Eskom-raad gaan voort met ‘suiwering’

Argieffoto: GCIS

LP’s het Woensdag gehoor dat raadslede by Eskom volstoom voortgaan met die suiweringsproses van dié kragreus met 239 sake van moontlike oortredings wat reeds deur fluitjieblasers aangemeld is.

Sindi Mabaso-Koyana, ʼn Eskom-raadslid, het aan die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê meer uitvoerende beamptes is geskors ná die vertrek van vyf senior bestuurders as gevolg van ernstige aantygings van wangedrag.

“ʼn Verdere vier beamptes bly geskors, twee sal in April tydens onafhanklike dissiplinêre verhore verskyn en die ander twee in Mei,” het Mabaso-Koyana gesê.

Uit die 239 gevalle wat ondersoek word, is 75 ondersoeke reeds voltooi. Ten minste 39 mense word reeds deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar.

Mabaso-Koyana het bygevoeg leefstyl-oudits is ook onderweg, nie net op uitvoerende vlak nie, maar ook twee stappe onder die uitvoerende vlak.

Eskom-werknemers wat sake doen met die entiteit word ook ondersoek aangesien dit teen maatskappybeleid is. “Dit was nog altyd beleid, maar is nie toegepas en gemonitor nie,” het Mabaso-Koyana gesê. “Nou skep ons bewusmaking hieroor.”

Sy het gesê 24 werknemers wat sake doen met Eskom is deur ʼn ouditproses geïdentifiseer. “Een werknemer het inderwaarheid ʼn R26 miljoen-kontrak vir homself beding.”

Sy het ook aangedui dat die proses om nuwe permanente top- uitvoerende beamptes aan te stel in volle swang is en het aan LP’s gesê Eskom sal teen einde April, hangende ministeriële goedkeuring, ʼn nuwe groepshoof hê en teen einde Mei ʼn nuwe finansiële hoof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ramaja ·

Ag dit word vandag gesuiwer en more weer besmet met KADERS . wys my een plek wat verbeter het nadat dit ‘vervang’ is met ‘beter’ mense .. dit gaan al hoe slegter . eers was dit Zuma se pelle, nou gaan dit Rama s’n wees.

skerwe ·

wens dit kan in munisipaleteite ook gebeur. rdp huise word gratis bewoon, niemand daar betaal water, dienste of koop krag nie. dorpkant moet alles betaal. geen wonder munisipalireiye skuld eskom en ander leweransiers miljoene rande nie. nee a. spul bangbroeke.

marous ·

Is daar iemand wat in ‘n staatsbeheerde bestuurposisie sit in die land , wat eerbaar is ? Waarom is daar geen drastiese gevolge vir diegene wat die land se ondergang deur bedrog en diefstal bewerkstellig het nie? In China sou mense die doodstraf kry en selfs in die weste sou sulke mense vir baie jare tronk toe gestuur word , maar in hierdie land word jy beloon vir jou skelmstreke deur miljoene te kry in pensioene en goue handdrukke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.