Eskom se groenkragplanne gestuit

Argieffoto

Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa) en Transform RSA het Maandagaand ʼn dringende hofinterdik by die hooggeregshof in Pretoria bekom om Eskom te verhoed om kontrakte met 27 onafhanklike kragprodusente te sluit.

Eskom was van plan om vandag dié kontrakte vir hernubare energie te onderteken.

Numsa en Transform SA het hulle egter Maandagaand inderhaas tot die hof gewend om ʼn stokkie voor die nasionale kragvoorsiener se planne te steek.

“Die hof het bevind dat ons aansoek aan die kriteria van dringendheid voldoen en het daarom die interdik toegestaan. Verder is die minister van energie gedwing om te onderneem om nié die kontrakte te teken nie alvorens die saak tydens ʼn volledige verhoor in die hooggeregshof gefinaliseer is,” het Irvin Jim, Numsa se algemene sekretaris, in ʼn verklaring gesê.

“Dít is ʼn oorwinning vir Numsa. Transform RSA het hom by ons aangesluit in hierdie aansoek om die lewensbestaan van duisende werkers en hul families te beskerm.”

Numsa meen indien die kontrakte onderteken word, sal dit nadelig wees vir die werkersklas in Mpumalanga en die land as ʼn geheel.

“Die ondertekening van die kontrakte beteken Eskom sal minder steenkoolaangedrewe elektrisiteit benodig. Dit sal lei tot die sluiting van steenkoolkragstasies wat ʼn uitwerking op minstens 30 000 werkersklasfamilies sal hê wanneer werksgeleenthede gesny word.”

Die vakbond meen ook dat die ondertekening van die kontrak die prys van elektrisiteit aansienlik sal verhoog omdat “onafhanklike kragprodusente meer kos as steenkoolaangedrewe elektrisiteit”.

“Die ANC-regering wil duidelik hê die werkersklas en armes moet nog meer ly as wat hulle reeds doen,” het Jim gesê.

Die vakbond dring daarop aan om die geleentheid gegun te word om namens sy lede voorleggings aan die Nasionale Energiereguleerder, Eskom en die minister van energie oor die kontrakte te maak.

Die saak sal op 27 Maart in die hooggeregshof aangehoor word.

Eskom wou nie kommentaar oor die saak lewer nie en het African News Agency na die departement van energie verwys. Woordvoerders vir die departement was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rupert Ashford

Nooit gedink ek sal eendag met Numsa saamstem nie.

pieter

waar is julle nuwe president

wonder net

Maar as daar nog surplus elektrisiteit beskikbaar gestel word , kan prtyse mos dfaal en meer verkoop word om Eishkom weer likwied te kry?

Steve Booysen

Die REIPP projekte se tender is gemiddeld 86c/kWh, dis goedkoper as Medupi en Kusile se steenkool krag en beslis goedkoper as die kernkrag plan. Baie van die bestaande steenkoolkragstasie moet rondom 2024 gesluit word weens hul einde bereik is. Dit sal in elk geval lei to afskaling in werkgeleenthede. Son- en windkrag is die toekoms, julle kan dit nie keer nie. Dis net jammer dat tussen NUMSA en ESKOM se eie dom optrede, meeste beleggers in son en windkrag die land verlaat het en op ander plekke gaan bou het. Hierdie 27 projekte gaan nie lank staande bly indien fossiel… Lees meer »

Jaco

In vorige berigte is daar gese groen krag sal die prys van elektrisiteit af bring. Gaan dit nou duurder wees of goedkoper? Daar moet ook na impak op die omgewing gekyk word om die totale koste te bepaal. Dink nie groen energie onder die Eskom vaandel gaan noodwendig tot die werksverliese lei nie. Daar is nie genoeg groen krag om die land se behoeftes te voorsien nie