Eskom-pensioenfonds erken skuld in Molefe-saga

Brian Molefe

Die Eskom-pensioenfonds (EPPF) het gister tydens die aanhoor van Solidariteit se aansoek teen Brian Molefe aan ʼn volbank regters erken dat hy eenvoudig ʼn rubberstempel was vir Eskom se pensioentoekenning van bykans R30 miljoen aan Molefe.

“Die EPPF se regspan moes eenvoudig toegee dat die fonds die toekenning klakkeloos aanvaar het sonder om die korrektheid daarvan aan sy reëls te toets,” het Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, gesê.

Volgens Reyneke sal Solidariteit regstappe teen die fonds ernstig oorweeg. “Ons regspan het reeds instruksies om die fonds se versuim om sy plig na te kom, sowel as sy aandeel in die Molefe-aangeleentheid te ondersoek met die doel om regsaksie te neem,” het Reyneke gesê

Intussen wil die fonds Solidariteit se trustee op die pensioenfonds dissiplinêr aankla omdat hy na bewering dokumente blootgelê het wat duidelik wys dat die fonds deeglik deur sy regspan gemaan is dat die toekenning aan Molefe nie korrek is nie.

“Dit is ondenkbaar dat die fonds ʼn persoon wat sy fidusiêre plig wil nakom om die fonds en die belange van die werkers wat daaraan behoort te beskerm, nou na bewering aangekla en verdag gemaak word. Sy optrede om die fonds se nalatige hantering van die saak bloot te lê in weerwil van regsadvies om dit nie te doen nie, moet eerder beloon en geloof word as om ʼn heksejag van stapel te stuur,” het Reyneke gesê.
Solidariteit sal ook hierdie stappe van die EPPF beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Tokkie Bodenstein ·

Wanneer gaan Maroela media die groot belegginsmaatskappy soos investec vra wat hulle gaan doen of gedoen het, met hul aandele in Naspers en Multichoice. Soos sake nou staan is almal wat n belegging het deel vannie staatskapping

PJC ·

Mooi. Nou gaan die poppe begin dans. Ek hoop solidariteit kan die fluitjieblaser beskerm en sommer die wat teen hom wil optree ook in die hof kry vir hulle onregmatige optrede. Duidelik raak dinge nou ongemaklik vir die “kolonel”.

Darius Els ·

Maak die skuldige ampteNARRE terugbetaal vir die krimineel wat nou ryk is,se geld

DJ ·

Darius. Ek stem saam. Te veel geld word onregmatig gevat en die skuldiges hulle kom weg daarmee. Die geld moet terugbetaal word aan die Fonds en elke een wat Skuldig is moet geld terugbetaal. Dis immers die Pensionarisse se geld.

marlene ·

Wanneer die kolonel beginne huil, is Suid Afrika se droogte op ‘n einde.

Hansie slim ·

Ek kan nie glo ‘n basiese reël dat pensioen nie betaalbaar is aan kontrakteurs nie, geïgnoreer was nie. Eskom maak gebruik van duisende kontrakteurs maar hulle kry geen pensioen nie. In elk geval, hoeveel was sy pensioen bydrae vir watter tyd.
Die persoon wat die betaling gemagtig het móét waai, by Eskom en die pensioenfonds.
Een van die dae is die pensioen soos die Spories se fonds…
Dan moet Mnr M Koko ook sit. Hy is die swakste van die treurigste….

Eish ·

Ek het nie meer woorde vir die skandes van die helhool nie. Ek voel soos n heesgeskreede ondersteuner toe bokrugby nog rugby was.
Dis asof die betrokkenes geen skaamte het nie. Mag die goeie tog oorwinning smaak.
Psalm 37 gee mens sommer weer moed.

John ·

Hoeveel snesies word jaarliks deur die ANC aangekoop vir al die verontregtes wat so knaend die pad na die banktoe afhuil? Dit moet ‘n aardige bedraggie beloop… en/of is vriende van vriende ook straks die eienaars van die yslike snesie-fabriek reg langs Saxonworld se groot sirkus-arena…

John ·

?… en hoeveel gaan die befaamde kolonel se pensioen nou beloop na 2 weke permanent in ons magtige leermag, sou hy weer die pad moet vat? Dit sal astronomies moet wees… Dalk net gaan hy dan tot die SAL of Sassa se redding kom voor hy weer banktoe sal moet draf… g’n wonder die sweet tap hom af nie…

Cor ·

John dit is nie sweet nie maar krokodiltrane wat jy ontwikkel as jy teveel by die Saxonworld shebeen kuier. Miskienmoet hulle hom nou anc president maak vir n paar maande sodat hy ook uit hulle koffers(staat) n pensioen kan kry. Vinnige ryk word skemas werk vir die anc.

Louis Botha ·

Die tyd het dalk ryp geword dat ampsdraers en politici in hulle persoonlike hoedanighede aanspreeklik gehou moet word as hierdie soort vergrype gepleeg word.
Dit sal baie vinnig hierdie soort korropte optrede in die kiem smoor.

dries ·

Komaan mense sluit aan by SOLIDARITEIT !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.