Eskom het Dinsdag gesê fase 3-beurtkrag sal van 18:00 tot 22:00 toegepas word.
“Eskom skuif om 18:00 van fase 2- na fase 3-beurtkrag,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. “Dit is weens ʼn gebrek aan opwekkingskrag, aangesien bykomende eenhede van die netwerk afgehaal moes word weens onbeplande instandhoudingswerk weens tegniese foute.”
Fase 3-beurtkrag beteken dat die stelsel kwesbaar is weens ʼn gebrek aan elektrisiteit en Eskom moet nagenoeg 4 000 MW spaar om te verhoed dat die hele stelsel ineenstort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Hulle doen instandhouding dat dit by hulle ORE UITKOM!!! Weet hulle ooit wat hulle doen?
Ek het so’n spesmaas, totale ineenstorting is nie meer baie ver nie!
Nog niks, in hierdie land, wat van 1994 verkeerd gegaan het, het ooit herstel of verbeter nie!
Daarom hierdie afleiding.
Net voor beurtkrag gister het al die straat ligte helder oordag gebrand in die dorp. Duidelik praat Eskom met die verkeerde mense. Weens dit en weens dat wat tot gevolg gehad het … klink soos leuns.
Hulle is besig om ons sag te maak vir ‘n totale ineenstorting. Onthou hulle het so 2 weke terug kwansuis ‘n “oefening” gehad vir “ingeval” dit so gebeur….ek skat so teen volgende week kan ons almal tuis bly vir so 2 weke, want niks gaan werk nie. Geen krag, geen geld, geen water, geen petrol, geen werk, geen sekuriteit. So sal jy ook niks kan koop, want al die winkels sal geplunder wees.
Mugabe was mos nou hier gewees meskien het hy gevra vir meer krag in sy land?