ESKOM-rekenings: R2,3 miljard agterstallig

kragdradeDie burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd oor die groeiende aantal uitstaande ESKOM-rekenings wat by plaaslike munisipaliteite regoor Suid-Afrika voorkom. Terwyl die land die afgelope week deur beurtkrag gekniehalter is, skuld Suid-Afrika se munisipaliteite dié elektrisiteitsverskaffer meer as R2.3 miljard. Volgens AfriForum dra die uitstaande skuld by tot druk op elektrisiteitverskaffing in die land.

Mpumalanga se munisipaliteite skuld al meer R800 miljoen, terwyl Vrystaatse munisipaliteite R570 miljoen skuld.

Volgens Tiaan Esterhuizen, hoof van AfriForum se gemeenskapstrukture, wil AfriForum weet wat munisipaliteite met die geld doen. “Belastingbetalers wat elke maand getrou hul rekenings betaal, het nie krag nie as gevolg van munisipaliteite se swak finansiële bestuur,” sê Esterhuizen.

“Die groeiende getal uitstaande rekenings kan verdere probleme inhou indien ESKOM besluit om die hoëvolume-elektrisiteit (sg. “bulk electricity”), wat aan dorpe verskaf word, af te sny. Indien die munisipaliteite nie hul rekenings vereffen nie, gaan ESKOM geen ander opsie hê as om die kragtoevoer af te sny nie.”

Volgens Esterhuizen moet munisipaliteite wat versuim om hul rekenings te betaal, se lisensies om krag te voorsien gekanselleer word. AfriForum meen dat die privatisering van elektrisiteitsbestuur onbekwame munisipaliteite sal uitskakel, wat probleme met elektrisiteitsvoorsiening die hoof sal bied. Die privatisering van elektrisiteitsvoorsiening kan ook invordering van skuld meer doeltreffend maak en meer akkurate rekenings aan verbruikers verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danielle ·

Tshwane munisipaliteit is een van dié wat swak bestuur word. Hoeveel rande is nou afgeskryf omdat PoP-mense nie hul rekeninge kan betaal nie, hulle word juis bevoordeel. As jy nie betaal nie, is dit doodeenvoudig, kan jy nie aanspraak maak op dienste nie.

JOHANNES BLOM ·

Ja en die rekeninge sal agter wees nie net deur swak bestuur nie, maar ook omdat die munisipaliteite die geld gebruik vir partytjies ens Ek weet van ‘n munisipaliteit waar die Finansiele Beampte gedreig was omdat hy nie geld beskikbaar wou stel vir partytjies nie.Die persoon is intussen weg by die munisipaliteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.