Ben Ngubane, voorsitter van die Eskom-raad, het uit sy amp bedank.
“Dr. Ngubane het sy bedanking ingedien en ek het dit aanvaar,” het Lynne Browne, minister van openbare ondernemings, laat Maandagaand bevestig. “Ek wil dr. Ngubane bedank vir sy bydrae tot Eskom sedert die beurtkragdae in 2014/15 en ek wens hom alles van die beste toe vir die toekoms.”
Brown het Zethembe Khoza aangestel as tussentydse raadsvoorsitter “totdat ek nuwe aanstellings in die raad na die kabinet kan stuur vir goedkeuring”.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
Natuurlik raak dit nou biqi warm by Eskom en in elk geval het hy reeds meer as genoeg geskep vir n heerlike luukse aftrede!?
As jy skuldig voel, dan doen ʼn mense gewoondlik so iets…. maar gaan dit help?
HKGK, skuldig, Zupta, Die wiel draai.
Parlement toe met hom behoort darem seker ok so n R50milj geldjie te kry was mos grootbaas hoèr pos as molefe
Is Ben Ngubane ook ‘n lojalis.? Indien dit so is, dan het die vure nou té naby begin brand en kon hy nie meer die politieke hitte trotseer nie. Baie dankie aan die media. “KEEP UP THE PRESSURE”.