Eskom se finansiële hoof geskors

Anoj Singh. Foto: http://www.eskom.co.za/

Anoj Singh, Eskom se finansiële hoof, is geskors hangende ʼn dissiplinêre ondersoek ná bewerings dat hy voorkeurbehandeling aan bieërs vir steenkoolkontrakte gegee het.

Eskom het Vrydag in ʼn verklaring gesê Singh sal “ʼn regverdige dissiplinêre proses gegun word”. Singh is in Julie vanjaar op spesiale verlof geplaas te midde van toenemende bewerings van onbehoorlike finansiële aktiwiteite deur die kragvoorsiener met maatskappye wat met die Gupta-familie verbind word.

Gelekte e-posse beweer Singh het maatskappye wat deur die Gupta-familie en vriende van pres. Jacob Zuma beheer word, bevoordeel. Singh het na bewering oorsese reise van die Gupta-familie aanvaar nadat hy Eskom se omstrede kontrak met Tegeta Exploration onderteken het. Hy moes ook vrae beantwoord oor die betaling van honderde miljoene rand van Eskom na Trillian sonder enige duidelike voordeel.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het die spesiale ondersoek-eenheid (SOE) versoek om die bewerings te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eish ·

Die man wat gesê het hy voel glad nie sleg oor sy bonus van meer as R1m nie.
Mag die wiele van geregtigheid wat, o so stadig draai, goed geoilie loop oor die vergrype soos wat dit aan die man gebring word. Radical economic justice!

Ander Annie ·

Net maar nog ‘n pronkertjie van die Zuptas. Radical economic justice against corruption and fraud klink vir my na ‘n wenner.

Buitestander ·

Wat se redingsboei gaan vir Eskom uitgegooi word?
Gaan hulle ‘n 10/20 òf 30 persent verhoging kry?

WAT!!! NOU EERS??? ·

Ek kan nie glo dat hy NOU EERS geskors word nie. Meer as twee maande terug is daar al van sy bedrog berig.
Ek het myself gevra hoekom niemand mar niemand iets doen aan die Guptas wat die geld so gestell het nie.
Na ‘n tyd besef ek dat die persone wat iets moet doen self omgekoop is daarom doen nie die Valke of polisie iets nie. En die arme Ministers of Staatsamptenare wat die bedrog sien bly uit vrees vir hulle lewe of werk maar net stil.

thelsa ·

Anoj Singh is ook onder verdagte omstandighede weg by Transnet net na Brian Molefe se vertrek na Eskom. Die man met die beursie se sleutel moes toe al die tyd saam sodat Brian sy duiwelse planne kan maak werk. En ons het gedink dat die voormalige Apartheidsregering se skoolstelsel het hulle niks geleer nie.

Stormrider ·

Ek wonder of die media nie maar net daagliks moet rapporteer watter kaders is nie korrup of geskors nie. Dis alreeds ‘n korterige lys wat daagliks krimp, so dis makliker om by te bly met wat aangaan…

Hanna ·

Laat die Bate Beslagnemings Eenheid beslag Lê op al die korruptes se bates.
Dan hoef ons nie meer te betaal vir ekektrisiteit nie.

Jacques venter ·

nregverdige dissiplinêre proses né. Deur sy vriende?

anc ·

Kry die geld terug en sluit hom toe , vat al sy pension om elke sent plus rente terug te betaal

Chris Ws ·

Vergeet van ‘n disiplinere verhoor.Kla hom strafregtelik aan.

piper ·

is die skorsing ook nog met volle salaris tot die saak afgehandel word. ek wonder hoeveel mense sit by die huis met volle betaling terwyl ondersoeke aan die gang is. daardie mense moet geen betaling ontvang nie en as onskuldig bevind word kan n terubetaling gedoen word.

Johanna Botha ·

Wat n skande ……hoe het ons met sulke skelm mense opgeland wat alles vir almal vernietig en ergste is dat niks met hulle gebeur nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.