Eskom-ooreenkoms sal meer as 60 000 poste skep

Argieffoto: GCIS

Meer as 60 000 poste sal na verwagting geskep word tydens 27 hernubare-energieprojekte onder die program vir Onafhanklike Kragprodusente (IPP), ter waarde van ongeveer R56 miljard.

Aldus ʼn verklaring wat namens Workforce Staffing uitgereik is, het Jeff Radebe, minister van energie, gesê die 27 projekte onder die IPP-program sal tot 61 600 poste lei, grootliks tydens konstruksie. Dit sluit nuwe wind- en sonkragplase in Mpumalanga in.

Minister Radebe het in April die ooreenkoms namens Eskom met IPP onderteken.

Sean Momberg, besturende direkteur van Workforce Staffing, het gesê IPP-projekte kan ʼn paar jaar duur voor dit afgehandel is. Sodra ʼn kontrakteur aangestel word, is dié kontrakteur verantwoordelik om personeel en verskaffers aan te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Wonder ·

Het Eskom nie alreeds te veel werkers nie.
Hulle wou nou die dag werkers aflê as gevolg van te veel?

JSO ·

@Wonder – Die poste gaan nie by ESKOM wees nie! Ek “wonder” of jy verstaan as jy berigte lees? Woordeboeke is aanlyn ook beskikbaar, begin sommer by “onafhanklik”.

John ·

Hoe meer siele hoe meer vreugde… Hoekom so min poste skep… doen voort en betaal behoorlike salarisse en bonusse en belowe… belowe… ons wil graag dke grootste sirkus van alle tye op die been hou. Onthou tog om aanstaande jaar weer te staak en wat van nog kragonderbrekings… ons wag angstig… Eskom is ‘n ware staatmaker vir volk en vaderland.

J B ·

Ek hoop dat hierdie entiteit onafhanklik van Eskom sal funksioneer, en dat dit as ‘n private instansie met aandeelhouers ens bestuur sal word , om ‘n 2de fiasko te verhoed.

JSO ·

@JB – ONAFHANKLIKE kragprodusente – “(IPP) INDEPENDENT power producers”. Verstaan?

Groenie ·

Moenie vergeet dat daar beslis aan BBBB-EEEE vereistes voldoen sal moet word, wat moontlik toekomstige beleggers sal afskrik.

Jaco ·

Waarvoor al die nuwe krag?? Gaan medupi en kusile kragstasies nou wit olifante word…nie eens te praat van ons ekonomie wat aan die krimp is nie….dis seker vir al die gratis gebruikers.

Adrian ·

Aa eskom het te veel werkers plaas daai lot in die nuwe vakatures so daar is geen xtra poste nie …. laat val die pryse

Derick ·

Regtig?! ……. en hoeveel van daai R56 miljard gaan so verduister word dat daar slegs 60 werksgeleenthede geskep word pleks van 6000. Ag Eishkom julle is lagwekkend!

Waar ·

Ongelukkig wat gaan gebeur. Kan daai prys met 4 maal of projek gaan vou. Gaan ook tenders aan sekere groepe toeken. Vir n kort ruk loop en dan faal goed of strukture en materiaal is nie volgens spesifikasies nie.

Willem ·

Die positiewe is, as hulle nog 10 Milj in diens kan neem is ons probleme van misdaad opgelos.

Oom Piet ·

Workforce Staffing of watookal Labour Brokers kan en moet geheel en al verbied word in RSA en middelman platslanend duur hoogs beboet word, per staff/werker ge-identifiseer, met gepaardgaande beslaglegging van bates om die boete/s, uitgawes en kostes plus, plus te dek uit ope balju opveiling daarvan. bv. 100 x die verskil wat klient betaal het en wat werker/s ontvang het, x 4 vir nie-burgers ge-identifiseer. Dwing so permanente indiensneming met byvoordele deur labour brokers met reguleerde bv. 12% maksimum Bruto wins af.

Gatvol ·

Rerrig Eskom?

Dink julle ons is onder n klip uitgbroei?

Daars geen “nuwe projekte”
Daars geen “jobs”
Daars wél nog another
CORRUPTION scam!

Fools Paradise ·

61 600 nuwe monde op die Soustrein!!! Gee my Krag!!!

Kragsentraal ·

Nog n “skema”… seker n verskoning en rede hoekom hul krag dan weer gaan wil opstoot, die keer seker met 29%, hulle kan mos nie hul miljoene se bonusse verloor nie.

Petro ·

Derick ek lees 60 000 poste!
In elk geval kan Eskom nie bonussse en salris verhoging gee….daar is glo nie geld! Maar daar sit duisend admin beamptes in kantore wat nie genoeg werk het om hulle besig te hou. Dit kan Eskom loon om te kyk wat doen admin personeel regtig heeldag!!

Judge Dredd ·

Eskom unies sal staak en se dis ‘n bedreiging vir hul lede.

Eish ·

Wie is die maatskappye betrokke wat groot hier belê?
Die van Patrice Motsepe en Cyril R wat tans deur sy broer bestuur word. Die minister in beheer?
Jeff Radebe.
Die verbintenis?
Cyril en Jeff getroud met susters van Motsepe.
Eish!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.