Eskom-resultate eers dán bekend

Argieffoto: GCIS

Eskom het Donderdag aangekondig die datum vir die bekendmaking van sy interim resultate is na volgende jaar uitgestel om voorsiening te maak vir die bepaling van die impak wat die laer as verwagte tariefverhoging, wat deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) toegestaan is, gehad het.

“Die interim resultate is tot vroeg volgende jaar uitgestel om Eskom die kans te gee om die impak van die 5,23% verhoging te hersien sowel as om vir die nuutaangestelde raadslede kans te gee om die finansiële state na te gaan,” lui ʼn verklaring van die kragreus.

Calib Cassim, waarnemende finansiële hoof, het gesê die resultate sal so gou as moontlik bekend gemaak word om effektiewe sakekontinuïteit te verseker.

Nersa het verlede week Eskom se versoek van ʼn 19,9% verhoging van die hand gewys en net 5,23% toegestaan. Dié nuwe tarief sal van toepassing wees in die 2018/19 finansiële jaar.

Volgens Nersa het die reguleerder probeer om ʼn balans te vind tussen die belange van die kragvervaardigers en dié van verbruikers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henk ·

Mis ek iets of is hier NOG ‘n Steinhoff oomblik? Waarom sal die interim verslag uitgestel word? Dit mos op die punt af, wat was jou inkomste en wat was jou uitgawes (bates en laste) vir die tydperk? Wat het volgende jaar se prysverhoging met dit wat vandag in die boeke aangaan uit te waai? Of moet die korrupte Zupta lakeie nou eers hulle bonusse en verskuilde winste aanpas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.