Eskom-raad steun De Ruyter ‘ten volle’

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. (Argieffoto)

Eskom se raad het sy volle steun aan André de Ruyter, uitvoerende hoof van die kragvoorsiener, toegesê.

De Ruyter word ondersoek vir beweerde rassisme nadat hy daarvan beskuldig is dat hy van swart verskaffers by Eskom probeer ontslae raak ten gunste van wit verskaffers.

Eskom het reeds ʼn ondersoek na die bewerings van stapel gestuur en die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) óók.

Prof. Malegapuru Makgoba, voorsitter van Eskom se raad, sê die raad weet De Ruyter en sy span het ʼn enorme taak op hande om Eskom om te keer.

“Ons steun André en sy uitvoerende komitee ten volle en is verheug om die eerste groen lote van vordering te sien.

“Dit is onvermydelik dat diegene wat weens swak prestasie blootgelê word, gegrief sal voel en in die versoeking kan kom om die rassekaart te speel om die aandag van hul gebrek aan lewering af te lei.

“Dit het nie en sal ook nie ʼn plek by Eskom hê nie,” sê Makgoba.

Makgoba sê indien enigiemand enige rede het om weens rassistiese of seksistiese gedrag te nagekom te voel, moet die kwessie deur die interne grieweprosedure geopper word. Dit sal verseker dat sulke bewerings behoorlik ondersoek word.

“Die raad is egter bekommerd dat ʼn neiging kop uitsteek waar ongegronde en onbenullige bewerings en beswaddering op openbare platforms gemaak word en die grieweproses omseil, wanneer prestasiebestuur toegepas word.”

Makgoba sê indien enigiemand bekommerd oor rassisme is, moet hulle daaroor praat.

“Die grieweprosedure is daar om jou te help en te beskerm. Moenie na die media of ander instellings hardloop nie.”

Makgoba sê die raad is eenparig en onomwonde gekant teen rassisme en seksisme en ten gunste van transformasie en indiensnemingsgelykheid. “Betekenisvolle transformasie is gewoonlik pynlik.”

Hy sê die raad besef groot operasionele en geldelike uitdagings staar Eskom weens die nalatenskap van staatskaping in die gesig. Die raad hou egter voet by stuk dat hy ʼn hoëprestasiekultuur verwag; ʼn plek waar middelmatigheid en onderprestasie nie geduld gaan word nie.

Hy sê die raad se opdrag aan De Ruyter was duidelik: Hy moet dié hoëprestasiekultuur vestig waar alle Eskom-werkers hul pligte getrou nakom en werk van die hoogste gehalte lewer. Versuim om dít te doen, sal lei tot tugstappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Daleen ·

DIS DIE BESTE NUUS IN JARE! Welgedaan Eskom se raad het duidelik die afgelope 26 jaar duur lesse gehad en hopenlik is DIT die bewys dat hulle daaruit geleer het

fs ·

Nou my genade, raak ek mos sommer nou opgewonde oor die toekoms vir Eskom….. lyk my mos nie die “powers that be” kom ook nou agter dinge gebeur net wanneer opgeleide, geskoolde en hard werkende mense in die regte poste gesit word – ONGEAG die velkleur!!! Uiteindelik het die ligte letterlik en figuurlik aangegaan… HALLELUJA!!!!.

Di ·

Ja alles gaan mos altyd oor RASSISME – Die enigste manier om Eskom uit die totale gemors uit te kry is om alle onbevoegde personeel en instansies wat nie die diens lewer waarvoor hulle miljoene betaal word nie, in die pad te steek. Probleem is hulle kan nou minder korrupsie pleeg en daarom kom hulle nou in opstand. EFF moet ook hulle neuse hier uit hou – dit het absoluut NIKS met hulle uit te waai nie – laat hulle gaan toi toi en moeilikheid maak op ander plekke.

PATRICIA ·

Amen. Dankie Liewe Here dat u ons gebede verhoor het. De Ruyter is net besig om te doen wat reg is.

Tino ·

Eks nou nie die raad nie maar ek staan ook met jou en die gemors sal maar los geskut word dat dit uit die hok kan val

Boerkind ·

Uitstekend en ‘n realistiese siening! Voluit vorentoe André!!

Blikkies ·

Nou moet hulle nog net van die oortollige staf ontslae raak..

Fedup ·

Well, knock me out of my shoes with a plastic bag.
Makgobo just got me gobsmacked.
Never ever thought i will hear those words from uhm.
We will keep you by those statements.

Ian ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie. Dink jouself in parlement en alle staats en munisipaliteit volg die voorbeeld onverwyld met n Andre de ruyter in elk van die instellings……

Jaco ·

Ek weet nie wat de Ruyter nou juis verkeerd gedoen het nie, want hy sit maar net daar en doen heeltemal niks. Hy is basies net ‘n “window dresser”, wat ‘n beeld na buite moet skep dat daar darem nog hoë aanstellings in SA is waar net meriete tel en nie ras nie. In werklikheid is ander magte in die ANC egter in beheer van eskom. As de Ruyter soveel sou doen soos net ‘n klein opdrag gee dat teetyd vanaf 11uur na 10.30 vervroeg word, kan hy van rassisme aangekla word.

Cherokee ·

Jaco, al duim-af ek jou vir die soveelste keer, dink ek dit sal interessant wees om jou te ontmoet. Ek word ‘n rebel genoem, maar jy verdomp rebelleer teen omtrent alles wat hier gesê word! Al duim-af ek jou, doen ek dit met ‘n glimlag :-)

Aikie ·

Nou moet al die ander staatsinstansies die selfde doen. Kry iemand in beheer wat nie enige twak gaan vat nie en laat hulle gatte skop!
Nou meen ek nie dat daar ‘n WIT baas aangestel moet word nie, maar wel’ n BEVOEGDE persoon. Een wat al die eendjies in ‘n ry gaan kry en absoluut geen nonsens van onbevoegdes aanvaar nie. Dan kan hulle begin geld maak in plaas van om bakhand by die ANC gaan staan.

Samuel ·

Welgedaan aan die ESKOM raad en VIVA vir André de Ruyter.

Gert ·

Ek is bly die raad gooi hom nie vir die wolwe nie. Hou so aan ADR en draai Eskom om

Yvonne ·

Dankbaar iemand steun vir Andre in die enorme taak…doen so voort

Keith ·

Het in 2020 vir ñ periode van 4 maande sonder krag gesit by ñ fabriek in marlboro, het 43 verwysings nommers wat verskaf is deur die ” helpdesk ” sonder sukses. My elektrisiteit was binne 2 dae herstel nadat ek die VIP ingang by megawatt park geblokeer het met my vragmotors, en die SAP my in die vangwa geboender het. Geen respek vir jou Mr. De Ruyter en jou kronies!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.