Eskom ontken ‘totale verduistering’

kersEskom het gerugte dat daar Saterdagaand ʼn “totale verduistering” gaan wees ontken maar gesê beurtkrag gaan voort.

“Eskom het ʼn totale nasionale verduistering aangekondig van 20:00 tot 22:30 vir 6/12/14 en 7/12/14. Wees asseblief voorbereid en skerp veiligheid by winkels en besighede op en bly van die paaie af vanaand,” lui die boodskap wat op sosiale media versprei word.

Eskom het intussen op sy amptelike sosiale media-kanale gesê die gerugte is onwaar. “Eskom implementeer tans beurtkrag fase drie tot 22:00 vanaand. Beurtkrag word nasionaal en op ʼn roterende basis gedoen. Dit is of vier, drie of twee ure afhangend van jou skedule.”

Eskom het Saterdagoggend van 06:00 tot 08:00 beurtkrag fase twee toegepas waarna daar met fase drie begin is. “Ons doel met beurtkrag die naweek is om opgaardamme en dieseltenkers te vul en noodsaaklike instandhouding te doen,” het Tshediso Matona, Eskom se uitvoerende hoof, Vrydag gesê. Hy het gesê Eskom se strewe is om daarna beurtkrag tot in die middel van Januarie te probeer voorkom.

Volgens Matona kan dit egter nie gewaarborg word dat daar nie beurtkrag oor die feesseisoen gaan wees nie. Eskom se kragnetwerk is uiters beperk weens probleme by kragstasies, ʼn tekort aan waterreserwes en logistieke probleme in verband met sy dieselvoorraad.

Beurtkrag fase drie maak voorsiening vir die sny van tot 4 000MW se kragverbruik.

Indien jy ʼn Eskom-kliënt is, klik hier vir die beurtkragskedules.

Munisipale-kliënte kan hul beurtkragskedules op die onderskeie munisipaliteite se webwerwe kry. Eskom publiseer ook van die munisipale skedules hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Dit was vanoggend seker baie naby aan landswyd: ek het Facebook vriende reg oor die land en vele van hulle het vanoggend gemeld dat hul krag af was, soos ons s’n ook. Drie dae namekaar. Van die Kapenaars het selfs gemeld dat hul krag twee maal op een dag af was.

Hennelie ·

Wel dis sommer als k#k die. Elke keer as die krag onderbrekings gebeur. N tydjie later dan gaan ons tariewe weer op nou hoe werk dit ons betaal meer en kry minder…….

Gerhard Bezuidenhout ·

Terwyl kaders in beheer is sal dit net erger gaan en hulle probeer hulself uit die moeilikheid uit lieg . Min mese glo nog hul flou lierstories.Privatiseer Eskom maar sorg dat die cronies nie voet in die deur kry nie en fire die klomp hulpelose liegbek fat cats .Laat huller gaan beesmis optel om vuur mee te maak.

Dirk Coetzee ·

‘n Mens kan nie help om uiters teleurgesteld te wees in Eskom nie. Vir baie jare al het hulle kort-kort krisisse en dan gaan verskonings soos “probleme by kragstasies” en “logistieke probleme in verband met sy dieselvoorraad” in hierdie stadium nie goed af nie. As hier nie langdurige agtelosigheid betrokke is nie, wil ek my naam nie hê nie. Die vraag is nou: het ons regering die wil, manmoedigheid en kundigheid om vir Eskom baie gou wakker te skud?

Babs ·

Alles die ANC se skuld. Miskien is Eksdom te donker. Sal eers ligter moet raak voor daar lig aan die einde van die tonnel sal wees.

Lizelle ·

It’s funny how we never had load shedding prior to 1994…. maybe we should get the experienced, educated & civilised management back @ Eskom…. Is this the Madiba legacy…. Dark nights in Africa???? Just wondering….

tania thiart ·

die beurtkrag is nou besig om te ,aak dat my besigheid baie ,baie skade lei ek het n bak besigheid en is nou regtig gatvol vir dit, duisende rande word skade gelei in ons almal se besighede en kry ons dai geld terug NEE ! NEE MAN MAK N PLAN ASB DIT KANI LANGER MEER SO AANGAN NIE DIT MOET NOU END KRY , WANT ONS IS ALMAL NOU BAIE GATVOL !!

Jan Botha ·

Is die beurtkrag ook van toepassing op die tradisionele “gebiede”. Waar ek hier op die 5e vloer sit het ek nog elke aand Soshanguwe se “high masts” sien brand wanneer ons in duisaternis gehul is.

Paul ·

Red Eskom en die ander skipbreuklinge

Beurtkrag! Dit is seker die (gons) woord wat menigte rooi om die krag laat ongeag jou ras of velkleur. En die fenomeen gaan nog deel wees van ons lewens vir die afsienbare toekoms of soos ek verstaan tot ten minste 2018.

Net soos met die onlangse Poskantoor stakings, ly privaat besighede wat die Suid Afrikaanse ekonomie aan die gang moet hou, verliese van miljoene rande weens beurtkrag.
Wie is te blameer?
Die regering wat miljoene mense polities “bevry” het? Wat vir duisende mense huise gebou het? Wat al hulle ondersteuners ‘n beter toekoms beloof het ?

En nou is dit die einste regering wat nie volgehoue goeie elektrisiteit voorsiening kan verskaf aan al die huise wat hulle gebou het nie, en ook nie meer skoon drinkwater kan voorsien nie, of behoorlike riolering nie. ‘n Regering wat ons land se skole in ‘n krisis gedompel het….en ook ons hospitale…en ook ons eie lugdiens die SAL…en ook ons eie uitsaaikorporasie die SAUK…en ook ons eie telekommunikasie bedryf TELKOM en die poskantoor….en ons eie polisidiens …en ‘n weermag wat amper omtrent net in naam voortbestaan en helaas ESKOM. Ons moet al hoe meer opdok vir ‘n diens wat nie volgehoue lewering kan waarborg nie. Elektrisiteit raak net duurder.

Ons het in Suid Afrika oor eerste wereldse infrastruktuur en dienste beskik, maar is nog altyd as ‘n derdewereldse land geklassifiseer. En ek dink dat ons ‘n derde wereld land sal bly. Alles die gevolg van ‘n halstarrige, korrupte en onbevoegde groep mense wat hulself die regering van Suid Afrika noem. Ek ys om te dink wat gaan gebeur as Nasionalisering werklik op die regering se agenda is!
Die ondersteuners van die huidige regering, het seker nooit kon dink watter prys hulle sou moes betaal vir hulle “vryheid” na 1994 nie. Wat eens belowe was, lyk nou nie meer so rooskleurig nie. Als word berdreig deur ‘n beweging wat net ingestel is op eie belang en die verpolitesering van omtrent alles, wat hulle ondersteuners se goedgelowigheid of naiwiteit misbruik om maar net weer die massas te beroof van ‘n beter toekoms en wat hulle belowe is in 1994.

Dit is daarom krities en uiters belangrik om met hand en tand te veg teen die korrupte staatsamptenare, om te verseker dat die twee derde meerderheid wat hulle tans misbruik , al hoe kleiner en kleiner word totdat daar ‘n ewewig in die magsbalans ontstaan sodat die regering van die dag verantwoorbaar gehou kan word en die burgers kan dien. Hulle is “after all public servants” wat in diens van die publiek staan. Dus jy en ek en almal wat se belastinggeld vermors word.
Ons moet alle nodige hulp en bronne tot ons beskking inspan om die ewewig tot stand te bring.

Die ANC het nie gehuiwer om hul “struggle” internasionaal aan die groot klok te hang nie. Befondsing vir die “liberation” het ingestroom aan die hand van internasionale donateurs. Om “struggle taal” te gebruik: Dis nou ons plig as wetgehoorsame en verandwoordelike landsburgers om Suid Afrika te “liberate” van ‘n korrupte, magsbehepte en onbevoegde regering, om ‘n rewolusie aan die gang te sit om ons land te red van ekonomiese ondergang en om die oortreders te laat vervolg.

Hoe doen ons dit?

Wel ek weet nie.Deur burgerlike samewerking. Ons as belastingbetalers wat regeringsamptenare se salarisse betaal, moet daarop aandring of eerder eis, dat:

1. Alle instansies wat hier bo genoem is, veral ESKOM, SAL,TELKOM en SAUK geprivatiseer moet word. Sodat mense wat weet wat hulle doen aan die stuur geplaas kan word om die instansies lewensvatbaar te bestuur. Ons land beskik definitief oor genoeg kundigheid om dit te kan verwesenlik.

2. Of dat privaat instansies wat die vermoe het om krag te kan opwek, krag mag lewer aan die ESKOM krag netwerk.

3. Plaaslike munisipaliteite moet net aangewend word om vvullisverwydering te doen, paaie in stand te hou en verkeer te reguleer. Al die ander funksies soos, water voorsiening, elektrisiteit en sanitasie moet aan privaat instansies oorgelaat word.

Dit is in ons hande om Suid Afrika te red uit die kloue van ‘n elite wat die ganse bevolking in die donker laat sit sonder elektrisiteit in die middel van die somer en wat wetteloos handel om hul korrupte agenda te dryf.

DIS NOU TYD. KOM ONS STAAN SAAM EN WERK SAAM!

Dave ·

Indien jy DA stem, saam met Helen Zille stem vir regstellende aksie, moet jy bekhou en gelukkig wees want jy kry presiès waarvoor jy vra.

Dave ·

Indien jy DA stem, saam met Helen Zille stem vir regstellende aksie, moet jy bekhou en gelukkig wees want jy kry presiès waarvoor jy vra.

Andre ·

Google “you killed my ma, you killed my pa, I’ll vote for you” This is part of the African’s psyche and the way African’s think. This memorable song will continue to depict the psyche of the contemporary African, and there seems to be no hope of discarding it. What we need is a strong leader to initiate a movement to take us to the next level of the revolution. A revolution against incompetence, against cadre deployment, against unqualified cadres in senior positions and against BEE. Almost all dysfunctional state entities can be turned around in a few months provided the most qualified applicant is employed.

pop ·

Ons het vannaf 2uur vrydagmiddag tot en met 6 uur vanoggend gesit in duisternis. n tv en dekodeerder, en n yskas is m–r toe. Water het die kombuis vol gele vanoggend en vleis afgeloop. Wie gaan die goed vervang. Die goeie fee dalk. Maar oorkant ons is n plakkerskamp ((met gesteelde krag, een paal voorsien omtrent 20 huisies.))Daar het die ligte te lekker gebrand.

Ansie ·

Met “Eish-kom” se rond neuk met krag is my vrieskas in sy maai. Ek glo nie my yskas gaan veel lange hou nie. Met die hitte is baie van my kosse al so ontdooi en gevries en weer ontdooi ek moes dit maar opkook en vir my honde gee. Kom Eskom ek soek ‘n nuwe vrieskas. Ons het Saterd dag in totaal 10 ure en 18 min SONDER krag gesit op die plaas. Hoekom? Die lokasies jol te leker met GEEN “load shedding” nie en high mass ligte wat 24/7 brand. Maak my siek en sat. Hoekom krag af na son onder? Om die moordenaars en rowers te help met aanvalle ens. Kry Eskom se swak en onbevoegde bestuur uit en kry mense wat WEET wat hulle doen.

sarie ·

Ek wil net graag weet,wie vervang ons yskaste en TV’s as ons sin op pak,
aan gesien hulle dit aan en afsit soos hulle wil,of dit n rede vir meer rooftogte en diefstalle.
Vra maar net?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.