Anoj Singh, Eskom se finansiële hoof, is geskors hangende ʼn dissiplinêre ondersoek ná bewerings dat hy voorkeurbehandeling aan bieërs vir steenkoolkontrakte gegee het.
Eskom het Vrydag in ʼn verklaring gesê Singh sal “ʼn regverdige dissiplinêre proses gegun word”. Singh is in Julie vanjaar op spesiale verlof geplaas te midde van toenemende bewerings van onbehoorlike finansiële aktiwiteite deur die kragvoorsiener met maatskappye wat met die Gupta-familie verbind word.
Gelekte e-posse beweer Singh het maatskappye wat deur die Gupta-familie en vriende van pres. Jacob Zuma beheer word, bevoordeel. Singh het na bewering oorsese reise van die Gupta-familie aanvaar nadat hy Eskom se omstrede kontrak met Tegeta Exploration onderteken het. Hy moes ook vrae beantwoord oor die betaling van honderde miljoene rand van Eskom na Trillian sonder enige duidelike voordeel.
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het die spesiale ondersoek-eenheid (SOE) versoek om die bewerings te ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Die man wat gesê het hy voel glad nie sleg oor sy bonus van meer as R1m nie.
Mag die wiele van geregtigheid wat, o so stadig draai, goed geoilie loop oor die vergrype soos wat dit aan die man gebring word. Radical economic justice!
Briljante nuwe terminologie: RADICAL ECONOMIC JUSTICE!
Net maar nog ‘n pronkertjie van die Zuptas. Radical economic justice against corruption and fraud klink vir my na ‘n wenner.
Ek kan nie glo dat hy NOU EERS geskors word nie. Meer as twee maande terug is daar al van sy bedrog berig.
Ek het myself gevra hoekom niemand mar niemand iets doen aan die Guptas wat die geld so gestell het nie.
Na ‘n tyd besef ek dat die persone wat iets moet doen self omgekoop is daarom doen nie die Valke of polisie iets nie. En die arme Ministers of Staatsamptenare wat die bedrog sien bly uit vrees vir hulle lewe of werk maar net stil.
Anoj Singh is ook onder verdagte omstandighede weg by Transnet net na Brian Molefe se vertrek na Eskom. Die man met die beursie se sleutel moes toe al die tyd saam sodat Brian sy duiwelse planne kan maak werk. En ons het gedink dat die voormalige Apartheidsregering se skoolstelsel het hulle niks geleer nie.