Eskom oor afsondering: ‘Ons is voorbereid’

(Argieffoto)

Terwyl Suid-Afrikaners hulle staal vir die 21 dae lange afsondering wat Donderdag om middernag weens die vinnige verspreiding van Covid-19 in werking tree, het Eskom Woensdag die versekering gegee dat hy gereed is om die ligte in dié tyd aan te hou.

Miljoene Suid-Afrikaners gaan in dié tyd moet tuis bly en van daar werk of net die tyd verwyl, en beurtkrag kan selfs groter ontwrigting veroorsaak.

Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder, sê die maatskappy voorsien in dié stadium nie enige onderbreking in die opwekking en voorsiening van elektrisiteit nie.

Mantshantsha sê Eskom is ʼn noodsaaklike diensverskaffer en het spesiale permitte om tydens die afsonderingsperiode voort te gaan met sy bedrywighede.

Dieselfde geld Eskom se verskaffers en diegene wat dienste aan hom moet lewer.

Volgens hom is werkers by steenkoolmyne ook noodsaaklike diensverskaffers en sal hul bedrywighede soos gewoonlik voortgaan. Eskom sal die nodige permitte uitreik aan diegene wat hom in dié tyd help om ʼn ononderbroke diens te lewer.

Suid-Afrika het byna twee weke laas beurtkrag gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter J ·

Volgens die finansieĕle verslae van Eskom is ek baie skepties oor hoe gereed hulle is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.