Eskom se besnoeiingsplanne verwelkom

Argieffoto: GCIS

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag Eskom se beplande personeelbesnoeiing verwelkom as ’n noodsaaklike stap in die regte rigting om dié kragreus se probleme op te los.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsdienste by AfriForum, sê die personeelvermindering is van kardinale belang, hoewel dit nie al Eskom se probleme gaan oplos nie.

“Eskom se salarisrekening en personeelgetalle is onbekostigbaar in die konteks van die veelbesproke planne om die onderneming om te keer en weer toegang tot finansiering te kry. Daar is egter nog baie probleme wat getakel moet word, soos korrupsie en die invordering van skuld by munisipaliteite, maar verbruikers kan nie aanhou om oortollige werkers te subsidieer nie.”

Eskom se personeel het oor die afgelope dekade met rofweg 50% van 32 600 tot 47 600 toegeneem. ʼn Wêreldbank-verslag het in 2016 getoon dat Eskom sy werkers heeltemal te veel betaal vergeleke met ander kragverskaffers in Afrika en dat sowat 66% van sy werkers boonop oortollig is.

Volgens Brink sal Afriforum die situasie fyn dophou om te sien of hierdie personeelvermindering wel in werking gestel word en ook hóé dit gedoen word.

“Daar is nie juis spesifieke aanduidings gegee oor hoe dit gedoen gaan word nie en die ANC-regering sal natuurlik nie so kort voor ’n verkiesing hul vakbondvriende té veel met massa-afleggings wil ontstel nie. Hopelik is dit nie net nóg ’n paaimiddel om die kredietgraderingsagentskappe en leners gerus te stel sonder om werklike veranderinge te maak nie.

“Daar sal beslis ook na die topbestuurstruktuur en hul vergoeding gekyk moet word, terwyl waardevolle ingenieurs en tegnici nie sonder meer afgedank moet word nie. Eskom moet darem steeds kan werk, en meriete en vaardighede moet die enigste maatstawwe in hierdie besnoeiingsproses wees,” meen Brink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

John ·

Hier kom ‘n ding! Dis mos alweer byna Meimaand en winter. Kry maar die gasbottels vol. Hierdie beurtkrag gaan die voriges na vulletjies laat lyk… die staak uit simpatie tipe.

piper ·

ek het gehoor die tee-dame kry R 15 000 per maand. kan dit waar wees.

Johan ·

Dit is moontlik ja. Sy moet vir baie meer mense tee maak as die gemiddelde tee dame.

@piper - ESKOM het nie "tee dames" nie. Skoonmaak dienste word uitgekontrakteer en elke werker maak sy eie tee. ·

@piper – ESKOM het nie “tee dames” nie. Skoonmaak dienste word uitgekontrakteer en elke werker maak sy eie tee.

Eskom werker ·

Nee dis nie waar nie. Daar is nie tee makers nie, wel skoonmakers op kontrak, nie eskom werkers nie. Skoonmakers verdien R3500 `n maand

snoefie ·

ek hoop diegene wat afgelê gaan word, is die inspekteurs wat vir betaking van R150, mense wys hoe om hulke voorafbetaalde kragpunte uit te brug.

Piet Pompies ·

…..vir ‘n bykomende R500 in kontant installeer die ESCOM tegnikus vir jou ‘n brug skakelaar wat jy vir die helfte van die maand kan aanskakel vir ‘n 50% besparing in jou kragverbruik….. die res van die personeel sit in hul kantore en speel rekenaar speletjies om die dag om te kry, die swanger dames wat in die tegniese departemente werk bly ook kantoor gebonde omdat hoogspanning elektisiteit negatiewe uitwerking op die bab kan hê….. dit is mos ‘n wen wen situasie….. ten koste van die verbruiker

juba ·

Ek is n Eskom tegnikus, my salaris is so pateties dat die teller by die bank vir my gese het haar salaris is beter as myne. Mag ek n tee dame pos kry seblief.

Eskom werker ·

Lekker om so te praat as jou werk nie op die spel is nie… En nee, daar is nie iets soos tee makers nie. Elke ou maak sy eie koffie of tee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.