook nie dit moet ligtelik opgeneem word
vraag is wat kan ek en jy aan die situasie doen?

Hot ·

Nee hulle lieg!!! En ons sit 3ure per dag sonder krag hier want hulle probeer ons… geld te spaar??? En dit met MENOPAUSE!!!!

KKrag ·

In dele van Pretoria is die krag nou al vir die 2de maal af vandag. Walglike vervloekte hool.

Weet nie meer nie ·

Eskom verduidelik nou vir my die gebied waar ons bly kry elke dag load shedding maar 10 km verder kry kwamakhuta nie load shedding nie. Is op skedule maar net op fase 3 en 4. Hoe werk dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.