Eskom probeer uit bedrieglike brandstofkontrak loskom

(Argieffoto: ANA)

Eskom doen stappe om hom uit ʼn onregmatige kontrak vir die verskaffing van brandstofolie te wikkel.

Die kontrak is in Desember met Econ Oil & Energy aangegaan en sou vir die volgende vyf jaar geld.

“’n Hersiening van die omstandighede wat aanleiding daartoe gegee het dat die kontrak aan dié maatskappy toegeken is, het egter op ernstige onreëlmatighede in die tenderproses gedui,” het Eskom Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Die verskaffer het onder meer die pryse vir die lewer van brandstofolie na bewering onbehoorlik opgestoot. Volgens die maatskappy se webwerf is Econ Oil & Energy ʼn “privaat maatskappy in die besit van swart vroue” wat in 2001 gestig is.

“Eskom het aan die verskaffer geskryf om hom in te lig oor die kragvoorsiener se voorneme om die kontrak deur ʼn regsproses te beëindig,” lui die verklaring.

Die kragreus sê ook hy hersien tans die rol van alle belanghebbendes in die toeken van tenders, waaronder die rol van sy eie werknemers. “Waar van toepassing, sal dissiplinêre prosesse gevolg en strafregtelike klagte ingedien word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Ja, maar hulle gaan darem nie te hard probeer nie. Die “connected ones” moet darem hul “ton vleis” kry, deesdae werk ons nie meer in “pond vleis” nie.

Fedup ·

ex com as well as any other state entity in this dark country is a disgrace to any country and society.

Johannes Andries ·

Dit is nou wat gebeur as jy black empowerment toelaat. Was seker eers shebeen queens gewees

Grassie ·

Ek wonder waarom word die name van Econ Oil se eienaresse nie bekend gemaak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.