Eskom ontken Zim het kragrekening betaal

zimbabwe

Argieffoto

Eskom het ontken dat hy enigsins geld van Zimbabwe af ontvang het om die Afrikaland se enorme skuld by die kragvoorsiener te dek.

Dit kom nadat die Zimbabwe Herald vandeesweek berig het Monica Mutsvangwa, Zimbabwe se minister van reklame en uitsaaidienste, het gesê die land het $10 miljoen (sowat R144 miljoen) aan Eskom betaal om sy skuld by die kragvoorsiener te verminder.

Eskom het egter Vrydag gesê dit is nie waar nie. “Eskom wil dit stel: teen 15:00 op 28 Junie is daar geen inbetalings getoon vir Zimbabwe se uitstaande skuld nie,” lui ʼn kort verklaring. “Sodra Eskom die geld ontvang, sal ons in verdere gesprekke met Zesa [Zimbabwe se elektrisiteitsvoorsieningsowerheid] tree.”

eNCA berig Zimbabwe skuld Eskom meer as $40 miljoen (sowat R563 miljoen) vir elektrisiteit wat hy oor die jare ontvang het. Volgens berigte het Fortune Chasi, Eskom se minister van energie, erken die situasie is kritiek en die land moet hom staal vir moeilike tye.

New Zimbabwe berig die kragsituasie in Suid-Afrika se buurland is só beroerd dat sommige huishoudings en ondernemings tot 15 uur per dag sonder elektrisiteit moet klaarkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Kobus ·

Hoekom het die skuld so opgehoop
Nou moet ons die gelag betaal

Johan ·

Ons moet dankbaar wees Pravin Gordhan se invloed. Dis hoehom ons geen onderbreekings het nie.

Johann ·

BLOUDRUK van n eens welvarende selfversorgende land wat aan die AFRIKA KULTUUR van me myself and I bkootgestel is. Ontneem van Logika, Bestuursbeginsels, Verandwoording en verandwoordelikheid…hoekom klink dit so bekend?

Ian ·

Ons is vinnig in dieselfde rigting oppad as Zim.

Maar dis seker ook Jan van Riebeeck se skuld.

leser ·

waarom word hul krag nie net afgesny soos wat by party munisipaliteite gebeur het ?

Frikkie ·

Absoluut hulle het nou grond en kan mos nou eerste wereldse
kwaliteot boer en alles doen sonder die witmense wat hulle weggejaag het

Jerry ·

Terwyl daar nou so groot gedroom word in SA kan ek nie in my wildste drome sien dat dit nie ook met SA gaan gebeur nie. Soos dit vir my lyk is dit slegs n kwessie van tyd. Iewers het ek n voeltjie hoor fluit van beurtkrag vanaf Oktober 2019!

Nel ·

Ek wonder nogal hoe hulle wil betaal dit te midde van die chaos wat op die oomblik daar heers oor die terugkeer na die ou Zim dollar wat nou bekendstaan as die RTGS (Real-time gross settlement) dollar?

Kiewiet ·

Dis baie snaaks. Want Zimbanwe sit met al die grond wat hulle van die Wit Boere gevat het. Maar hulle het nie KRAG nie ook nie KOS / PETROL / WERK of GELD nie. Hoop die mense wat die ANC die EFF en die BLF ondersteun sien wat is SA se voorland.

PJC ·

Ek wonder of die ANC gaan probeer om tot hul maatjies se redding te kom. Sommige van hulle dink mos as jou geld op is druk jy net nog.

Johan ·

More and more they are coming to South Africa – the African land of milk and honey – less and less food produced in Zimbabwe – whereto if our commercial farmers are going to be chased of their land – maybe Africa will then turn to Antartica?

Gemaskerder Sopbeen ·

Electricity is for free….it’s a Western concept that we don’t need. Why must we pay for electricity? Can you see electricity? Can you eat electricity? It’s made from the coal of the earth and the water from the earth…..it’s God’s planet, why should we pay for something that God gave to us? Hahahahahahahahahahaaaaaaa………………..Mens kan nie help om Afrika jammer te kry nie….

Tiger ·

Krag voorsiening aan buurlande wat Eskom geld skuld moet summier onderbreek word.Die kragtorings en drade moet vir so 5 km geplunder word naby hul grense en nie weer herstel kan word voor alle skuld vereffen is nie.Geen wonder Eskom is so diep in die modder nie!Hulle deel krag VERNIET uit links en regs en ONS moet opdok daarvoor en ONS moet beurtkrag deurmaak!Hier MOET ‘n stok voor getseek word. Wie is saam met my?

humor ·

So eskaleer dit. Van lankal af dok die belastingbetaler hier in SA op sodat ZIM krag kan he. Op die langduur of selfs nou het hul krag gratis uit die sak van SA belastingbetaler gekry, want dit is net eenvoudig onmoontlik dat daardie bankrot land sy rekening kan vereffen.

Martin ·

Zim het sederd die laaste 5 jaar van Mugabe se bewind af geen geld meer nie. EN nog n ding PG is seker due grootste sondebok in staats departmente se huidege posisie met die BEEEE wette wat hy destyds by hulle geinplementeer het.

Johanna Botha ·

Dag dit gaan so goed omdat hulle al die grond nou het …kan nie eers hulle krag nou betaal nie …mislukte staat ! ! Hier gaan dit al amper so sleg saa eskom denel nowm maar op …en almal loop nog vrylik rond of niks verkeerd is nie ! ?

KP ·

Hulle kan nie eers Soweto se meer as R18 Miljard wat jaarliks met meer as n Miljard vermeerder invorder nie, wat nog te se van Zimbabwe. Donkerte ons voorland in donker Afrika.

Adam ·

Onmoontlik om te glo dat ons onnosel regering nie besef dat Eskom ‘n besigheid is wat volgens normale besigheidsbeginsels bestuur behoort te word nie.

Elna ·

Dis hoekom ons Sa’ners so deur ons nekke betaal vir krag?sodat ander lande en Soweto verniet krag kan kry! Ek dink nie dis regverdig teenoor ons nie! Wat gaan hieraan gedoen word? Seker weer niks. Eskom maak oop julle oe en sny die buurland se krag af as ook Soweto se krag nes julle met ons doen wat nie betaal nie so eenvoudig soos dit!! Die ANC moet verantwoordelik gehou word hiervoor.

Leon ·

Wat Zimbabwe skuld is eintlik maar ‘n drupel in die emmer. Soweto se skuld aan Eskom is al meer as R15 Biljoen.
Last year it was reported that Soweto, a part of the City of Johannesburg Metropolitan Municipality, owed Eskom a whopping R15 billion.

Poepies ·

Smaak my die SA belasting betaler onderhou die hele Suider Afrika

Ian ·

People get as selfsefiecient as possible. Be it solar, gensets, gas or candles etc. Get off the grid as best as possible. Laat die groep betaalende mense kleiner en kleiner word. Laat hulle uiteindelik net nie betaalende klieente he. Its getting time that the taxpaying ,lawabiding citizens stop supporting this demonic , corrupt, incompetent monster.

Drip ·

Geen wonder die handjie vol betalers betaal deur hulle tannie vir krag nie. Moet mos die hele donker Afrika dra.

Martiens ·

Kan iemand help? Zim skuld 40 miljoen, Soweto 18 miljard (billion). Zimbabwe se krag word afgesny weens die skuld, maar Soweto maak net meer skuld?

Martiens ·

OK… $40 miljoen! R563,444,000-00 is Zim se skuld aan Eskom.
Soweto 18 ‘Billion’ Rand is $1,277,856,000-00. M.a.w. Zim se $40,000,000-00 is nog steeds meer. Genade… nou is ek deurmekaar!

George in Bloem ·

As ek of jy nie ons krag betaal nie word dit afgesny. So eenvoudig soos dit. Maar nou ja,ander ouens wat nie betaal nie het dan nou eers bietjie “discussions”? Rerig? What’s to discuss?

Boy van die Suburbs ·

Presies! En, van vandag af betaal ons alweer 15% meer op ons Munisipale Rekeninge, om ander se Free Electricity te finansier!

marous ·

Blykbaar wou die koeriers nie die geld laai nie , want dis nog nat .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.