Eskom se aansoek vir verhoging geweier

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die nasionale energiereguleerder (Nersa) het Maandag Eskom se nuutste aansoek om ʼn tariefverhoging geweier.

Jacob Modise, voorsitter van Nersa, het gesê Eskom se aansoek om ʼn tariefverhoging van 25,3% is afgekeur, aangesien dit onvolledig was en nie aan verskeie wetgewing voldoen het nie. Modise het gesê die gebrek aan inligting en ʼn analise van die beskikbare inligting het tot die besluit gelei om nie die verhoging toe te staan nie.

Hy het ook verwys na die openbare verhore wat verlede week gehou is oor die aansoek. Hy het gesê tydens die verhore het burgerregte-organisasies, maatskappye, individue en ander belanghebbendes dit duidelik gemaak dat hoër elektrisiteitspryse sal lei tot werksverliese en dat talle besighede moontlik hul deure sal moet sluit.

Eskom se nuutste aansoek het die 12,69%-verhoging, wat reeds deur Nersa goedgekeur is vir 2015/16, ingesluit. Eskom het aansoek gedoen vir die selektiewe heropening van die derde veeljarige prysvasstelling (MYPD3) en wou dus ʼn bykomende verhoging hê om ʼn totale prysverhoging van 25,3% te kry. Modise het gesê Nersa laat egter nie ʼn selektiewe heropening van prysvasstelling toe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

anet ·

Baie dankie aan AfriForum,Solidariteit en almal wat vir ons saak baklei het. Ons is baie dankbaar. ESKOM laat my dink aan ‘n bloedsuier wat die laaste druppeltjie bloed sal uitsuig.

Dirk ·

Dit is vir ‘n slag goeie nuus. Lankal was dit hoog tyd dat voet neergesit word.

Francois ·

Al hoekom hulle nie die verhooging toegestaan het nie, was as gevolg van onvoldoende bewyse oor hoekom hulle dit MOET kry. NERSA het gese dat hulle WEER kan aansoek doen, maar nie wanneer nie…so julle dink almal nou yipeee… dit gaan nie gebeur nie…dink weer!

Peet Schabort ·

Dis nou ‘n ware Jacob van Nersa.
Wonder waar gaan Eishkom die geld leen ?
Seker by ons stamlande ?
Sien al hoe hulle bakhand staan . . .

Hansie ·

Waar gaan dit eindig? Waar is daar nie ‘n geld tekort nie.? Bykans alle plaaslike instansies is bankrot!! Gaan dit ooit regkom? Een van die dae is ons in die selfde bootjie as Griekeland. Skuus, daar is wat nie bankrot is nie..Zuma en sy pelle!!

Natasha ·

Ten spyte daarvan dat Eskom se verhoging afgekeer is kondig Prepaid 24 steeds ‘n tariefverhoging aan vanaf 1 Julie. Ons kan net nie wen nie….

Elsa Kleynhans ·

Wonder net of die bestuur van Eskom se reuse bonusse en salarisse afwaarts aangepas word in hierdie krisistye?

Charmaine ·

Hulle maak net seker hulle kry nog steeds hulle groot bonusse

scalla ·

Die aansoek is onvolledig, nie eens bevoeg om dit reg te doen nie, wat nog van bestuur en instandhouding , privatiseer die bankrot spul.

Conrad ·

Hoor nou net op die radio (RSG) dat die stadsraad tog een of ander prysverhoging vannag implimenteer. Kan iemand meer duidelikheid gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.