Eskom sê hy is nié skuldig aan hersamestelling van skuld

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die nasionale kragvoorsiener Eskom het Woensdag ontken dat hy sy skuld van meer as R300 miljard “herstruktureer”.

Skuldherstrukturering is ʼn proses wat ʼn onderneming wat finansieel in die knyp is toelaat om sy agterstallige skuld as’t ware te heronderhandel of te verminder deur die bepalings van die oorspronklike skuldooreenkoms te wysig. Dié proses stel die onderneming in staat om bedrywighede voort te sit selfs te midde van ʼn groot geldtekort.

André Pillay, groepstesourier vir die kragvoorsiener, sê Eskom bly verbind tot sy goedgekeurde leningsprogram.

“Eskom beoog om in die huidige finansiële jaar R72 miljard in te win. Daarvan is 23 persent, ongeveer R16, 4 miljard, reeds verseker. Die onderneming is reeds in ʼn gevorderde stadium om te verseker dat die befondsingsbehoefte vir die finansiële jaar betyds vervul word,” het hy gesê.

Die kragvoorsiener het gesê hy sal die hersiening van sy sogenaamde korporatiewe model teen die einde van die jaar afhandel.

Pillay sê Eskom ondersoek tans verskeie opsies om sy uitgawes drasties te verminder – en dit sluit die optimalisering van sy bedryfsuitgawes- en kapitaalbeleggingsprogram in; ʼn geraamde besparing van meer as R100 miljard oor die volgende vyf jaar.

Eskom sê hy het nog nié met vakbonde in gesprek getree oor moontlike afleggings nie, maar beoog glo om binnekort met vakbonde te praat om die uitsette van die huidige werksmag te optimaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Toentertyd weet ek het ouens die skuldeisers probeer stil hou deur hulle afwisselend elke tweede maand te betaal. Dalk weet Eskom nie van hierdie skuiwergat?

Manie ·

Vir my opvallend hoe die instellings so met die tyd so uitmekaar geval het dat ek twyfel of hulle sal regkom sonder dat die belastingbetaler se beursie hard moet praat. Ek lê dit voor die deur van kader ontplooiing deur die anc.

marous ·

Waarom vertel pillay nie waar die geld heen is , en van wie hulle dit gaan verhaal ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.