Eskom sê ‘hoë risiko’ vir beurtkrag hierdie week

(Argieffoto: Pixabay.com)

Eskom het Maandag gesê daar is ʼn hoë risiko vir beurtkrag vandeesweek met koue weerstoestande wat reg oor die land verwag word en wat gevolglik druk op die kragstelsel sal plaas.

Die kragvoorsiener het Maandag in ʼn verklaring gesê die kragstelsel sal veral oor die volgende drie dae onder hoë gebruik gebuk gaan en gebruikers gevra om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Dít volg maar ʼn week nadat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Eskom se winterplan wat oor die volgende vyf sal maande strek, bekend gemaak het. Dié plan beperk beurtkrag tot fase 1 in die komende wintermaande.

Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, het gesê hoewel dié plan voorsiening daarvoor maak dat Suid-Afrikaners slegs fase 1 tot moontlik geen beurtkrag kan beleef, elektrisiteit steeds spaarsamig gebruik moet word aangesien druk op die kragstelsel tot beurtkrag kan lei.

Hadebe het gesê dat die kragstelsel ook verlede week vir drie dae onder druk verkeer het, maar dat die kragvoorsiener daarin kon slaag om sonder beurtkrag klaar te kom. Hy het gesê die eerste paar dae in April het gewys dat die winterplan moontlik kan werk aangesien die ligte ten spyte van onweer en ʼn voorspelling van beurtkrag aangebly het.

“Ons kon dit deur hoë aanvraag saans maak sonder om baie diesel te gebruik,” het Hadebe gesê.

Hadebe is hoopvol aangesien twee eenhede by die Kriel- en Matla-kragstasie ook weer in diens gestel sal word en ʼn derde eenheid by Kusile aan die einde van die maand vir die eerste keer aan die netwerk gekoppel sal word.

Die kragvoorsiener het onderneem om verbruikers deurlopend op die hoogte van die situasie te hou. Hadebe het ʼn beroep op verbruikers gedoen om spaarsamig met krag om te gaan in die hoop om sodoende sowat 500 MW te bespaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Andreas ·

Dit help nie meer ons haal diep asem nie, dit help ook nie mens druk jou ore toe nie.

Lizelda ·

Hier, in Faerie Glen Pretoria is dit so aaklig, as dit nie “beurtkrag” is nie “trip” n switch en vat dit hulle 8 ure om dit reg te maak. ENIGE ou verskoning vd Stadsraad om ons krag af te sit. So toe ek hoor beloftes is gemaak dat slegs Fase 1 beurtkrag as dit MOET sal plaasvind toe wonder ek hoeveel keer gaan ons “switch nou weer trip”.

Irma ·

Twee weke gelede maak die minister ‘n aankondiging dat daar nou planne in plek is om beurtkrag te beperk en dat landburgers maksimim 29 dae van fase 1 beurtkrag tot einde Augustus kan verwag. Dit is nognie eers winter nie en eskom waarsku en dreig al klaar. Met ander woorde mens kan gladnie waarde heg aan al hul verbale diaree nie.

James ·

Is die geld en diesel nou weer klaar?? Sit maar dan nog 10% by….. of sit net af en hou op mens dreig. Daar is soveel geweld en ander probleme nou moet mens nog skarrel vir krag dreigemente.

Andreas ·

Hulle het gedink die somer gaan tot ten minste verkiesingsdag hou.

Gert van Wierdapark ·

Hadebe se beroep op gebruikers om spaarsamig krag te gebruik val ongelukkig op dowe ore van wanbetalers, kragdiewe ens. Die feit dat meer druk op die pap kragstelsel is, is hul probleem, of uit-daging soos dit geroep word!

IK ·

Gaan kyk ook by staatsinstellings waaronder ook munisipaliteite en polisie na die misbruik van verwarmers dag en nag aanmekaar. ‘n Bedompige warm lugdwelm heet jou welkom wanneer jy daar instap.

Naja Nivea ·

Nou kry Liewe Jesus die skuld. Seisoene verander presies soos eeue terug. Winter in SA is nog altyd dieselfde. Laas week se verklaring het mos dit in ag geneem. Lyk my hulle, Mnr Gordan inkluis glo hulself nie eens meer nie.

DeVill ·

Dit is nie “Liewe” Jesus wat die seisoene laat verander nie, dit is God die Vader…

Andreas ·

Kom ek vra so, kan hulle ons kwalik neem as ons grapjasse van hulle maak?

IK ·

Moenie bekommerd wees, ons is in goeie hande. Hierdie regering weet wat struggle beteken en het grondige kennis daarvan. So sal ons voortstruggle.

Alida ·

Ek mors nie krag nie maar verontrief nie myself nie. Ek betaal vir die diens. Sny al die onwettige verbindings met n skerp sker af en kry klaar.

Neels ·

Net verkede week het sy edele president CR gese eskom kon nie die hoe vraag na elektrisiteit hanteer nie, maar dit sal nou beter gaan . My vraag hier was as hulle dit nie eers in die somer kon hanteer nie wat sal gebeur in die winter. Nou daar het ons dit uit die perd se bek en dit is nog nie eers so koud nie.

Johanna Botha ·

Het Soweto al begin betaal of is dit nog meestal verniet ….wat van Alex waar almal brand en klippe gooi …betaal hulle of demand hulle net ?

Jerry ·

Verbruikers wat kan moet onafhanklik raak van hierdie ANC staatskragvoorsiener. Julle gaan aanhou om 26,000 botallige werkers (ANC kader revolusionere struktuur) se salarisse te betaal. Medupi kom ook nog met meer kaders en botallige kaders! Dit is die ANC se plan om ANC revolusionere strukture uit te brei en te verryk ten koste van verbruikers! Julle het die ANC se Eskom nie nodig nie, hulle het julle nodig. Skakel hulle ligte af!

Johanna Botha ·

Dalk moet Tshwane straatligte afsit wat lekker deur die dag brand ?

Nelia van Zyl ·

Groot maatskappye, regeringskantore – skakel af julle lugreëling. Straatligte af bedags. Dis nog lank nie winter nie. As julle nie die koeler weer kan hanteer nie , Eskom, hoe gaan julle die winter hanteer?

Bossie ·

Mense, staal julle. Hierdie oëverblindery gaan net ‘n rukkie hou. Die kragnetwerk kan nie anders as om in mekaar te tuimel nie. Gaan vergewis jul van die werklike gebeure rondom die kragsentrales. Moenie met jul broek op die enkels gevang word nie. Ek sê weer dit is nie volhoubaar nie. Berei maar voor…

Schalk ·

Realiteit oral brand substasies wonder wie ons die skuld moet gee wit rassiste swart rassiste on effektiewe onderhoud sabotasie.Wanneer word wet uitgevoer oor kwaadwillige eiendoms beskadiging privaat en staat.Waaraan is ESKOM bestuur skuldig vir afgelope 20 jaar.Praat toe.

fred ·

hulle het n manke kragstelsel laat ontstaan waarvan hulle nou nie meer in beheer is nie…

George in Bloem ·

Te danke aan die spul regering en Eskom narre gaan hierdie winter wat voorle geen grap wees nie…

John ·

Die grootste probleem van die ANC is dat al die kaders al ‘n kans gehad het om op Eskom se bestuur te dien … wie is in die land oor buiten Jan van R wat wel die werk kan doen. Soos BLF die witman die skuld gee vir die tifoon in Mosambiek, so wil Grodhan & Hadebe Edms Bpk nou die weer die skuld gee vir Eskom se streke. Dit is tyd dat die stukkende beursie waaruit die miljarde stroom toegestop word want Eskom gaan die land in die swart gat instoot… wat alle lig verswelg selfs diè uit liefie se duur dieseldampies.

Ra Amon Khan ·

.
.
Jammer vir Eskom….maar my geyser,swembadpomp en aircons gaan nie deur my Prepaid meter nie…ek betaal net vir die ligte….en water……

.
.

Gemaskerde Sopbeen ·

Gr 3 Eksamen Vraestel 2025: “Wat het Suid Afrika gebruik voor oop vure, lanterns, olie lampe, kerse en fakkels?” Antwoord: ELEKTRISITEIT!!!

emily ·

Waar is die geleende geld dan nou, Of het dit dalk gegaan vir bonuses.
Julle het geen benul wat julle doen nie, gee die leiding vir iemand wat weet wat om te Doen.

vra net ·

ek mag dalk verkeert klink mar hoe se hy krag moet spaar samig gebruik word as jy kla jo eenhede gekoop het en betaal het vi di doel wat jy als met di krag gaan maak mos.ek koop R300 se krag as voorbeeld en weet ekt bja goet om te trek.ek kan my R300 se krag gebruik soos ek wil mos.

Ja ·

JA JY KAN DIT GEBRUIK SOOS JY WIL . .maar as ESKOM dit afsny het jy en ek niks ..

Snowball ·

Eskom – nou ten volle getransformeer.
Die kragreus is onherroepelik, mankoliek verkruppel.
Geen leuens gaan hom weer aanmekaar las nie.
Viva ANC, Viva! Long live Corruption, long Live.

Stormrider ·

Een van die dae moet ons elkeen ‘n 5l kannetjie diesel skenk……
Moet ons 50ppm diesel of 500ppm diesel skenk?

Andre ·

Dit wys jou hoe min geen die regering om vir Suid Africa, hulle lieg tromp op met `n glimlag op hulle gesig en ons moet probeer uit help. Daar is groot moeilikheid wat voorle, die krag gaan op `n stadium af gesit word. Oorlog gaan volg en ons polisie en weermag het geen behoefte om ons te beskerm nie. Ek sien duisende mense dood voor die einde van die jaar.

Genoeg ·

Ja, so het ons almal die gerief van elektrisiteit geniet en nooit kon dink dat ons eendag met beurtkrag sal sukkel nie. Ons vooroiers het dit glad nie geken nie. Ons is vandag bevoorreg dat iemand slim genoeg was om sonkrag stelsels te ontwikkel. Ek woon die afgelope jaar 25km uit Mariental en het geen elektrisiteit hier nie. Het 2 klein sonstelseltjies wat my N$800.00 gekos het en wat lig verskaf en selfone laai. Het gas vir stoof en yskas en kos my glad nie ‘n arm en ‘n been per maand nie. Ook genoeg lampolie lampies vir lig en die heerlike geur van kleintyd hang saans in die huis. Het ook ‘n kragopwekker wat ek net in nood gebruik, want my hande makeer op 62jr nog niks en so was ek elke dag se wasgoedjies met die hand en ons het hemelse stilte en rustigheid. Ek sal heeltemal dom raak as ek weer met krag moet sukkel.

oud suidwester ·

Dis nie so maklik in die stede nie, jy moet deur 24 verkeersligte veg om by die werk te kom, so al werk jy hoe goed met jou krag by die huis .. die winkels het nie krag nie en ook nie verkeersligte nie .. dit is genoeg om my in ‘n ewige stress in te sit .. Lekker bly daar in Mariental .. ken julle wereld. ..

Nettie ·

@Alida, wat “Ouch” sê is dat ons voorafbetalende Eskom kliënte DUBBEL EN DWARS beroof word, want ONS HET REEDS BETAAL VIR ONS KRAG. Wat ons doen met die krag NA ons daarvoor betaal het en dit reeds op ons meters gelaai het, is ONS SAAK, want ONS HET REEDS DAARVOOR betaal, Sal jy nie ook vies wees as jy bv. ‘n stukkie sexy onderklere gekoop en BETAAL het en die winkel waar jy dit gekoop het, sê vir jou jy mag dit net Maandae, Woensdae en Sondae aantrek nie? Dis ‘n halfdosyn van die een en ses van die ander.

Buite Stander ·

Die geploeter kan nie so aangaan nie. Dank die hele raad en uitvoerende bestuur af en stel ‘n konsortium aan bestaande uit internasionale top bestuurders met uitgebreide ondervinding in die sektor om Eskom te bestuur.

Molly ·

Skakel net al die staatsdepartemente se kantoor ligte af vanaf 17h00 tot 06h00… probleem opgelos. of werk hulle almal deur die nag oortyd?

Nettie ·

WATSE KOUE WEERSTOESTANDE, huh?????

Hier in die Wes-Kaap het ons HEERLIKE, sonnige herfsdae. Geen reën, geen kwaai wind, donderstorms, verspoelings …………. niks nie. Hoekom moet ons “suffer” omdat SOWETO nie die krag betaal vir hul 100’e en 1000’e onwettige kragkonneksies nie?

Sielie ·

Nou wat het die weer met beurkrag te doen? Kan iemand asb dit aan my verduidelik?

Chris Ws ·

En so kom daar niks van al hul mooi praaitjies nog voor die winter begin het!Maar wat hulle kan maar hulle krag vat en druk want ek het voorsiening gemaak en sal Escom nie mis nie!

marous ·

eskom kan al hulle en hul regerings pelle se leuens op skrif sit . Hulle sal genoeg papier ophoop om vir ewig te brand sonder om ‘n liter diesel te koop .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.