Eskom se kredietgradering afgegradeer

Argieffoto

Eskom het Woensdag gesê hy neem met spyt kennis van die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s se besluit om die maatskappy se kredietgradering af te gradeer.

S&P Global het gesê hy het die gradering na “CCC+”  en “zaB” van “B-” en “aBB-” aangepas. S&P hou vol Eskom se vooruitsigte bly negatief.

“Ons glo nou daar is ʼn swakker waarskynlikheid dat Eskom uitsonderlike ondersteuning van die regering sal ontvang. Dit weerspieël ook ons sienswyse dat die regering se ondersteuning van die maatskappy oor die afgelope paar maande nie genoegsaam was nie en dat Eskom se likiditeitkommer steeds bestaan,” het S&P gesê.

Phakamani Hadebe, Eskom se tydelike groepshoof, het in ʼn verklaring gesê S&P se gradering is grootliks gegrond op S&P se assessering van die aanvaarde waarskynlikheid van genoegsame en tydige regeringsondersteuning vir Eskom van “baie hoog” na “hoog” gegewe die maatskappy se huidige likiditeit-uitdagings.

Hadebe het egter bygevoeg Eskom skakel reeds met sleutelinsethouers om Eskom se huidige regeringsverwante en likiditeitskwessies uit te stryk en sal dit voortaan steeds doen.

Calib Cassim, Eskom se waarnemende hoof- finansiële beampte, het gesê die tydsberekening van die afgradering is betreurenswaardig aangesien Eskom vas oortuig is klein verbeterings het reeds in marksentimente begin intree.

“Ons sal aanhou om met kredietgraderingsagentskappe en verskeie insethouers te skakel oor die instelling en vordering van die omkeerstrategie met die uiteindelike doel om genoeg versekering by beleggers te skep dat ons op die regte pad is om Eskom se bedryfs- en finansiële profiel te stabiliseer,” het Cassim gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann Marx ·

Jare lange kragvoorsiener wat vir die regering goeie inkomste gegenereer het. Nuwe Suid Afrika, nuwe rigting, nuwe mense……..en binne 20 jaar totaal bankrot met ‘n “omkeer strategie”. Alles wat gewerk het, het nou ‘n “omkeer strategie” nodig. Waarom?

Natascha ·

Eskom sal regkom as hul al die mense krag laat betaal. Ek weet vir n feit dat Alexandra se mense nie krag betaal. Dus is daar rede om te glo dat hul almal krag verniet kry en die wat in die dorpe ble moet opdop vir almal.
Dat almal betaal en Eskom hoef nie die Krag met soveel present per jaar op te stoot nie.

Deloris ·

Wonder waar gaan die geld vandaan kom om maatskappy/e te betaal om hulle reg te ruk………..

Dink net ·

Dink net wanneer CR plase gevat het en plaasprodukte ook nie voor betaal hoef te word nie, dis nou as daar sal wees.

Koos1 ·

Die grootste betreurenswaardige gebeurtenis, Mnr. Carrim, was dat die Gupta/Brown/Molefe/Koko faksie die hele ESKOM verwoes het. Nog erger as dit is dat die regering gesit en toe kyk (Lees: saam skep) hoe dit ontvou. Jy kan nie 9 jaar se plundering in 3 maande regstel nie.

PJC ·

Al hierdie instansies wat so in die grond in bestuur is en nog steeds is daar blankes in die land wat se oĕ nog nie oopgegaan het nie en wat dink hierdie is ń wonderlike reënboognasie. As ń mens waag om enigiets wat verkeerd is te kritiseer is jy mos ń rassis.

ysig ·

as al die onwettige verbindings daagliks nagegaan en vernietig word, sal eskom wel binne drie maand kan omdraai. as die gemeenskappe die infrastruktuur het om krag te plunder, kan die infrastuktuur mos ook gebruik word om hulle met “tamperproof” voorafbetaalde krag en water toe te rus.

Johann Marx ·

Johannesburg Munisipaliteits-verteenwoordiger het in ‘n Carte Blanche program erken dat elektrisiteitsdiefstal die stadsraad jaarliks R3 biljoen kos. As al die onwettige verbindings gestop word, dan is daar mos R3 biljoen beskikbaar om voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in te sit, nie waar nie? Wie befonds op die oomblik daardie R3 biljoen? Die wettige huis-eienaar met ‘n vaste straat-adres….

Casper Labuschagne ·

In die 1970’s het ‘n hardeblad koffietafelboek met die titel, “Africa’s Powerhouse – the South African Economy, a Pictorial Ensemble” met ‘n pragtige buiteblad van ‘n kragstasie wat op die horison verreis uit groen mielielande. Toe was gereken dat ons genoeg steenkool vir die volgende 400 jaar sal hê en deurgans goedkoop krag sal kan voorsien. Vandag kry Sjina daardie steenkool en die verskynsel van postkoloniale verval het gelei tot Eskom se nuutste afgradering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.