Eskom se kredietgradering afgegradeer

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom het Vrydag gesê hy neem met spyt kennis van Standard & Poor’s se aankondiging om die maatskappy se langtermyn korporatiewe kredietgradering na rommel- oftewel nie-beleggingstatus af te gradeer.

Die kredietgraderingsagentskap het Eskom se status afwaarts aangepas van BB na hoë risiko (BB+). S&P het gesê hy hou ook die vooruitsig vir Eskom se skuld op negatief.

Standard & Poor’s het gesê die besluit word toegeskryf aan toenemende finansiële druk wat deur Eskom in die gesig gestaar word weens die onduidelikheid oor tariewe as gevolg van die voortslepende hofsaak teen die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa).

S&P het ook sy kommer uitgespreek oor onsekerheid oor die regering se besluit om die bestaande R350 miljard “raamwerk”-ooreenkoms se beskikbaarheidsperiode te verleng wat volgende jaar Maart tot ʼn einde sou kom.

Anoj Singh, hoof finansiële beampte van Eskom, het egter gesê die kragvoorsiener is vol vertroue dat die huidige proses, om die GFA se beskikbaarheid te verleng, die graderingsagentskap se beswaar sal aanspreek.

Singh het gesê Eskom het finansiering van 86% vir die periode verseker en glo dat dit as versagting sal dien vir enige likiditeitsrisiko’s.

“Dit is duidelik uit die aankondiging dat regulatoriese en tariefsekerheid noodsaaklik is vir Eskom se finansiële volhoubaarheid. Dit is dus noodsaaklik dat die voortslepende hofsaak teen Nersa tot ʼn einde moet kom om ʼn behoorlike tariefregime te bepaal,” het Singh gesê.

Hy het dit benadruk dat die afgradering nie ʼn materiële impak op Eskom se finansieringsplanne vir die finansiële jaar, wat op 31 Maart 2017 eindig, sal hê nie.

Fitch-graderingsagentskap het intussen Suid-Afrika se vooruitsig van stabiel na negatief gewysig as gevolg van politieke risiko’s en beleidsonsekerheid binne die regering, binnegevegte in die ANC en swak ekonomiese groei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Alida ·

Daars hy JZ alles jou skuld. Daar is nie n beter geleentheid om van die bokwagter ontslae te raak nie.

Lance ·

Jip wat anders kan mens verwag …presies wat hulle ook verdien met al die omstredenheid !

Waghond ·

Dit is die gevolg van jul onetiese optredes en vermorsing van belastingbetalers se geld.
Hopelik sal niemand by Eskom salarisverhogings en bonusse kry nie totdat julle op eie houtjie winsgewend raak.

Gideon ·

Haha, dit is nou die gevolge van swak bestuur en werk skeppings projek wat hulle laat daal het!! Medupi is ‘n voorbeeld van die grootse projek seker denkbaar!!

sue ·

Al wat nou gaan gebeur is dat die verbruiker gaan moet opdok om vir hle finansiële stabiliteit te moet verseker. Hulle voel niks.

pbotha ·

Ai manne…julle jaag al aan vir jare. Nou skielik is julle verbaas oor rommelstatus? Julle het hard gewerk om daar te kom….geniet elke oomblik ?

Johann Marx ·

Dis wat gebeur as die CEO meer in die shebeen in Saxonwold kuier, as in sy kantoor sit en sy job doen!!!

Johanna Botha ·

Beweeg sover moontlik na alternatiewe bronne van energie ….son en wind … kom net weg van die vrot spul skelms !

jaco ·

Wie gee wit bezighede uit Amerika, soos Standard & Poor, die reg om op- en afgraderings van derde wêreld instansies te maak? En wie gee die regerings van ryk wit lande van Europa en Noord-Amerika dieselfde reg oor regerings van derde wêreldlande?

christo ·

Jaco die derde wereld wil die westerse wereld se geld he ,verkieslik as donasies maar as jy vir iemand geld leen kyk jy tog of hy sal kan terug betaal. Verstaan jy nie die beginsel nie? Afrika wil net he en “demand” maar kan nie sonder die wests klaarkom nie. As jy so kla oor die weste se geld en invloed los dan alle westerse produkte en uitvindsels soos motors,selfone .elektrieseteit, pakke klere ,wiskey , tv en nog baie dinge en gaan terug na soos dinge was in afrika voordat die dom Jan van Riebeek na S.A gekom het

Aitoggie ·

Hulle sal nogsteeds mors en bonusse en verhogings en en en kry, want hulle het nie die VERMOë om die implikasie van die afgradering te besef nie.

Johann ·

En ons dink Zumpie en sy Zumaikies verstaan wat dit als beteken? Whahahahahhaaa! Geen insig terwyl hulle doen wat hulle doen nie en nog minder wanneer die gevolge van hul.selfsugtigge sotlikheid na vore kom. Of dalk erger…gee nie on nie? Want hulle het mos klaar geskep en gevat en vir hulle self gesorg…

jaco ·

ek kan verstaan dat duur petrol, duur elektrisiteit, duur kos ens ens alles maniere is om die ryk kapitalistiese uitbuitende en rassistiese wit mense vir apartheid terug te kry. Maar besef die ANC nie dat hierdie stygende pryse van alles ook hulle swart rasgenote benadeel nie? wat ek ook nie verstaan nie, is dat so min van hulle swart rasgenote teen hulle wanbestuur in opstand kom. 6% stemme in 2014 vir die EFF is kwalik sterk protes teen die ANC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.