Eskom se kredietgradering verder afgegradeer

EskomDie kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) het Eskom se langtermynkredietgradering na BB+ afgegradeer nadat vier van die kragverskaffer se senior bestuurslede geskors is.

BB+ word volgens S&P as die “hoogste spekulatiewe graad deur markdeelnemers” beskou. Karim Nassif, hoofkredietontleder, het gesê dit beteken S&P het minder vertroue in die maatskappy se korporatiewe bestuursreëlings en sy kredietprofiel.

“Die negatiewe vooruitsigte weerspieël ons mening dat daar ʼn wesenlike uitvoeringsrisiko is in verband met die regering se ondersteuningsplan, en dat Eskom se bedryfsprestasie nog nie gestabiliseer het nie weens stygende koste en die baie beperkte marge van opwekkingskapasiteit in Suid-Afrika.”

Eskom se vorige S&P-gradering was BBB-.

Tshediso Matona, Eskom se uitvoerende hoof, Tsholofelo Molefe, finansiële direkteur, Dan Morokane, groepkapitaalhoof, en Matshela Koko, tegnologiehoof, is verlede week geskors terwyl ’n ondersoek na Eskom se sake gedoen word.

Eskom sukkel die afgelope paar maande om die ligte aan te hou ná die ineenstorting van een van sy bergingsilo’s en weens dieseltekorte en instandhoudingskwessies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

BullsEye ·

Veels geluk Eskom. Moenie vergeet om vir die ringkoppe ‘n vet “prestasie”bonus te betaal nie!

BullsEye ·

Veels geluk Eskom. Moenie vergeet om die ringkoppe ‘n vet “prestasie” bonus te betaal nie ..

Gerhard Bezuidenhout ·

Privatiseer vir Eskom sodat dit deur privaat intrepeneurs as n besigheid bestuur word. Die kaders het vir Eskom geplunder deur korrupsie ,nepotisme en algehele wanbestuur en swak onderhoud. Waar in die wereld het jy al gesien dat daar soveel miljoene aan vrotsige bestuurders in die vorm van salarisse en bonusse betaal word sonder dat hulle presteer. Ek verneem pas dat ons sommer baie gou 22% meer vir krag gaan betaal terwyl die Staat kort-kort n reddingsboei na Eskom moet uitgooi terwyl hulle geld uitgee soos soetkoek. Dit is absoluut skandalig dat Joemat-Petterson nog in haar pos aanbly.

Moeggepraat ·

Sal my hart goed doen om te weet waar bly die 4 hooggeletterde krimineele.

Nonnie ·

Berge val op ons met so ‘n ongeletterde skelm klomp ringkoppe…… Wonder hoeveel miljoene gaan die span nou weer kry om ge-‘re-deploy’ te word?????? En dan vertel Zuma op tv hoe wonderlik is die ANC met die uitwissing van bedrog, Nê!!! HA HA HA

Moeggepraat ·

Ek sal bitter graag wil weet waar woon Tshediso Matona, Tsholofelo Molefe, Dan Morokane, Matshela Koko. Enige idee?

scalla ·

Geluk eskom met jul prestasie. Jul behoort trots op julself te wees.

Hendrik ·

Ek sien hulle is afgegradeer van BBB- na BB+. Dit lyk die B’s kry nou moeilikheid met hulle BBBBEE beleide. Wag vir C’s as hulle nie nou dadelik hulle beleidsrigtings wil verander nie.

Vanoggend op ‘n forum se ‘n ongelukkige demokraat dat hy haat die klomp en wil weier om sy kragrekening te betaal. Miskien is dit die paadjie om te gaan. Miskien moet ons eers voorsiening maak vir ons eie krag…

John ·

Die eens wereldleier is nou die vrot eier. So is dit wat ñ trots was afgebreek na ñ skaamte, nie net vir die werknemers maar vir SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.