Eskom pas fase 3-beurtkrag toe

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Dinsdag gesê fase 3-beurtkrag sal van 18:00 tot 22:00 toegepas word.

“Eskom skuif om 18:00 van fase 2- na fase 3-beurtkrag,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. “Dit is weens ʼn gebrek aan opwekkingskrag, aangesien bykomende eenhede van die netwerk afgehaal moes word weens onbeplande instandhoudingswerk weens tegniese foute.”

Fase 3-beurtkrag beteken dat die stelsel kwesbaar is weens ʼn gebrek aan elektrisiteit en Eskom moet nagenoeg 4 000 MW spaar om te verhoed dat die hele stelsel ineenstort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

CHRISTA ·

Hulle doen instandhouding dat dit by hulle ORE UITKOM!!! Weet hulle ooit wat hulle doen?

Pierre Celliers ·

Ek het so’n spesmaas, totale ineenstorting is nie meer baie ver nie!
Nog niks, in hierdie land, wat van 1994 verkeerd gegaan het, het ooit herstel of verbeter nie!
Daarom hierdie afleiding.

Knersus D ·

Pierre jy is baie nader aan die ware toedrag van sake as wat ons wil weet. Die volgende wat gaan ineenstort is ons water voorsiening.

Asjas ·

Net voor beurtkrag gister het al die straat ligte helder oordag gebrand in die dorp. Duidelik praat Eskom met die verkeerde mense. Weens dit en weens dat wat tot gevolg gehad het … klink soos leuns.

Francois ·

Hulle is besig om ons sag te maak vir ‘n totale ineenstorting. Onthou hulle het so 2 weke terug kwansuis ‘n “oefening” gehad vir “ingeval” dit so gebeur….ek skat so teen volgende week kan ons almal tuis bly vir so 2 weke, want niks gaan werk nie. Geen krag, geen geld, geen water, geen petrol, geen werk, geen sekuriteit. So sal jy ook niks kan koop, want al die winkels sal geplunder wees.

jacques ·

Mugabe was mos nou hier gewees meskien het hy gevra vir meer krag in sy land?

Hendrik ·

Voor enige Eskom tariefverhoging kom daar gewoonlik ‘n beurtkrag krisis. … Hulle het nie ordentlik onderhoud gedoen en bestuur nie. Dit is die situasie. Nou om uit hierdie situasie te kom is baie moeilik. Nee ek dink hulle is regtig in die moelikheid. Die enigste manier om dit te red is beurtkrag. Dit gee tyd om onderhoud te doen. Ongelukkig is daar geen lojaliteit van die SA burger om enige iets te doen wat die regeerder vra om te doen nie. As jy iets wil doen vir jouself en keer dat die hele netwerk nie val nie., help krag bespaar. As die netwerk val het ons groooot bollie. Ek kan in ons fabrieke sien dat Suid-Afrikaners is nie regtig ernstig besig om krag te spaar nie.

Blondie ·

Ek is keelvol vir mense wat se ‘as dit my nie raak nie, gee ek nie om nie’ of ‘ ek gee nie om nie want ek niks daaraan doen nie’. Ek se boikot die hele spul, dan sien ons waar hulle inkomste vandaan sal kom vir vet bonusse. Ons kan sonder hulle klaarkom met bietjie moeite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.