Eskom onttrek tydelik dienste in Soweto

Argieffoto: GCIS

Eskom het Donderdag gesê hy het tydelik sy dienste in Orlando-Oos in Soweto onttrek ná gewelddadige aanvalle en skade aan Eskom-voertuie. Dienste sal hervat sodra die kragvoorsiener meen dit is veilig vir sy personeellede om in die gebied te werk.

“Ons werknemers was besig met ontkoppelings vir niebetaling in die gebied toe lede van die gemeenskap hulle op gewelddadige wyse aangeval het,” het Daphne Mokwena, senior bestuurder vir kliëntediens in Gauteng, in ʼn verklaring gesê. “Hulle het ook ons voertuie beskadig. Die veiligheid van Eskom-personeellede bly ʼn groot kommer in hierdie stadium en die saak is by die polisie aangemeld vir verdere ondersoek.”

Eskom moedig kliënte aan om te betaal vir hul elektrisiteitsverbruik sodat hulle dienste nie afgeskakel word nie.

“Ons veroordeel die gewelddadige gedrag en moedig gemeenskappe aan om met Eskom en hul onderskeie raadslede saam te werk sodat elektrisiteitsverwante probleme op ʼn ordelike wyse in Gauteng hanteer kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan ·

Ja en vir my kos dit nou amper R6000 per maand dan het ek nog geen elektrisiteit op my plaas gebruik nie. Die geld is slegs vir “dienste ” deur Eskom gelewer.

Tanja ·

Eskom moet net eenvoudig koopkrag by elke huis installeer. Dan kan hulle self koes koop hulle drank of koop hulle krag.

Kobus ·

Dít is al probeer op plekke. Die inwoners “by-pass” eenvoudig die meters en gebruik onwettiglik die Eskom-krag.

Andries ·

By ons “informele” HOP huise is die elektriese meters geinstaleer en met ‘n koers van87% word die meters net omseil. Maar laat mense in die dorp net R500-00 agterstallig raak, word dit summier afgeskakel.

Vicki ·

Dis verregaande. Eskom moet sommer die krag net summier afsit van gebiede waar ontwettige koppelings is.

Sobymykoolkop ·

Ag siestog, eskom MOEDIG hulle aan om te betaal, myne word summier afgeskakel.

absoluutgatvol ·

Mooi so – weier betaling, val die diens aan en sit in die donker maats!!

Saartjievandiebosveld ·

Dan gaan hulle seker die Hele Eskom af brand. ..sou Eskom die krag afsit….Afrika kultuur
Die rates en taxes is die helfte van my rekening.
Ons kry niks mahala nie

Amanda ·

Ag betaal maaar net. Ons sal maar die onwettige koppelings los tot julle besluit om te betaal!!! Hoe verregaande is dit? Ek het n ou GROEN briefie in my posbus gekry omdat ek R139.00 te MIN betaal het. Ons land is voorwaar n sirkus.

Kokerboom ·

Stuur rekening vir ANC Eskom..hul het kultuur van geen betaling geskep

anko ·

Betaal krag en betaal water meters dan MOET hulle betaal. Uitleg gaan ‘n paar rand kos, maar gaan meer spaar op die lang duur. Sny krag totdat rekening betaal is, myne werk so. Geen of laat betaling en jy sit in die donker. Dit geld vir ons pensioentrekkers, so dit kan vir hulle “koppel-krag” gebruik ook werk. Wat reg is vir die een moet reg wees vir die ander. Dis mos hoe demokrasie veronderstel is om te werk, dan nie.

ronel ·

En steeds het ons 6 ure “load reduction” elke 36 ure, ten spyte van die feit dat dit onwettig is om load reduction te doen, ten spyte van die feit dat ons op n prepaid meter is, ten spyte van die feit dat ons rekeninge altyd op datum is, So die mense wat wel betaal word gestraf vir Eskom se onbekwaamde (wan) bestuur!!

Kobus ·

Ongelukkig laat onwettige kragverbruikers hulle nie afskrik deur betaal-meters nie. Hulle omseil bloot die meters en gaan voort met onwettige gebruik.

akkedismis ·

Eskom doen hul bes, maar hul diens kan NOOIT GRATIS wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.