Eskom sê betogings kan probleme skep

Khulu Phasiwe, Eskom se nasionale woordvoerder, het op Twitter foto’s gedeel van betogers wat voorwerpe brand en paaie afsper (14 Junie 2018). Foto: Twitter via @KhuluPhasiwe

Eskom het Donderdag gesê intimidasie van werkers en betogings by Eskom se kragsentrales en streekskantore kan Eskom se vermoë om die ligte aan te hou in gedrang bring.

Khulu Phasiwe, Eskom se nasionale woordvoerder, het op Twitter foto’s gedeel van betogers wat voorwerpe brand en paaie afsper. Op een foto kan ʼn kennisgewing gesien word waarin werkers gedreig word: Indien hulle durf werk, stel hulle hulself in gevaar. “Ons hoop Eskom sal julle selfs nauurs beskerm,” lui die dreigement.

“Daar word van julle verwag om deel te neem aan die stakingsoptog. Beskou hierdie woorde as ʼn waarskuwing!”

Intussen het die kragtoevoer by Eskom se Megawatt Park in Johannesburg Donderdagoggend “op geheimsinnige wyse” afgegaan, het Phasiwe op Twitter gesê.

Khulu Phasiwe, Eskom se nasionale woordvoerder, het op Twitter foto’s gedeel van betogers wat voorwerpe brand en paaie afsper (14 Junie 2018). Foto: Twitter via @KhuluPhasiwe

Lede van die vakbonde NUM en Numsa het Donderdagoggend in groot groepe buite Megawatt Park saamgedrom. Die werkers eis ʼn salarisverhoging, maar Eskom het reeds vroeër gesê die kragvoorsiener se benarde finansiële posisie laat hom nie toe om enige verhogings aan te bied nie.

NUM het op sy amptelike Twitter-profiel gesê ongeveer 3 000 werkers sal na verwagting aan die betoging deelneem. Die vakbond het ook beweer een van sy lede is met ʼn rubberkoeël geskiet tydens ʼn betoging by die Hendrina-kragstasie.

Phasiwe het Donderdagoggend Maroela Media se navrae na sy adjunk verwys. Dikatso Mothae, Eskom se adjunkwoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat daar betogings by die kragreus se kragsentrale en streekskantore aan die gang is, maar ʼn mediaverklaring hieroor sal binnekort uitgereik word.

Intussen sal die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) vanmiddag sy besluit bekendmaak oor Eskom se drie aansoeke betreffende ʼn regulatoriese aansuiweringsrekening (RCA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Mrs H ·

En Sasol is kort op hul hakke. Met wat voorspel hulle nou weer groei van 1.5%?

Anni ·

Want as die Weermag ingeroep word, erken die regering hulle het beheer oor die land verloor, wat hulle LAAAAAAAAANKAL het, hulle moet dit net erken, maar ons ken mos onse regerinkie…

Willie ·

Nee hulle sal nie die weermag inroep nie… Die ANC is so bang hulle verlor steun…

Alida ·

Hoekom hoor ons niks van CR nie. Hy en Cele is mos die mense wat nou moet ingryp en hierdie bollie stop. Daar is siek mense en ou mense daar buite. Genade dit is WINTER watter deel verstaan hulle nie. CR en Cele het seker goed toegeruste huise met kragopwekkers daarom gee hulle nie om nie.

Mich ·

Niemand keur die tipe van gedrag en optrede goed nie.
Maar dink jul net in…
Geen salarisverhoging hoegenaamd nie, dít terwyl die Direksie-lede “pocket” en al die pad bank toe lag. Dis ‘n resep vir ‘n ramp!

ANKE ·

My man werk al 26 jaar by Eskom en hulle bied geen verhoging of bonus aan nie.

Richard ·

Plaas hier ‘n lys van watter verhogings die afgelope 26 jaar toegestaan is. Ek dink talle mense hier sal snak na hul asems as hulle sien watter verhogings die afgelope dekade by Eskom gegee is…

Ellisras ·

Ek bly in Ellisras. Waar Matimba kragstasie is. Ek sien hoe Eskom mense 25 – 35% bo die mark gemiddelde betaal word. Hulle behoort vir ‘n paar jaar GEEN NIKS verhoging te kry nie.

Elle ·

As Eskom nie eens een persent salarisverhoging kon aanbied nie,is ons as verbruikers (ook) in Groter moeilikheid as wat ons dink!

Gatvol ·

Eksdom sit self agter die beplanning. Dis propaganda om almal op hol te jaag en te vrees die liggies gaan nie brand nie…….net dat almal sê verhoog asb die krag nog ‘n bietjie sodat ons liggies bly brand en die werkers hul verhoging kan kry.

Stem ·

Ek stem saam met gatvol – dis dieselfde soos die rolling blackouts in 2008/9. Na die krag met belaglike persentasies opgegaan het toe het Eskom skielik miraculously nie meer ‘n probleem nie.

Snowball ·

Dog dis net ek wat so sinies is – dit is presies die modus operandi om hierdie land gyselaar te hou en dit lyk net soos die tegniek van 2008/9.

Floors ·

Die Suidlanders / Siener aanbidders kry seker hartaanvalle met die krag wat geheimsinnig afgesny was by Eskom se HQ in Sunninghill.

Ook gatvol ·

Ons is nou al 3 maande op ‘n drie-dag werksweek.
Vorige jare was ons gelukkig indien ons ‘n verhoging gekry het, dan was dit ook ‘n skamele 2-5%. Ja ons lewe onder die broodlyn, maar ons het nog nie een asblik omgekeer, iets aan die brand gesteek of ander mense se lewens in gevaar gestel nie.

Dina ·

Wonder nou net?
Dink jou nou net in! Dit is my 6 de jaar wat die maatskappy nie verhoggings gee aan die salaris trekkers nie wat so +-40 wittes is die “wages” weekliks betaalde werkers kry elke jaar tussen 5-7% verhoging en durf ons “strike” of “betoog” wat word van ons? en so baie van ons gaan nie ander werk kry nie, en jy word summier af betaal. Daar is ook nie unies wat hier wil kan help nie want daar moet tenminse 50+ wees wat by hul aansluit daar is nie soveel nie, en die anders unies stel net in jou fondse elke maand belang verder tel jy nie.

Karolis ·

2de paragraaf, reël ses moet lees: “ons hoop Eskom sal julle….”

Tania Heyns ·

Dagsê Karolis

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Wonder ·

Ek wonder waarom mense berigte lees…om die skryf daarvan te kritiseer of om actually waardevolle kommentaar op die actual berig te lewer. Waarom is Suid-Afrikaners so krities?

Friedels ·

Dis winter. As dit is dat daar eenhede afgesit is / word, kan ons seker vinnig sonder krag sit. Kan Maroela Media asseblief vir ons die stemboodskap wat op Whatsapp die rondte doen bevestig of is dit weer vals nuus?

Freek ·

Moenie jou steur aan whatsapp boodskappies nie, ek vind dit baie verdag dat dit altyd dieselfde vrou en dieselfde man is wat dié goed kwytraak

koos1 ·

MM die woord “hoop: kort in julle 2de paragraaf 2de aanhaling.

Net gister het ESKOM hoog en lag geweer dat hulle “gebeurlikheidsplanne” in plek het.Hierdie is net weereens vir my ‘n aanduiding dat die HELE ESKOM bestuur voelling met hulle werkers verloor het. Die bestuur vreet die trog leeg, betaal miljoene aan onwettige pensioene uit, en dan moet die werkers dit sluk dat hulle nie ‘n verhoging kan kry nie, terwyl alles in prys opgaan? Nee dis nie reg nie. Ek keur nie hulle afdreigings goed nie, maar onthou een ding, die werkers gebruik dieselfde tegnieke wat hulle base gebruik het om ons tot by die nuwe SA te bring.

Tania Heyns ·

Dagsê koos1

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

christa ·

Eskom moet nie nou wonder hoekom die mense sulke groot verhogings verwag nie. Hulle het hulle bestuurspersoneel groot verhoging gee. Almal ook die laer besoldige personeel is geregtig op verhoging.

Gatvol ·

Mooi mooi mooi!!! Dit gaan aboluut goed in ons land. Ons SuidKus mense sit al vir weke sonder water en dit omdat die munisipaliteit pateties is. Nou wil Eskom ook met hulle twak begin!!! Dis duidelik dat hulle net dink aan hulleself en nie n flenter omgee oor hulle werk of ons as mens wat afhanklik is van krag nie. Dis hoekom die land van ons wat eens n pragtige land was maar wat nou n lelike land geword het en dit deur mense wat nie n flenter omgee behalwe net om te wil hè hè hè. Hulle laat my dink aan n MMI wat beteken Gimme gimme my name is Jimmy!!!! Ek het absoluut geen meer woorde vir hulle nie!!!!!!

Elize ·

Ek kry nie verhoging nie! Het laas in 2015 ‘n verhogingtjie gekry maar is dankbaar om ‘n werk te hê. Wat gaan aan met die wesens? Wens hulle wil begin dink en ophou met al die strooi wat aangevang word.

Lee ·

Ek stem saam met jou Elize. My dogter hulle het al vir 4 jaar nie verhoging gekry nie en sy sê die mense wat daar werk, swart en wit verstaan en hulle is dankbaar dat hulle tenminste werk het.

corne ·

Dit is hoe SA gaan lyk en nog erger laat ek raai wie gaan die skuld kry hierveer seker ook <1994

Hoc est bellum ·

Die vakbonde het CR beet waar dit seer kan maak. Hy kan nie nog ‘n Marikana ‘bekostig’ nie en hy en hulle weet dit. Dit gaan uitgebuit word tot en met 2019 se verkiesing. Elke eis gaan voortaan al hoe buitensporiger word.

Lisa ·

Jou land, mede ‘African’, is in die toestand wat dit is omdat JY verkies om ‘n regering te ondersteun wat jou paai met lee beloftes. Jou poging om gehoor te word, deur alles te verbrand en te breek, omdat jou salaris nie ‘n verhoging kry om by die BTW verhoging van 15% aan te pas, en die petrol van R15,84 p/l wat jou taxi fairs die hoogte in skiet – admireer ek…alhoewel, onthou net, my salaris het ook nie aangepas nie, en ek as ‘n ‘South-African’ het gekies om nie my kar aan die brand te steek nie (want dis nie my mooiste kar nie, dis my enigste kar) en het gekies om nie my kantoor te plunder nie (want ek sal afgedank word en dit gaan nie goed klink as ek dan moet aansoek doen vir ‘n nuwe werk en se “eish…ek het my kantoor afgebreek” nie). Dis maklik, mede ‘African’, hou op glo dat JOU mede ‘Africans’ enigsins jou belange op die hart dra – because the fat cats with fast cars – do not care about you!

Mrs H ·

En Sasol is kort op hul hakke. Met wat voorspel hulle nou weer groei van 1.5%?

Alida ·

Koos1 maak eers jou eie kommentaar reg voor jy MM uithaal. Wat is hoog en lag geweer?

Linda van Mosselbaai ·

Elke ou / instansie se optrede het ‘n gevolg.
Eskom het nie geld nie – nou wonder ek net die mense wat nou so betoog – kry hulle ook krag van onwettige aansluitings ? Het hulle munisipaliteit vir Eskom betaal?
As ek as verbruiker 1 maand nie my munisipale rekeninge betaal nie – word my krag gesny. Waarom dan vir maande/ jare munisipaliteite toelaat om sulke astronomiese rekeninge te laat oploop?
Jare gelede het munisipaliteite interne ouditeure gehad – het self vir ene gewerk in Pretoria – daar was omtrent alles nagegaan om te verseker dat dinge reg loop.
Die beheer van finansies sal baie dringend moet aandag kry.
Die groot vraag is – WAT HET GEWORD VAN DIE GELD WAT BETAAL IS VIR ELEKTRISITEIT AAN MUNISIPALITEITE – WAAROM IS DIT NIE OORBETAAL NIE? Is dit gebruik om die astronomiese salarisse te betaal van hoe poste /werk wat nooit gedoen word nie / ens

NOU MOET DIT STOP!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.