Eskom sê ligte bly Sondag aan

(Argieffoto: pixabay)

Eskom sê geen beurtkrag is Sondag in die vooruitsig nie.

“Ons het Koeberg se eenheid 1 weer suksesvol in diens gestel ná beplande instandhoudingswerk en dit het ʼn bykomende 900 MW by die kragnetwerk gevoeg,” het die kragvoorsiener gesê.

Eskom sê sy tegniese spanne werk steeds om opwekkingseenhede ná beplande en onbeplande instandhoudingswerk weer aanlyn te bring.

“Die bykomende kapasiteit wat aanlyn gebring is, sowel as ʼn laer aanvraag oor die naweek, het ons toegelaat om ons pompopgaarskemas te hervul en ons werk steeds om dieselvlakke by ons oopsiklus-gasturbines te verbeter.”

Eskom het onderneem om later vandag ʼn aanduiding te gee oor die moontlikheid van beurtkrag later dié week.

Die skole heropen Woensdag ná die Kersvakansie en die laaste groot ondernemings en nywerhede hervat ook vandeesweek hul bedrywighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

John ·

… gelukkig vir ons het die son darem vanoggend opgekom. Eskom kan nou gerus maar probeer om ‘n paar van die straatligte af te skakel.

SjN ·

Hul dink dit is n prestasie en nie hul werk waarvoor hul ruim vergoed word nie, pateties.

Karen ·

Ag tjol ons krag was vn 5uur tot 9.30 af gewees vanoggend, toe ek bel toe se hulle by die call centre dit is loadsheding. Npu hoe nou?

Humor ·

Interessant hoe vinnig sake reglkom as daar vuur onder hul alies gemaak word.

Johan ·

As jy in witbank bly is jy tenminste 1 keer n week 12 na 24 uur sonder krag, donderdag na vrydag 24 uur, saterdag amper 2 ure, sondag oggend al van 7 uur af ,nou 10.20 en nog steeds geen krag

Skerpioen ·

Die eintlike rede vir geen beurkrag is omdat die ANC se verjaarsdag die Saterdag na 08 Januarie elke jaar gehou word. So hierdie naweek in Kby en Bfn (en so ook maar in die res van SA) word daar lekker gekuier. En selfs al blaas hulle nie al die kersies op die koek uit nie, sal dìt nogsteeds nie genoeg wees om genoeg lig te maak nie. So om te keer dat die musiek afgesit word en partytjie-gangers in donkerte gehul word is daar hierdie naweek geen beurtkrag…. want daar is nie geld gebudget vir brandstof vir die generators nie.

Bella ·

Elke keer was Medupi die probleem nou het ons krag danksy Koeberg? Mis ek iets?

Bella ·

Elke keer was daar n probleem by Medupi nou het ons krag danksy Koeberg. Mis ek iets?

No More Mr. Nice Guy ·

Toemaar! Môre is alles weer back-to-normal………

bokka ·

Die negatiwiteit drup weer swaar vandag. Maak nie saak waar julle julle bevind nie, kla sal julle kla…aanhoudend. Red nou ‘n nasie met so ‘n murmurerende spulletjie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die krag is alweer AF in ons woonbuurt ook….mens hoor net generators hardloop. Toe start ek maar die grassnyer sodat dit nie moet klink of ons armgatte is nie!!

humor ·

Bokka maar jys lekka bokka. Wees jy maar sinteties positief ons ander ka nie so maklik nie want ons was al beter gewoond. Jy weet ons kundige familie sit anderkand die groot blou dam en daars n rede daarvoor. Jy weet S E B wat nie einde sal he in die beste tyd van ons lewe nie.

humor ·

Gemaskerde sobbeen jy weet ons grootste probleem is dat daar te veel rykgatte is wat in bubbles leef. Ver verwyderd van die werklikheid waarin ons vasgeval het. Lyk my ons sal eers almal armgatte moet wees voordat ons volksbesef en n Godsbesef ontdek.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahaha humor…..jy verstaan nie. In “ons woonbuurt” het al die huise met generators SWART eienaars, en al die huise met stilte en donkerte WIT eienaars…..

Kobus ·

De Ruyter gaan ook nie lank uithou nie. Te veel politiek by Eskom. Tot Brian Molefe en Koko gaan nou ook oor sy skouer loer, aldus Rapport.

Julie Jansen van Rensburg ·

Wel, hier aan die Oos-Rand waar ekbly het ons ‘n “onverwagte” beurtkrag ondervind toe ‘n substasie aan die brand geslaan hit. Ons weet nie of dit sdabotasie, of as gevolg van gebrekaan onderhou was nie, maar die fotos het gewys hoe die rook en vlamme daaruit slaan, en – natuurlik – is ons krag in die proses ook daarmee heen. Gelukkig het ons ‘n “liggewig”laaiertjie wat darem ‘n lig of twee, sowel as ons rekenaars aan die gang kan hou, maar gelukkig het ek ook ‘n gasstofie, dus kon ek darem ‘n kossie gaarmaak en drinkgoed daarby. Ek is dankbaar dat onsd krag darem nou weer aan is – dit het sowat drie ure later weer aangekom nadat tegnici aandagaan die substasie kon gee en sekere aansluitings weer maak,wat ons kompleks insluit.

Dawie ·

In Desember 2014 – 5 jaar gelede – is adjunk-president Ramaphosa die opdrag gegee – vermoedelik deur destydse president Jacob Zuma – om die omkeer van Eskom en SAL te oorsien (“oversee”). M.a.w. Om die prosesse te bestuur en te lei – ‘n geweldig belangrike rol! Daarvan het ABSOLUUT NIKS hek om nie. Trouens, sake by beide het dramaties en SKRIKWEKKEND versleg!!! Nou maak hy beloftes dat die situasies wat geweldig versleg het reggestel sal word en dat die publiek asseblief geduldig moet wees. Watter absolute snert en arrogansie van ‘n man wat nie werklik ‘n dag gewerk het vir sy fabelagrige rykdom van ongeveer $450 miljoen nie. Hy is ingestop deur die groot maatskappye, baie van hulle multi-nasionales, sodat hulle hul “license to operate” hier te lande kan behou en uitbou. Ongelukkig beskik hy nie met sy B.Proc oor die inherente vermoë om hond haaraf aan dié situasies te maak nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.