Eskom se hoof bedank

Argieffoto

Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, het bedank. Hy sal sy pos aan die einde van Julie ontruim.

Hadebe is net ʼn jaar gelede in die pos aangestel.

Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom se raad, het gesê Hadebe het ʼn belangrike rol gespeel om bestendigheid in ʼn onstuimige tydperk by Eskom te help bewerkstellig.

“Ons het geleer om staat te maak op sy krag om die soort transformasie te bewerkstellig wat Suid-Afrika van ons instelling verwag. Ons besef watter tol dit van ʼn mens eis en daarom moet ons, met spyt, sy besluit aanvaar,” het Mabuza in ʼn verklaring gesê.

Hadebe het gesê dit is geen geheim dat die posisie ongelooflike eise stel nie.

“Dit het ongelukkig ʼn negatiewe uitwerking op my gesondheid gehad. In die beste belang van Eskom én my gesin het ek dus besluit om te bedank.”

“Dit was ʼn voorreg om Suid-Afrikaners as die uitvoerende groephoof van Eskom te dien,” het Hadebe gesê.

“Ek is geëerd en dankbaar dat ek ʼn bydrae kon lewer tot die stabiliteit van ʼn organisasie wat ʼn geweldig belangrike rol in ons ekonomie speel.”

Hy het ook Eskom se raad en werkers by die kragvoorsiener bedank vir hulle steun gedurende sy termyn as hoof.

Hadebe het die bestuur van Eskom oorgeneem by ʼn rits omstrede voorgangers, onder wie Brian Molefe, Matshela Koko en Sean Maritz.

Sy bedanking kan volgens berigte leierskapbestendigheid by die organisasie nou wéér in die gedrang bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johan ·

Escom se transformasie (wat Suid-Afrika glo nodig het) was om van ervare mense ontslae te raak oor hulle velkleur. Toe vou Escom amper in die medium termyn. Is dit werklik die transformasie wat Suid-Afrika nodig het?
Nou word die uitvoerende hoof daarvoor bedank?
Agge nee!

Ben Potgieter ·

Wanneer die woord transformasie genoem word beteken dit gewoonlik van iets word nlks gemaak.Glo eerder rot verlaat sinkende skip.

Rikku ·

Wonder wat het hy aangevang en probeer wegsteek. Bedank eerder voor die tyd.

Oupa D ·

Nee, Willem. Geen seder het geval nie – veel eerder bloot nog ‘n teken (lees transformasie) dat bekwaamheid verdien moet word oor baie jare. Dis nie vir instap en net oorneem nie.

Saint ·

Enigste transformasie wat RSA wil hê is n volhoudende KRAGVOORSIENING.

Wanneer dit ook al bereik word, dan kan ons moontlik versigtig na ander vorms van transformasie kyk .

Wielspore ·

Die realiteit van transformasie het nou ingeskop en die gevolge daarvan het nou ‘n invloed op sy gesondheid, nou trek hy kop uit sodat iemand anders sy gemors moet kom skoonmaak.
Privatiseer ESKOM en die regte persoon aan die stuur sal deur aandeelhouers aangestel word, dit sal ‘n bevoegde persoon wees.

Lerato ·

Wielspore
Die man is ‘n jaar in die pos. Nou sê jy hy moet sy gemors regmaak. Dit was in wanorde toe hy oorgeneem het.

Wielspore ·

My huidige bestuurshoof is swart, hy is ‘n ex ESKOM werknemer, hy werk nou 6 maande by ons. Volgens hierdie persoon het transformasie die einde van ESKOM veroorsaak, dit is hoekom hy die maatskappy verlaat het, daar is geen toekoms. Gee krediet aan CR se nuwe beleid, ek glo dit is SA se redding.

Werner ·

Die persoon wat op C R hoop het maar n skrale of geen hoop

Boerboel ·

Ek dink hy loop eerder voor die skip begin sink. Eskom sal slegs weer op die regte pad kom as die regte mense in die regte poste aangestel word. Mense met ervaring sal moet terugkom. As politiek die rol bly speel sal Eskom dit nie maak nie. Eskom was van die beste in die wereld. En nou ?

Adam ·

Eskom het op geen Suid-Afrikaner se gesondheid ‘n positiewe uitwerking gehad nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hy’s ook maar soos iemand wat met groot verwagting weggespring het in ‘n “Government of National Unity”…..en uiteindelik in Griekeland gaan wegkruip het!!

Boerboel ·

Daai iemand het toe sy hande vol gehad met die griekse vroue

Wonder net ·

Dankie tog, die ou het gelyk soos daai mannemarak storie jare terug. Sy oe se seker baie

Foxi ·

Hier kom n ding. Ek wonder hoekom nou? Kannie wag om te hoor…….

Jack ·

Hy het gou agtergekom die plek is klaar bankrot geplunder, nou skuif hy aan na groener weivelde.

Siener van Melbourne ·

Volgende ou se beurt om te skep. Kom, maak gou, die ry kaders is lank en almal moet n beurt kry.

Frans ·

Nog ‘n bewys dat BBBEE nie werk nie. “Potensiële” hoofde word aangestel en bedank nadat genoeg geld gebank is. Hulle het geen simpatie met dié wat agterbly en wat die “music” moet “face” nie.
So baie belastinggeld wat gemors is om eie rykdom te bewerkstellig. Ramaposa ignoreer dit, want dit is sy doelwit en hy voel vere vir die land se mense. Niks sal met die korrupte onderhandelinge en aktiwiteite gebeur nie.
Selfs die stemming promofeer korrupsie as “wettig”.
Slegs ‘n Godsvresende regering sal ‘n einde aan die huidige goddelose korrupte regering kan maak.
Dit is ‘n wêreldskande dat goddelose leiers toegelaat word om te regeer. MAAR hulle sal die knie voor die Almagtige moet buig, dan sal status, magsbeheptheid, geldgierigheid, hoogmoed en korrupsie nie as verskoning geld nie. Wie God teenstaan, sal verseker verdelg word. Die regering en leiers sal verantwoordelik staan vir hulle korrupsie en uitbuiting. Parrasiete het ook ‘n beperkte lewensduur. Die regering sal oop oë korrup wees todat hulle ontroon word omdat hulle God ignoreer het. Vreeslik is dit om te val in die hande van die Lewende God.

Strand looper ·

Mmmmm….wonder wat sy paket gaan wees….seeker n paar miljard…

Vryheid ·

Transformasie sal nooit tot die beste persoon vir die pos lei nie. Eskom het n politieke speelbal geword vir die regering. Daar is geen wil om Eskom reg te ruk nie want elektrisiteit is die een ding wat alle mense nie sonder kan klaar kom nie.

Flatline ·

All the king’s horses and all the king’s men
Couldn’t put Humpty Dumpty together again…
Eskom, she’s broken….

Vra maar net ·

Eks stem daar’s nou weer ‘n plekkie vir iemand anders om ook sy sak te kom vol maak,hy genoeg gekry elkeen moet ‘n beurt kry om sy goudpot vol te kan maak,ek stem privatiseer Eskom en ek glo al di probleme sal opgelos word,hkm het ons nog nooit met sulke probleme gesit voor 1994 ni,daar was “ERVARE” mense wat geweet het hoe om di werk te kon doen nie klomp sissies ni

Domvraag ·

Om stabiliteit te kry moet iemand met die nodige kundigheid en vermoë aangestel te word ongeag ras of kleur.
Die ergste wat jy n mens kan aandoen is om onder transformasie iemand aan te stel in n pos ver bo sy kapasiteit. So persoon sal nooit die pyp kan rook. Uitdagings te groot en dan vou so persoon want hy kan nie “perform” nie.

Naas ·

Daar is nog 10 000 ontplooide onbevoegde kaders wat ook behoort te bedank. Suig net vet salarisse op. Dis tyd om die vakbonde te ignoreer en Eskom skoon te maak.

Gemaskerde Sopbeen ·

Daar is nou meer swart miljoenêrs in Suid Afrika as blankes….

hercu ·

hierdie mense kan nie onder druk funksioneer nie! nou gaan hy ‘n vet maandelikse goue handskud en kry en lekker verder lewe!

al wat hy met sy bedanking doen is om die blaam, (roer), van ‘n sinkende skip aan ‘n ander onbekwane persoon te oorhandig!

kan CR nie maar net sy trots in sy sak steek nie, en ‘n bekwame (w)persoon uit die “voor-vier-en-negentig” bedeling aanstel??

John Scott ·

Dit is `n misplaaste opvatting dat as jou transformasie “credentials” reg is jy enige plek kan instap en oorneem. Hierdie siening word deur die regering afgedwing om die elite te vrede te stel sonder om te besef hoeveel skade hulle die land se inwoners berokken en derhalwe nie in hul doelwit slaag om iets aan die ekonomiese agterstand wat op voetsool vlak bestaan aan te verbeter nie. Transformasie in bestuursposte moes geleidelik ingefaseer gewees het en nou sit die regering met die turksvy van onbevoegde bestuurskorps wat die land se vooruitgang baie nadelig beïnvloed

Danie ·

Die man se bedanking is niks snaaks. Hy KON NIE die druk hanteer omdat hy NIE die vermoee het en ‘n kaderaanstelling is. Hy lag al die pad bank toe. So subtiel word onvermoeende persone bemagtig met massiewe pakkette as hul nie die mas opkom.
Stel asb mense aan wat kennis dra van die kragopwekkingsbedryf en wie kan bestuur.
Dit geld ook vir Eskom se voorsitters. ASB CR doen iets en weet u …dis nie ‘n skande om ‘n Blanke aan te stel…daar is voldoende kennis wat polities gemarginaliseer word!!!

A Mac ·

So jammer om te hoor van jou gesondheid. Gelukkig het jy sekerlik voorsiening gemaak vir ‘n gemaklike aftrede. Geniet die vrugte wat jy gepluk het van die volk se arbeid en donker tye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.