Eskom reeds miljarde kwyt weens afsondering

(Argieffoto: ANA)

Eskom het in ’n enkele maand sowat R2,5 miljard verloor weens ’n laer aanvraag na elektrisiteit gedurende die algehele landwye afsondering. Die kragvoorsiener voorspel wel minder beurtkrag vir die afsienbare toekoms.

“Ons het ’n afname van sowat R2,5 miljard se kontantgenerering vir April gesien. Die volledige finansiële impak moet egter nog vasgestel word,” het André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, Woensdag gedurende ’n virtuele vergadering met die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê.

Volgens De Ruyter is Eskom se instandhoudingsprogram ook gekniehalter weens die afsonderingstydperk aangesien ’n internasionale reisverbod buitelandse kenners verhoed om na Suid-Afrika te reis om die kragvoorsiener by te staan.

Geskeduleerde instandhoudingswerk aan die Koeberg-kernkragsentrale buite Melkbosstrand is weens dié rede vertraag aangesien Franse tegniese kundiges en amptenare van die Internasionale Energieagentskap in Wene, Oostenryk, nie na Kaapstad kan vlieg nie, het De Ruyter verduidelik.

Die Koeberg-kernkragsentrale. (Argieffoto)

Volgens De Ruyter is Eskom-ingenieurs wel in staat om aan die onderhoudsagterstand van die nutsbedryf te werk gedurende die afsonderingstydperk. Dit kan beteken dat die kragvoorsiener se buffer van beskikbare kapasiteit teen die einde van die jaar sowat 2 000 MW groter kan wees.

Die algehele toename in kapasiteit kan ongeveer 2 900 MW beloop as gevolg van die voortgesette laer vraag na elektrisiteit gedurende sekere kwartale. Dit kan die behoefte aan beurtkrag in die nabye toekoms aansienlik verminder, het De Ruyter verduidelik.

De Ruyter het gesê dat die voorspelling vir die totale aantal ure beurtkrag wat vir die volgende kwartaal benodig word, nou van 31 tot drie dae afgeneem het, omdat die agterstand in instandhouding minder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ElizeK ·

Nou hoekom word tegniese kundiges van “abroad” ingevoer om Eskom te help?? Ag hoe stupid kan ek nou wees. Dada!!!
Het vir n oomblik vergeet ons deskundiges het hierdie piesang land mos verlaat.

Riaan ·

Eers gewonder, toe besef en toe geglimlag.
Dis nou die PERFEKTE tyd vir hulle om al die instandhouding te doen, maar hoe wil jy nou meer al die BBEEE besluite byt toe tog.

marius ·

Kry maar vir julle ‘n groot sluk van die bitter beker wat julle self gebrou het . Wit besighede is totaal in die grond in en hul heerser hets pas verkondig dat dit so gehou gaan word .

Wondermaarnet ·

Nou weet eskom hoe swaar hulle gaan trek wanneer al meer mense van die grid afgaan of meer van solar gebruik gaan maak omdat hul kragtariewe aanhoudend styg. Hulle kla as mense te veel krag gebruik (al word dit ten duurste aangekoop) en hulle kla as mense nie krag gebruik nie. Wat wil hulle eintlik hê? Jan-publiek was genoeg uitgebuit en nou wil eskom kla.

Erica ·

My hart bloei nie vir julle nie. Besluit wat julle wil he. Eers gebruik ons te veel en word geload shedding. Nou dat daar nie baie gebruik word nie kla julle jul het n verlies. Maar julle kan ook nie instandhouding doen nie. Nee julle wil dit doen as die land dit die meeste nodig gaan he. Nee wat, gaan kla op n ander plek.

Anel ·

En nou wil hulle seker hê ons moet meer betaal om die kostes te dek van die maatskappye wat noodgedwonge nie mag werk nie. Dsnk die spul af wat nie op die oomblik ‘n bydrae lewer nie. Ons kan nie vir mense betaal wat sit en niks doen nie. Hier is klaar duisende mense wat hulle werk verloor het. Hoeveel donasies het die bestuur van Eskom uit hulle eie sakke al geskenk?

Willem ·

Praat met Ace en die kopdoek hulle het die inperkking gereel

Jaco ·

hierdie is mps nou n bewys dat Eskom se wit baas net ‘n window dresser is. hy is net daar om die indruk te skep dat meriete SONDER ras ook soms beloon word. maar eintlik doen hy niks. Eks seker daarvan as hy net vir sy tea girl opdrag gee dat teetyd skuif vanaf 11uur na 10.30, sal sy hom dadelik aankla van rassisme.

Scalla ·

Ek verstaan Eskom nie, hulle kla die verbruik het afgeneem en het n verlies, gebruik ons meer dan kan hul nie voorsien nie en is genoodsaak om loadshedding toe te pas?

Kiewiet ·

Wie is in beheer van Eskom? Sekerlik nie De Ruyter nie. Hy is en was nog altyd n goeie leier

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.